Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer
Job se antwoord aan Bildad gaan spontaan oor in ‘n gebed tot die Here in hoofstuk 10 dat dié hom: “tog nie skuldig sou verklaar nie”, maar aan hom bekend sal maak: “waarom voer U hierdie stryd teen my.” (10:2). Die Here het hom immers die lewe gegee en met liefde versorg en oor hom gewaak. Waarom het die Here dít dan gedoen, as hy nou sonder rede versaak word? Moes hy nie liewer nooit die lewe gesien het nie? Dit sou tog beter gewees het as om hierdie lyding te moet deurstaan?
Job walg daarom aan sy lewe, nie net omdat hy ly nie, maar veral omdat hy in die duister is oor die redes vir sy lyding. Hy smag daarna dat die Here die redes vir sy lyding sal bekendmaak.
Hy werk dus eintlik net soos die drie vriende met die basiese veronderstelling dat die lewe regverdig moet wees – die vromes moet God se goedheid ervaar, en die goddeloses sy toorn. Maar, dié teologie is besig om vir hom te verkrummel.
- Hy wonder dus of God plesier vind in vromes se leed en eintlik self boos is deur die goddeloses se planne met sukses te bekroon (10:3).
- Hy wonder of die Here eintlik maar nes mense na die lewe kyk wat altyd vergelding soek (10:6).
Hy maak immers staat op sy vroomheid om hom van lyding te vrywaar, maar dit sou gefnuik word as die Here self boos is of soos mense sou oordeel. Dan sou die lewe regtig futiel en sonder sin wees.
Dat hy vroom is, moet die Here tog weet van hom, sê Job, want die Here self het hom op ‘n wonderlike manier geskep. Let op die persoonlike karakter van die metafore wat uitmond in die lofprysing aan God: “U het my die lewe gegee, en my met liefde versorg, met sorg het U oor my gewaak.” (10:12).
Die Here sou dus weet as daar by hom skuld sou wees. Die Here sou sy sonde tog maklik kon raaksien. As daar skuld sou wees, het hy nie ‘n probleem met die lyding nie. Maar, nou is daar nie skuld nie, en hy kan net nie sy lyding verstaan nie. Sy onskuld hou vir hom geen voordeel meer in nie.
Hy eindig sy gebed met dieselfde tipe waaroms waarmee hy in hoofstuk 7 geëindig het. Waarom het die Here hom in die wêreld laat inkom? “Ek moes liewer gesterf het voordat ‘n oog my kon sien.” (10:18). Dan sou hy meer rus gehad het, al is dit ‘n: “land van die donker nag … waar die lig self donker is.” (10:22).
Job begin dus agterkom dat die rasionele benadering tot die lewe ernstige beperkinge het. Die lewe werk nie net met eenvoudige vergelykings nie. Dit is nie net soos ‘n optelsom waar een plus een gelyk is aan twee nie, hoewel dit in normale omstandighede wel só kan werk en Job dit in die eerste deel van sy lewe so ervaar het.
Daar is altyd egter ook anomalieë, uitsonderings, wat die normale patrone deurbreek. In fisika moet die standaard model vir gravitasie bv. aangepas word in boorgate om voorsiening te maak vir die afwykings wanneer jy omring word met materie. As daar nog digter en minder digte materiale rondom jou is, soos digter of minder digte minerale, het dít ook nog ‘n verdere invloed.
Só werk dit ook in die geestelike lewe. Daar is eenvoudige waarhede wat die grondbeginsels is waarop ‘n mens kan staatmaak. Dinge soos God wat gebede verhoor, wat genadig en barmhartig is, wat ons lief het meer as wat ons ons kan indink. Daar is egter ook komplekse waarhede wat in spel kom wanneer die lewe kompleks raak weens siekte, verganklikheid en boosheid. Dan werk ‘n mens met waarhede soos dat God alles ten goede laat uitwerk (Rom. 8:26). Maar dit sluit uiteraard nie die lyding uit nie, maar in.
Hiervan is Job se lewe een van die beste voorbeelde, soos Jakobus hom aan ons voorhou as ‘n voorbeeld van vertroue en volharding, selfs al gaan dit broekskeur met jou (Jak. 5:7-11). Daar was immers ook ‘n goeie uitkoms, al word die vraag na presies hoekom al die lyding met hom gebeur het, nooit vir hom duidelik gemaak nie. Net ons het die voordeel van die insig wat Job 1-2 vir ons bring.
View all posts in this series
- Ons lees die boek Job van 12 Januarie af
- Inleiding op die boek Job
- Die boodskap van Job
- Job handel oor die vraag na regverdigheid
- Job handel ook oor die vraag na vroomheid
- Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie
- Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed
- Ander verwante verhale
- Indeling van die boek Job
- Lees, luister, leef
- Job 1 – Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer?
- Job 2 – Job bly vroom, al word hy sonder rede geruïneer
- Job 3 – Job vervloek sy geboortedag
- Job 4:1-5:1 – Elifas: Gee jou vroomheid jou geen hoop nie?
