Skip to main content

Gesprek met God bring bevryding

As Job in sak en as sit oor sy kinders en sy ellende, hoor hy sy vriend Elifas sê:

“Roep maar! Niemand sal jou antwoord nie. Is daar selfs ’n engel na wie jy jou sou kon wend om hulp? Verbitterdheid maak ’n dwaas dood, onbeheerstheid vernietig ‘n onverstandige.” (Job 5:1-2).

Het iemand al só met jou gepraat in jou ellende?

Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Leer dan by Job hoe ‘n mens dit hanteer.

Job het sy vriend Elifas goed geken. Hy het geweet – soos ons in die drie rondtes van gesprek deur die boek agterkom – dat Elifas graag “God speel” en homself aanmatig om sy eie woorde as dié van God te beskou, begrond net op sy eie ervaring van die lewe.

Elifas sê hier in Job 5 dat op grond van sy eie ervaring dit sy oorwoë mening is dat om teen God te kla nie bevryding sal bring nie (vers 1), maar dat só ‘n dwaas homself deur ongeduld teenoor God net groter onheil sal bring (vers 2). Hy is vernuftig om hierdie ongeduld as beide ‘n innerlike gedagte (verbitterdheid) as ‘n uiterlike gedrag (onbeheerstheid) uit te spel. Dit klink so geleerd. So goddelik.

Maar Job antwoord vir Elifas direk in Job 6:2 en sê dat Elifas nie eers naastenby sy bittere ellende verstaan nie. Dit gaan baie dieper as wat Elifas sal verstaan:

“As my bittere ellende maar geweeg kon word, as die ongeluk wat my getref het, op ’n skaal gesit kon word, sou dit swaarder weeg as die sand van die see.” (Job 6:2-3).

En in vers 11 te sê ek het nou genoeg geluister na jou dwase praatjies, ek praat nou met die Here:

“Is ek dan die see dat U my aan bande wil lê …” (Job 7:12).

En anders as wat Elifas voorspel het, bring Job se gesprek met God uiteindelik bevryding soos ons aan die einde van die boek raaksien:

“Die Here het die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.” (Job 42:10).

Elifas was dus heeltemal verkeerd in sy perspektief op die lewe, op Job, en op God. Job was reg, want deur by die regte adres sy klag uit te stort, het dit bevryding vir hom, en ironies genoeg, ook vir sy vriende gebring. In opdrag van die Here het “sy dienaar” Job vir hulle gebid. Dit is Job se gebed wat die Here verhoor het, sodat God hulle nie gestraf het vir hulle dwaasheid nie (Job 42:8).

Versigtig dus om God te speel in iemand anders se pyn en ellende.
En as jy sulke mense in jou lewe het, wat probeer om God te speel in jou lewe, hanteer dit soos Job. Net God is God, en deur sy Woord en Gees, sal Hy jou tot groter insig bring oor wat in jou lewe aan die gang is. Hy sal jou bevry en in sy seën rus gee.

Gesprek met God bring bevryding

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda