Skip to main content

Gesprek met God bring bevryding

As Job in sak en as sit oor sy kinders en sy ellende, hoor hy sy vriend Elifas sê:

“Roep maar! Niemand sal jou antwoord nie. Is daar selfs ’n engel na wie jy jou sou kon wend om hulp? Verbitterdheid maak ’n dwaas dood, onbeheerstheid vernietig ‘n onverstandige.” (Job 5:1-2).

Het iemand al só met jou gepraat in jou ellende?

Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Leer dan by Job hoe ‘n mens dit hanteer.

Job het sy vriend Elifas goed geken. Hy het geweet – soos ons in die drie rondtes van gesprek deur die boek agterkom – dat Elifas graag “God speel” en homself aanmatig om sy eie woorde as dié van God te beskou, begrond net op sy eie ervaring van die lewe.

Elifas sê hier in Job 5 dat op grond van sy eie ervaring dit sy oorwoë mening is dat om teen God te kla nie bevryding sal bring nie (vers 1), maar dat só ‘n dwaas homself deur ongeduld teenoor God net groter onheil sal bring (vers 2). Hy is vernuftig om hierdie ongeduld as beide ‘n innerlike gedagte (verbitterdheid) as ‘n uiterlike gedrag (onbeheerstheid) uit te spel. Dit klink so geleerd. So goddelik.

Maar Job antwoord vir Elifas direk in Job 6:2 en sê dat Elifas nie eers naastenby sy bittere ellende verstaan nie. Dit gaan baie dieper as wat Elifas sal verstaan:

“As my bittere ellende maar geweeg kon word, as die ongeluk wat my getref het, op ’n skaal gesit kon word, sou dit swaarder weeg as die sand van die see.” (Job 6:2-3).

En in vers 11 te sê ek het nou genoeg geluister na jou dwase praatjies, ek praat nou met die Here:

“Is ek dan die see dat U my aan bande wil lê …” (Job 7:12).

En anders as wat Elifas voorspel het, bring Job se gesprek met God uiteindelik bevryding soos ons aan die einde van die boek raaksien:

“Die Here het die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.” (Job 42:10).

Elifas was dus heeltemal verkeerd in sy perspektief op die lewe, op Job, en op God. Job was reg, want deur by die regte adres sy klag uit te stort, het dit bevryding vir hom, en ironies genoeg, ook vir sy vriende gebring. In opdrag van die Here het “sy dienaar” Job vir hulle gebid. Dit is Job se gebed wat die Here verhoor het, sodat God hulle nie gestraf het vir hulle dwaasheid nie (Job 42:8).

Versigtig dus om God te speel in iemand anders se pyn en ellende.
En as jy sulke mense in jou lewe het, wat probeer om God te speel in jou lewe, hanteer dit soos Job. Net God is God, en deur sy Woord en Gees, sal Hy jou tot groter insig bring oor wat in jou lewe aan die gang is. Hy sal jou bevry en in sy seën rus gee.

Gesprek met God bring bevryding

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.