Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Dit skok ‘n mens om die gebrek aan simpatie in die brutale Bildad se woorde te lees.  Hy wyt die kinders se dood aan God se straf vir hulle eie oortredings en Job se siekte aan die feit dat hy nie vlekkeloos is en reg het voor God nie (8:4-5).

Bildad sluit dus by Elifas se argumente aan, maar radikaliseer dit.  Hy handhaaf onomwonde die perspektief dat God regverdig is en dat alle rampe dus ‘n teken is van sy straf vir die onreg van mense (8:1-7).  Bildad baseer dit op die wysheid van die tradisie – die oorgelewerde insig wat van die voorgeslagte af kom – sowel as op die wette van die natuur, die sogenaamde algemene openbaring (8:8-10) en wys met uitdagende metafore aan hoe dit uitspeel in die lewe van die goddelose en die vrome (8:11-22).

Sy basiese vertrekpunt word aan die einde geformuleer dat wat met mense gebeur op sigself reeds hulle vroomheid en goedheid illustreer of dan hulle goddeloosheid en boosheid: “God verwerp nooit die opregte nie … en staan ook nie dié by wat onreg doen nie.” (8:20).

Bildad draai dus die oorsaak-en-gevolg teologie om en lees uit die gevolge wat gesien kan word in die dinge wat met mense gebeur – lyding, rampe, ongeluk – wat dit veroorsaak het – onreg en goddeloosheid.  En omgekeerd.  Bildad sê dus in kort: “daar draai nie ‘n rokie sonder dat daar ook ‘n vuurtjie is nie.”  Riete en vleigras groei waar daar water is (8:11)!

Bildad se prentjie van God is dus eenvoudig.  God is regverdig teenoor beide die vrome (opregte) en die een wat onreg doen.  Die vrome word geseën vir sy vroomheid.  Die onregverdige word gestraf vir sy onreg.

Job moet hom dus op God verlaat, sê Bildad, want God sal hom weer in sy sorg neem.  Hy moet net nie praat asof God die reg verdraai nie en sy vanselfsprekende skuld bely, want Job se tragedies bewys vir Bildad sy afvalligheid.

Hoe graag sou ‘n mens nie die woorde van vers 20 vir jouself wou toeëien nie, omdat dit eintlik soveel waarheid bevat?  God verwerp mos nooit die regverdige nie.  Dit is tog waar.  Hy staan ook nie uiteindelik by dié wat onreg doen nie.  Dit is tog ook waar.

Maar, dan kan ‘n mens die lewe nie so onbarmhartig soos Bildad uitlê en veral die teologie van God se betrokkenheid by die wêreld omkeer en sy wil aflees uit wat gebeur nie.  Asof teenspoed per se op God se afkeur dui en voorspoed per se op sy goedkeuring nie. Dit is onteenseglik nie só nie.

Job beleef immers ironies genoeg weer voorspoed, ten spyte van die tragedie van sy verlies van sy goed en sy gesondheid.  Die Here gee hom weer vreugde, net omdat God kan en wil!  En daarop kan ons bly hoop.

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d