- Job 5:2-27 – Elifas: Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word
- Job 6 – Julle beskou medelye met ‘n vriend as ‘n las
- Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis
- Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring
- Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien?
- Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer
- Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig
- Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11
- Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat
- Job 13:20-14:22 – As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe?
- Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is
- Job 16 – Verander van Vyand in Vriend
- Job 17 – Wees tog vir my ‘n borg, o God!
- Job 18 – Bildad: Die onheil wag jou gretig in, omdat jy God nie erken nie
- Job 19 – Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!
- Job 20 – Sofar: Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek
- Oorsig oor die tweede gespreksrondte – Job 12-20
- Job 21 – Waarom bly die goddeloses aan die lewe?
- Job 22 – Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder
- ‘n Paar opmerkings oor ‘n moontlike ander lees van hfst. 24-27
- Job 23 – My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange
- Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie?
- Job 25 – Bildad: God is groter as jy!
- Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat?
- Job 27 – So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie
- ‘n Oorsig oor die derde gespreksrondte – Job 21-27
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig
- Bydraes hervat weer Donderdag
- Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God
- Job 30 – Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie
- Job 31 – Ek bly verbind tot vroomheid
- Oorsig oor die gesprek van Elihu met Job en sy drie vriende – Job 32-37
- Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat
- Job 33 – Elihu 1: God hoef nie rekenskap aan jou te gee nie
- Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie!
- Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking
- Job 36-37 – Elihu 4: God se grootheid nooi ons uit om Hom te dien
- Job 38-39 – Wie is dit wat my bedoelinge dwarsboom?
- Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie
- Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job
- Gesprek met God bring bevryding
Tags: Job
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Heinrich, die term apokaliptiek is afgelei van ‘n Griekse woord wat “openbaring” beteken. Dit verwys na literatuur wat geskryf is oor die toekomstige oordeel aan die einde van die tyd. Dit word gekenmerk deur simboliek en hemelse agente wat optree. Apokaliptiese geskrifte verwag dat God die ou onvolmaakte orde sal vernietig en die wêreld na sy oorspronkilke paradys-agtige toestand sal herstel. Dit is Bybelse boeke soos Daniël (hfst 7-12) en Openbaring, asook Bybelgedeeltes soos Jesaja 24-27 en Matteus 24-25.
Heinrich Du Preez
| #
Hi
Ek wil graag weet wat beteken apokapliptiese boeke
Chris van Wyk
| #
Hi Kobie,
Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele
Matteus is die enigste wat hierdie gelykenis van Jesus vertel (Matt 13:51-52).
Nuwe en ou skatte
51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” het hulle geantwoord. 52 En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat ‘n leerling in die koninkryk van die hemele geword het, soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.” (Bybel 2020-vertaling).
Daarom rond Jesus ‘n gesprek af wat Hy oor sy geestelike familie gehad het (“Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” – Matt 12:50). Hy het in die loop van die gesprek sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemele vertel, die gelykenisse van die saaier, onkruid, mosterdsaad, suurdeeg, verborge skat, pêrel en treknet.
Jesus het hierdie gelykenisse vertel, sodat dié wat ore het om te hoor, kan hoor (Matt 13:9-17). Die ongemaklike waarheid was dat daar talle Jode was wat juis nie wou hoor nie, en daarom was die gelykenisse vir hulle onverstaanbaar. Die gelykenisse was net verstaanbaar vir dié wat ore gekry het van sy Vader om te hoor (Matt 13:11), dié wat bereid was om te doen wat God vra (Matt 12:50).
Jesus vra dan die disspels of hulle regtig verstaan wat Hy deur die gelykenisse geleer het. Hy moet seker maak dat hulle verstaan voor Hy verder die evangelie met hulle deel.
Op hulle positiewe antwoord vertel Jesus dan ‘n verdere gelykenis, die gelykenis van die huiseienaar en sy voorraadkamer, om hulle te bevestig in hulle verstaan van die evangelie. Hulle is soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy voorraadkamer haal.
Dit is trouens ‘n beskrywing van wat met elke skrifkenner gebeur wat tot insig kom. Wanneer hy of sy deel word van Jesus se familie, omdat hulle bereid is om die wil van God te doen, word hulle leerlinge in die koninkryk van die hemele. En kry hulle die voorreg om kreatief te werk met beide die nuwe – Jesus se lering – en die oue – die Skrif van die OT. Saam vorm dit die Woord van God.
Boodskap en betekenis
Hierdie gelykenis is ‘n absoluut fundamentele uitspraak oor die relevansie van beide die Skrif – die Ou Testament – en die boodskap van Jesus – die uiteindelike Nuwe Testament. Elkeen wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemele sal nuut kyk na die openbaring van God, sê Jesus.
Aan die een kant sal hulle ‘n nuwe perspektief op die waarde van die oue kry – die OT. Aan die ander kant sal hulle insig kry in die waarde van die nuwe – die NT. Trouens, deur die bril van die openbaring van Jesus – die NT – sal hulle juis die oue nuut kan waardeer – die OT.
