Skip to main content

Job 30 – Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job keer terug na die hede en beskryf in die eerste plek die diep skaamte en vernedering wat hy ervaar met roerende metafore.  Hy word gespot deur mense wat normaalweg op geen manier ‘n invloed in die gemeenskap het nie, mense op wie ander neersien, hyself inkluis.  En hy ervaar dat dit eintlik God is wat hom weerloos en hulpeloos maak voor hulle (30:1-18).

Dan skeur daar uit sy binneste in die tweede plek ‘n gebed om hulp, wat eintlik op ‘n manier nog meer vernederend is, want dié God wat hy aanroep, luister nie na hom nie, antwoord hom nie in sy smeking om hulp nie.  Sy vroomheid het hom niks in die sak gebring nie.  Hy het die goeie verwag, maar rampe het hom getref (30:19-31).

Ek word verneder deur mense wat geen invloed in die gemeenskap het nie – 30:1-18

Maar nou lag hulle vir my, mense wat jonger is as ek, mense wie se vaders ek nie werd geag het om saam met die honde my kleinvee op te pas nie.” (30:10).  D.w.s. mense wat heeltemal onbetroubaar is vir selfs die geringste werk, dié dryf met Job die spot oor die verlies van sy goed en sy gesondheid en verneder hom.

Ons almal kan identifiseer met die effek wat iemand het op ons as hulle ons uitlag en verneder.  Dit moet dubbeld so erg wees as mense wat eintlik geen invloed in die gemeenskap het, ons uitlag en spot.  En dít is presies wat Job hier ervaar.

Weereens kan ek nie anders nie as om te dink aan Jesus se ervaring aan die kruis waar hy eers bespot is deur die soldate (Matt. 27:27-31) en daarna deur die gewone verbygangers: “Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster.  Hulle het die kop geskud en gesê: ‘Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou!  Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!’” (Matt. 27:39-40).  So het ook die priesterhoofde, skrifgeleerdes en familiehoofde Hom gespot (Matt. 27:41-43).

Maar dan staan daar dat selfs die rowers wat saam met hom gekruisig is, Hom beledig het (Matt. 27:41).  Dit is eintlik ‘n nog dieper vernedering, dat mense wat ter dood veroordeel is vir hulle skuld en sonde, hulle minagting met een wat saam met hulle gekruisig is, te kenne gee.

En ons sien iets daarvan reeds in Job se beskrywing van die skande en skaamte, die vernedering, wat hy van invloedloses ervaar.  Job beskryf dié mense – miskien ‘n bietjie neerbuigend, moet ek sê! – as mense wat niks beteken, wat tot niks in staat is nie.  Hy beskryf uitvoerig hulle uitgeteerdheid, hulle gebrek en honger, hulle uitsluiting uit die gemeenskap, en hulle gebrek aan verstand en eer.

Maar, nou sing dié mense liedjies oor Job en bespot hom.  Job ervaar ‘n totale weerloosheid, ‘n hulpeloosheid.  En hy skryf dit nie net aan die mense se optrede toe nie.  Hy ervaar dat dit God is wat hom weerloos en hulpeloos gemaak het.  Die mense val hom goedsmoeds aan en laat sy hoop op ‘n uitkoms soos ‘n wolk verdwyn, soos mis voor die son.

Luister hoe roerend is sy beskrywing: “Deur die groot geweld van God hang my klere vormloos aan my, word ek gewurg deur ‘n boordjie om my nek.” (30:18).  Enigiemand wat op ‘n warm dag al die boonste knoop van ‘n nou boordjie moes vasmaak om ‘n das aan te trek, sal hiermee kan identifiseer!  Dit is natuurlik net oneindig meer uitputtend, dít wat Job moes ervaar.

Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie – 30:19-31

Dan skeur daar uit Job se binneste ‘n gebed om hulp, hoewel dit eintlik op ‘n manier nog meer vernederend is, want dié God wat hy aanroep, luister nie na hom nie, antwoord hom nie in sy smeking om hulp nie: “Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie.” (30:19). Hy staan voor die Here, maar die Here steur Hom nie aan Job nie – dit is Job se ervaring.

Job het gehoop dat sy vroomheid hom iets in die sak sou bring.  Hy het trane gestort saam met dié wat swaarkry.  Hy het meegevoel betoon aan armes.  Hy het die goeie verwag, maar rampe het hom getref (30:26). God het teen hom gedraai met geweld.  Dit is asof die Here hom soos kaf in die lug gegooi het, sodat die wind hom kan wegwaai.  Die dood blyk sy voorland te wees sonder dat hy van God enige hulp gaan ontvang.

Daarom kook dit in Job en kom hy nie tot rus nie.  Sy liggaam het swart geword van die uitmergelende siekte waaraan die Here hom blootgestel het.  Hy gloei van die koors en kan net maar sy skande en skade voor die Here uitsug: “Al wat vir my oorbly, is ‘n treurlied op die lier, ‘n lied van trane op die fluit.” (30:31).

‘n Mens sou verwag dat Job daarom téén God sou draai, want God het hom dan in die steek gelaat?  Maar … dit blyk dat Job teen alle verwagting in standvastig gaan bly … of hoe?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…