Skip to main content

Lees, luister, leef

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Soos altyd beklemtoon ek dat hierdie bydraes van my net ‘n leeshulp is.  Jy moet self met die Bybel werk sodat jy die boodskap wat die Here vir jou het daarin kan hoor.  Die Bybel moet immers ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.

Ek stel voor dat jy die volgende metodiek gebruik wat gebaseer is op Lectio Divina en die luistersiklus van die Seisoen van Luister:

  • LEES – Raak stil voor die Here. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.  Lees die hoofstuk deeglik deur.  Wat tref jou?  Let op vir temas in die gedeelte.  Wat sê dit van God?  Wat sê dit van mense?  Wat sê dit van die wêreld?  Soek vir een of meer sleutelgedagtes wat jou besonderlik tref.  Skryf dit in jou joernaal neer.  Lees dan wat ek geskryf het en dink na oor wat jou daarin tref.
  • LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagtes wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk?  Wat vra dit van jou?  Wat belowe dit vir jou?  Wat moet jy dink of doen daarmee?  Wat is die kern van die boodskap van dié gedagte of teks vir jou dag en lewe?
  • LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed.  Skryf dit in jou joernaal.  Geniet Sy teenwoordigheid.  Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag.  Leef dit uit.

Die proses sal gou só deel van jou manier van lees word, dat jy dit eintlik outomaties sal kan doen: lees, luister, leef.

Jy kan dié bydraes ook in ‘n kleingroep of Bybelskoolopset gebruik.  Hier is meer inligting daaroor.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalms – reeksHi André, wonderlik om die terugvoer te kry. Seën vir julle.
  • Andre Pierre du Plessis on Psalms – reeksHi , my naam is Andre en ek wil net baie dankie se vir die Bybel Skool se inset en bydrae vir elke boek en gedeelte in die Bybel deur u aan ons beskikbaar gestel , en verdeidelik . Word elke oggend gebruik en waardeer wanneer ek boefe vat Amen . DANKIE BAIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!
  • Chris van Wyk on Psalm 25:8-15Hi Dries, ek waardeer die terugvoer. Baie seën op jou bediening.
  • Dries Fourie on Psalm 25:8-15Amen: Dankie Ds Chris, ek lees met verwondering die Psalms en jou gedeeltes. Deur die Woord terug te bid dig ons God se woord aan Hom toe, wat ‘n wonderlike belewenis. Dankie vir jou getrouheid. God se seën bid ek oor jou. Groete Past Dries Fourie. Ek is van Elkana gemeenskapskerk in Witbank.
  • Chris van Wyk on Psalm 22:22b-31Dankie! Ek het proeflesers nodig!
  • optimistica231f5e58a on Psalm 22:22b-31En in eskatologiese taal word uitgesien na dié dag wat al wat sterling is, voor Hom sal buit, en mense uit elke nasie Hom weer sal dien (vers 28-32). 28/1/26 Psalms: Ek dink hier is 2 foute en moenie worry, as onderwyser doen ek dit baie. Al die getik en lees maak mens moeg. (buit = buig en sterling…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 19:1-7Ps 19. Aangrypende lied.
  • langjan on 1 Samuel 16Ja, amen!
  • Chris van Wyk on Psalm 13Daar is geen grens aan die sorg en voorsiening van die Here nie!
  • langjan on Psalm 13Ook oor die klein dingetjies - gisteroggend 7 Januarie 2026 gaan soek ek vergeefs by die mees waarskynlike winkels vir ‘n blik elektroniese kontakskoonmaker. En iets, my Stemmetjie, keer my om een in Game te gaan koop. Toe ek by die huis kom en iets anders op my rak gaan soek, sien ek daar staan die…
  • langjan on Psalm 10:14-18Amen!
  • Chris van Wyk on Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die kleiVir seker.
  • Katriena on Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die kleiDie Here is Groot Amen
  • Chris van Wyk on Psalm 8Hi Chris, die program wat ek gebruik om die e-posse te stuur het probleme vandag. Sommige kry die bydraes. Ander nie. Dit is wel op die webtuiste beskikbaar. Hoop dit werk môre weer. Jammer.
  • Chris van Zyl on Psalm 8Ekt nie die 2deJan "Bid die Psalms" per epos ontvang nie.