Charles Quarles gebruik hierdie gelykenis van Jesus as die invalshoek van sy teologie van Matteus – A Theology of Matthew: Jesus Revealed as Deliverer, King, and Incarnate Creator. Hy sê dat daar ‘n goeie saak uit te maak is daarvoor dat Matteus die gelykenis ook outobiografies verstaan het. Dit is nie net waar van elke skrifkenner nie, maar ook van Matteus wat ‘n kenner van die OT was.
Daarvan getuig die talle aanhalings wat hy uit die OT maak. Onder andere is daar 19 profesieë uit die OT wat Matteus op Jesus van toepassing maak as getuienis dat dit in Hom vervul is.
Vir jou verstaan van die oue en die nuwe en die blywende waarde van albei sal dit die moeite werd wees om die verwysings in hierdie lys na te gaan en te oordink.
Matteus stel Jesus aan ons voor as die vervulling van die volgende OT profesieë:
1. Matteus 1:22-23 sê Jesaja 7:14 is vervul in Jesus dat die Messias uit ‘n maagd gebore sou word.
2. Matteus 2:6 sê Miga 5:2 is vervul in Jesus dat die Messias in Bethlehem gebore sal word.
3. Matteus 2:15 sê Hosea 11:1 is vervul in Jesus dat die Messias uit Egipte geroep sal word.
4. Matteus 2:18 sê Jeremia 31:15 is vervul in Jesus dat ‘n kindermoord in sy tyd sou plaasvind.
5. Matteus 3:3 sê Jesaja 40:3 is vervul in Jesus dat ‘n profeet in die woestyn die koms van die Here sou voorberei.
6. Matteus 4:14-16 sê Jesaja 9:1-2 is vervul in Jesus dat die Messias na die nasies van Galilea sou kom.
7. Matteus 8:17 sê Jesaja 53: 4 is vervul in Jesus dat die Messias ons siektes en swakhede sou dra as ‘n offerlam.
8. Matteus 10: 35-36 sê Miga 7:6 is vervul in Jesus dat die Messias familielede teen mekaar sou draai.
9. Matteus 11: 5 en 15:31 sê Jesaja 26:19; 29:18; 35:5; 42:18; en 61:1 is vervul in Jesus dat die Messias blindes sal laat sien, lammes sal laat loop, die dowes laat hoor, dooies sal opwek en die evangelie aan die armes sal verkondig.
10. Matteus 11:10 sê Eksodus 23:20 en Maleagi 3:1 is vervul in Jesus dat ‘n boodskapper die koms van die Messias sou voorafgaan.
11. Matteus 12:18-21 sê Jesaja 42:1-4 is vervul in Jesus dat die Messias nie luid of pretensieus sou wees nie.
12. Matteus 13:14-15 sê Jesaja 6: 9-10 is vervul in Jesus dat die Messias se leer misverstaan sou word.
13. Matteus 13:35 sê Psalm 78:2 is vervul in Jesus dat die Messias met gelykenisse die mense sal leer.
14. Matteus 15: 8-9 sê Jesaja 29:13 is vervul in Jesus dat God se volk teen hom sou rebelleer en valse dinge oor Hom sal versprei.
15. Matteus 17: 10-13 sê Maleagi 4:5 is vervul in Jesus dat die koms van die Messias voorafgegaan sal word deur die koms van ‘n Elia-figuur.
16. Matteus 21:5 sê Jesaja 62:11 en Sagaria 9: 9 is vervul in Jesus wat die Messias se oorwinning in Jerusalem voorspel.
17. Matteus 26:31 sê Sagaria 13:7 is vervul in Jesus dat die Messias se dissipels hom sou verlaat.
18. Matteus 27: 9 sê Sagaria 11:13 is vervul in Jesus dat die Messias vir dertig silwerstukke verraai sou word.
19. Matteus 27:35,43,46 sê Psalm 22:1-2, 6-8,18 is vervul in Jesus dat mense vir die Messias se klere sou loot en Hom bespot en dat die Vader hom sou verlaat tydens sy lyding vir die kwaad.
Chris van Wyk
| #
Hi Pieter (ek sal nog antwoord oor die doop – net vasgedraai), ek gaan daaroor skryf in my Prontuit die Waarheid reeks vanaf die begin van Julie af.
Pieter
| #
Middag Chris
Jy het nie ‘n skrywe oor Lent wat meer die laaste 40 dae van Jesus na die kruis verduidelik.
Groete
Pieter
Kobie Marais
| #
Verduidelik asb vir my Matteus 13vers 52
Chris van Wyk
| #
Dankie, Jan. Eintlik verstommend hoe diep die Noag-verhaal ingebed is in die hele Bybel. Dit het selfs ‘n invloed op die “sinode”-sitting in Jerusalem (Hand 15) gehad en op ons siening van die doop (1 Pet 3). Noag is nie ‘n liggewig nie. Ons ignoreer hom tot ons skade.
Jan Louw
| #
Baie waardevol. Dankie Chris
Chris van Wyk
| #
Hi Denver, jy kan dit kry by https://bybelskool.com/matteus/
Denver
| #
Ek soek graag meer inligting oor Matteus