Job 20 – Sofar: Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Waar Job se oortuiginge oor God die verbeelding van ‘n verlossende toekoms van God vir skepsels en skepping begin oopmaak, bly Sofar by sy beperkende intellektuele argumentering oor die lot van die goddelose.  Daar is by hom al hoe minder van ‘n moontlikheid te bespeur dat omkeer of inkeer moontlik is, soos hy weliswaar nog in sy vorige gesprek aan Job voorgehou het (Job 11).

Sofar beskou die goddelose al hoe meer as verdoem en sonder enige uitkoms: “Jy weet tog dat die vreugde van die goddelose (resjaîmwicked – mense wat in opstand teen God lewe) van korte duur is, dat die blydskap van die godlose (ḥâneef – godless – mense wat sonder God lewe) net ‘n oomblik duur?” (20:5).

Let op hoe konsekwent hy sy intellektuele argument voer:

  • Die goddelose godlose word absoluut totaal vernietig (20:4-11). Dit is van altyd af te sien dat die goddelose godlose soos hulle eie uitwerpsel vir altyd vergaan: “Hy verdwyn soos ‘n droom.” (20:8).  Niemand sal hom weer sien nie, selfs sy kinders sal vergaan. Die dood bring ‘n totale vernietiging van sy hele nalatenskap.
  • Die soet smaak van onreg word soos die gif van ‘n slang (20:12-23). Al wil ‘n mens die soet smaak van onreg in jou mond vertroetel, en as’t ware wegsteek onder jou tong, sal dit jou maag omkrap, jou laat opgooi, jou dood veroorsaak soos die gif van ‘n adder.  Jou genot aan dié dinge wat God gee – water, heuning en dikmelk (natuurlike produkte) – sal verlore gaan, net soos die goddelose godlose armes verdruk het in sy gulsigheid en hebsug.  Vir Sofar het niks hierdie goddelose godlose (Job) se vraatsug ontsnap nie, en daarom sal sy voorspoed ook nie stand hou nie, soos dit inderdaad nou vir almal sigbaar is.
  • Terwyl hy hom nog so vol eet, laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek (20:24-29). “Hy vlug nog vir ‘n ysterwapen, dan deurboor ‘n bronspyl hom.  Terwyl hy dit uit sy rug uit trek, die glansende punt uit sy gal, oorval die doodsvrees hom.” (24-25).  Trouens, al sy skatte is bestem om vernietig te word – die bietjie van Job wat nog oorgebly het – die hemel en die aarde sal saamspan om hom te laat omkom onder God se toorn: “Dit is die lot van die mens wat skuldig is voor God, die deel van die een wat hom teen God verset.” (29).

Die probleem met Sofar se argument is egter nie dat hy noodwendig verkeerd is oor die uiteinde van mense wat goddeloos of godloos lewe.  Of dat hy inkonsekwent is nie.  Die boodskap van die Bybel beklemtoon immers regdeur hierdie kant van God se betrokkenheid by die wêreld.

Sofar se probleem is dat hy glad nie rekening hou met God se genade nie, en nog meer as dit, dat hy uit Job se krisis aflei dat Job self goddeloos en godloos lewe.  Dit sien ‘n mens in die feit dat hy regdeur in die enkelvoud van dié goddelose en godlose mens praat.  Die onvermydelike afleiding wat ‘n mens maak is dat hy dié beskrywing reglynig op Job van toepassing maak.  Job is die goddelose godlose, die een wat in opstand teen God is, trouens sonder God wil leef.  Job het in sy oë al hoe minder van ‘n toekoms en is verdoem tot ‘n allerverskriklike dood.

Dít is waarom God aan die einde vir Sofar saam met sy vriende aanspreek dat hulle nie reg oor Hom gepraat het nie.  Dit is nie soseer die woorde wat hulle ingespan het nie, maar die toepassing daarvan op grond van hulle verkeerde afleidings oor die verlies in Job se lewe.

‘n Perspektief wat ons tot versigtigheid moet maan om te vinnig op grond van ons beperkte insig absolute gevolgtrekkings oor ander mense te maak.

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: