Skip to main content

Job handel oor die vraag na regverdigheid

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die boek Job handel myns insiens hoofsaaklik oor die vraag na die regverdigheid van die lewe.  Van die mens se kant gesien is daar twee aspekte hiervan:

  • Kan ‘n mens staatmaak daarop dat – as jy reg lewe en die Here dien – die Here jou met beskerming en voorspoed sal beloon? Sal God regverdig wees teenoor jou?  Seën God godvresendes?
  • En, is die omgekeerde ook waar? Kan ‘n mens staatmaak daarop dat – as mense onreg pleeg en die Here versaak – die Here hulle met teëspoed sal straf?  Sal God regverdig wees teenoor hulle?  Straf God goddeloses?

Is daar dus ‘n eenvoudige reglynige verband tussen oorsaak en gevolg in ons godsdiens, in ons verhouding met die Here? Of nie?

Dit is die kern van die verskil in die gesprekke tussen Job en sy drie vriende, Elifas, Bildad en Sofar.  Hulle hou vol dat daar ‘n eenvoudige reglynige verband is tussen oorsaak en gevolg.  Dit maak empiries, histories en intellektueel vir hulle sin.

Job verskil egter daarvan, want sy ervaring trek ‘n streep deur dié eenvoudige teologie.  Dit kan in die algemeen waar wees, ja, maar slegte goed het met hom gebeur, al het hy die Here voluit gedien.  Hy het dus méér nodig as net die algemene eenvoudige waarheid van oorsaak en gevolg, iets waarvoor die jongman Elihu Job voorberei.

Job het God self nodig.  Iets wat uiteindelik net in die ontmoeting met God kon gebeur, en vir hom rus en vrede gebring het.

Deur Job se lewe kom ‘n mens dus agter dat die lewe nie altyd regverdig en billik is nie, maar dat ‘n mens steeds in God se teenwoordigheid ‘n ruimte kan vind om mens te wees.  Dit is selfs moontlik dat God ‘n mens se lot kan verander, soos Hy inderdaad later met Job doen.  Want, God is nie uitgelewer aan ‘n eenvoudige oorsaak en gevolg dogma nie.  Hy kan kies hoe Hy optree, soos Hy in die natuur van die begin af geïllustreer het.

Hierdie vraag na regverdigheid word in die poëtiese gedeeltes van die boek gevind – hfst. 3-42:6.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda