Skip to main content

Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu gebruik ‘n vraag wat hy in die mond van Job plaas en sy eie kommentaar daarop om Job se vroomheid onder verdenking te plaas.

Die vraag wat Job sou vra, na Elihu se mening, is: “Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?” (35:3).  Hy beantwoord dit deur Job te herinner aan God se onpartydigheid, hoewel dit gou blyk eerder as God se ongevoeligheid beskryf sal moet word, ‘n onhoudbare interpretasie van God se houding teenoor mense (35:1-8).

Die kommentaar wat Elihu op sy vroomheid bied, is: “Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie.” (35:12).  Hy bewys dié kommentaar deur te verwys na die redes vir dié gebrek aan gebedsverhoring: onafhanklikheid (35:10), hoogmoed en boosheid (35:12).  God luister veral nie na “hol woorde” van sondige mense nie (35:9-16).  Hoewel dié redes iets om die lyf het, skop Elihu weereens die bal mis deurdat hy op meer insig in God se handelinge met Job aanspraak maak, as wat inderdaad die geval is.

Wat baat dit my as ek nie sondig nie? – 35:1-8

Elihu is steeds soos ‘n skeermeslemmetjie, so skerp.  Hy vat Job se vroomheid in die hart daarvan aan en verwerp Job se vashou aan God asof God aan hom reg verskuldig is.  Inteendeel, sê Elihu, jy vra eintlik, na Elihu se mening: “Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?” (35:3). Jy oorweeg eintlik om jou vroomheid te los, want dit baat mos niks.  Job het natuurlik juis die teendeel die hele tyd geïllustreer, selfs in sy grootste aanvegting.  Elihu kan dit net nie aanvaar nie.

Hy vra, saam met die vriende, watter effek kan Job se sonde dan nou op God hê?  Selfs as hy nie sou sondig nie, watter hulp is dit vir God?  Elihu gesels dus oor God se onpartydigheid, asof Hy nie geraak word deur dít wat by mense gebeur nie, asof dit net ‘n horisontale impak het: ”Jou sonde raak jou medemens.”  (35:8).  Die vertikale impak van sonde word dus geïgnoreer.

Dit blyk dus dat Elihu eerder God se ongevoeligheid beskrywe, en nie soseer sy onpartydigheid nie, ‘n onhoudbare interpretasie van God se houding teenoor mense.  Vir God is ons manier van lewe ‘n saak van lewe en dood, soos só baie Skrifgedeeltes regdeur die Bybel verkondig.

Gebed word nie beantwoord nie – 35:9-16

Die kommentaar wat Elihu op Job se vroomheid bied, is: “Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie.” (35:12).  Hy bewys dié kommentaar deur te verwys na die redes vir dié gebrek aan gebedsverhoring:

  • Mense leef onafhanklik van God en vra nie na Hom nie, al kan Hy vir hulle selfs in die nag ‘n lied laat sing (35:10).
  • Mense maak hulle skuldig aan hoogmoed en boosheid, al het hulle meer verstand as die diere en meer insig as die voëls (35:12).
  • God luister veral nie na die “hol woorde” van sondige mense nie (35:13). Dit help nie Job sê dat hy God nie sien nie, al is sy saak voor God en al dra God geen kennis van sy sonde nie (35:14-15).  Dit is vir Elihu net ‘n insiglose dwarreling van wind.

Hoewel dié redes iets om die lyf het, en ‘n mens jou daaraan kan steur, skop Elihu weereens die bal mis deurdat hy op meer insig in God se handelinge met Job aanspraak maak, as wat inderdaad die geval is.  Job is reg dat hy verliese gely het, sonder dat sy sonde daarvoor verantwoordelik was.  Maar, dít sal eers aan die lig kom wanneer die Here sy stilte tot op dié punt verbreek.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda