Skip to main content

Job handel ook oor die vraag na vroomheid

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job handel egter ook vir my oor die dieper vraag na die vroomheid van godvresendes, veral in ‘n situasie van verlies.  Die Satandie teëstander onder die “seuns van God”, die hemelwesens – draai dié vraag na regverdigheid as volg om.  Sal godvresendes “regverdig” wees teenoor God, by wyse van spreke, selfs al word hulle teleurgestel in hulle verwagting van sy beskerming en sy geskenk van voorspoed?  Sal godvresendes Hom bly dien, selfs al gaan dinge vir hulle verkeerd, al ly hulle onskuldig en onregverdig?  Die Satan bevraagteken dus die lojaliteit van godvresendes.

Die Satan beweer dat godvresendes nie lojaal teenoor God sal wees as Hy nie vir hulle gee wat Hy belowe nie.  Daar is dus, beweer die Satan, net so ‘n reglynige verband tussen oorsaak en gevolg in die toewyding van godvresendes.  Hulle dien God net ómdat Hy hulle beskerm en voorspoedig maak.  As God sou toelaat dat slegte goed met godvresendes gebeur, sal hulle Hom vervloek.

Deur die Satan toe te laat om hierdie bewering van hom na te vors – onthou dat God in die eerste plek die verhaal van Job aan die orde gestel het, Hy is dus in beheer! (Job 1:8) – gee die Here sy beskerming van Job op, staak Hy sy voorsiening aan Job, en laat Hy toe dat Job se vroomheid getoets word.

Job se vrou gee die tradisionele antwoord op dié vraag na vroomheid.  As God nie sy deel nakom nie, kan geen mens verwag dat jy steeds vroom sal bly nie: “Bly jy nog steeds vroom?  Vervloek God en sterf!” (Job. 2:9).

Job bly egter, wonder bó wonder, aan God getrou, al tref siekte en lyding hom, en al word al sy voorspoed van hom weggeneem, en al moedig sy vrou hom aan om die stryd om vroomheid gewonne te gee.  Hy bly “regverdig” teenoor God, Hy volhard in sy lojaliteit, al kos dit hom baie pyn en lyding: “Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.” (Job 1:22).

Ná die worstelgesprek van Job met sy drie vriende, Elifas, Bildad en Sofar, sowel as met die jongman Elihu – alles in poësie – ontmoet God Job vanuit ‘n stormwind en bring hom tot ‘n dieper insig van God self en tot bekering om by God se bedoelinge in te val.  Dit sluit genade vir Job se drie vriende in, sowel as ‘n verandering van Job se lot: “die Here (het) die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.” (Job. 42:10).

Dié vraag na vroomheid word volledig in die prosa gedeelte aan die begin en einde van die boek gevind – hfst. 1-2 en hfst. 42:7-17.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…