Skip to main content

Job 25 – Bildad: God is groter as jy!

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Bildad gee ‘n baie kort antwoord op Job se vraag hoekom die Almagtige nie in hierdie lewe afreken met die onregverdiges nie.  God is groter as jy: “Die heerskappy en die vrees kom God toe.” (25:1).

Op sy kenmerkende brutale manier probeer hy Job stilmaak met die soewereiniteit van God.  Job is net ‘n wurm voor God en moet liewers nie sy mond oopmaak in die aangesig van die deurlugtige God se heerlikheid nie, vir wie die maan selfs nie helder genoeg is nie, en die sterre nie blink genoeg nie.

Daarmee eindig die drie vriende se pogings om Job te antwoord en met hulle eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie tot inkeer te bring.  Hulle raad kon nie die komplekse aard van Job se verlies beskryf nie en vir hom in kontak bring met die Een op wie sy lewe gerig was.  Hy is immers iemand wat meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes, en net ‘n woord van God sou sy hart tot berusting kon bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar