Skip to main content

Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Dit skok ‘n mens om die gebrek aan simpatie in die brutale Bildad se woorde te lees.  Hy wyt die kinders se dood aan God se straf vir hulle eie oortredings en Job se siekte aan die feit dat hy nie vlekkeloos is en reg het voor God nie (8:4-5).

Bildad sluit dus by Elifas se argumente aan, maar radikaliseer dit.  Hy handhaaf onomwonde die perspektief dat God regverdig is en dat alle rampe dus ‘n teken is van sy straf vir die onreg van mense (8:1-7).  Bildad baseer dit op die wysheid van die tradisie – die oorgelewerde insig wat van die voorgeslagte af kom – sowel as op die wette van die natuur, die sogenaamde algemene openbaring (8:8-10) en wys met uitdagende metafore aan hoe dit uitspeel in die lewe van die goddelose en die vrome (8:11-22).

Sy basiese vertrekpunt word aan die einde geformuleer dat wat met mense gebeur op sigself reeds hulle vroomheid en goedheid illustreer of dan hulle goddeloosheid en boosheid: “God verwerp nooit die opregte nie … en staan ook nie dié by wat onreg doen nie.” (8:20).

Bildad draai dus die oorsaak-en-gevolg teologie om en lees uit die gevolge wat gesien kan word in die dinge wat met mense gebeur – lyding, rampe, ongeluk – wat dit veroorsaak het – onreg en goddeloosheid.  En omgekeerd.  Bildad sê dus in kort: “daar draai nie ‘n rokie sonder dat daar ook ‘n vuurtjie is nie.”  Riete en vleigras groei waar daar water is (8:11)!

Bildad se prentjie van God is dus eenvoudig.  God is regverdig teenoor beide die vrome (opregte) en die een wat onreg doen.  Die vrome word geseën vir sy vroomheid.  Die onregverdige word gestraf vir sy onreg.

Job moet hom dus op God verlaat, sê Bildad, want God sal hom weer in sy sorg neem.  Hy moet net nie praat asof God die reg verdraai nie en sy vanselfsprekende skuld bely, want Job se tragedies bewys vir Bildad sy afvalligheid.

Hoe graag sou ‘n mens nie die woorde van vers 20 vir jouself wou toeëien nie, omdat dit eintlik soveel waarheid bevat?  God verwerp mos nooit die regverdige nie.  Dit is tog waar.  Hy staan ook nie uiteindelik by dié wat onreg doen nie.  Dit is tog ook waar.

Maar, dan kan ‘n mens die lewe nie so onbarmhartig soos Bildad uitlê en veral die teologie van God se betrokkenheid by die wêreld omkeer en sy wil aflees uit wat gebeur nie.  Asof teenspoed per se op God se afkeur dui en voorspoed per se op sy goedkeuring nie. Dit is onteenseglik nie só nie.

Job beleef immers ironies genoeg weer voorspoed, ten spyte van die tragedie van sy verlies van sy goed en sy gesondheid.  Die Here gee hom weer vreugde, net omdat God kan en wil!  En daarop kan ons bly hoop.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…