Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

As ‘n mens nou terugkyk op die eerste rondte van gesprek raak dit duidelik dat die drie vriende nie net in wisselende grade van wreedheid dieselfde vergeldingsdogma aanhang nie, maar eintlik stemme van Satan word, die teenstander van God wat die Here self aangevat het met sy slotsom oor die oorsaak-en-gevolg opsomming van die lewe.

Onthou dat die Satan beweer het in Job 1-2 dat godvresendes nie lojaal teenoor God sal bly as Hy nie vir hulle gee wat Hy belowe nie.  Daar is dus, het die Satan beweer, ‘n reglynige verband tussen oorsaak en gevolg in die toewyding van godvresendes.

Wat dus hier in die gesprek van die drie vriende met Job op die spel is, is presies dieselfde tipe vraag as in die hemel, al is hulle nie regtig bewus daarvan nie, hierdie keer net as volg uitgedruk: Sal Job sy vroomheid behou al draai sy vriende teen hom?  Hulle beskou hulle bydrae in die gesprek waarskynlik slegs as deel van die vraag na die regverdigheid van die lewe, wat vir hulle ‘n baie eenvoudige antwoord het.  Vanuit die hemelse perspektief is die vraag na vroomheid egter steeds baie lewendig, die vraag of Job enduit aan die Here sal vasgryp ten spyte van sy verlies.

En onthou dat dit eintlik ten diepste oor God self gaan.  God se invloed in mense se lewe is op die spel.  Hierdie keer is dit nie sonde wat die verhouding in gedrang sou kon bring soos in die tuin van Eeden nie, ook nie net die lyding en smart oor onverdiende onskuldige verlies en pyn, soos in Job 1-2 nie, maar die invloed van sy geloofsgemeenskap wat met dieselfde vergeldingsmodel as die Satan werk en Job skuldig bevind vanuit die oënskynlike “gevolge” van een of ander sonde wat hulle in sy lewe sien.

Sou Job dus die Here kon bly vertrou al draai almal in die geloofsgemeenskap teen hom?

  • Elifas het Job gekonfronteer met ‘n vraag oor sy vroomheid: Gee jou vroomheid jou geen hoop nie? (Job 4:1-5:1) Amper soos Job se vrou wat hom aangeraai het om liewer God te vervloek en te sterf.  Elifas het hom ook probeer troef met die wysheid dat dit goed gaan met die mens wat deur God tereggewys word (Job 5:2-27), hoewel die swak punt in sy argument was dat hy nie Job se skuld kon aantoon nie.  Hy het dit net vermoed vanweë sy eenvoudige teologie.  Job was egter nie beïndruk met sy gebrek aan medelye nie (Job 6) en het hom eerder steeds op God se moontlike vergifnis verlaat (Job 7).
  • Bildad het by Elifas aangesluit en stellig verklaar dat teenspoed God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring beteken (Job 8), hoewel Job steeds volgehou het dat die lyding gekom het sonder dat hy dit verdien het (Job 9), en dat hy wag dat die Here self vir hom bekend maak wat aangaan (Job 10).
  • Hierop het Sofar gereageer dat dinge eintlik baie meer eenvoudig is as wat selfs sy vriende aangevoer het: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig (Job 11). ‘n Wrede woord wat die tirannie van ‘n treurige teologie bevestig.

Job bly egter vasbeslote om verby die troostelose trant van sy vriende se raad die Here self te nader en wil eerder sy saak vir God stel: “Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak vir Hom stel.” (13:15).

En daarmee gee Job alreeds vir ons ‘n sleutel tot die boek se ontknoping, want dit is presies in hierdie besluit wat die evangelie opgesluit lê, soos ons in hfst. 38 en verder sal sien.  God bestaan en is ‘n beloner van dié wat Hom soek (Hebr. 11:6).  Daarop kan ons staatmaak.  En Job het dié besef vir ons deur sy volharding onderstreep.

Indeling van die drie hoofstukke

Dit is met dié paar perspektiewe in gedagte dat ons die drie hoofstukke wat die volgende gespreksrondte inlei, gaan lees.  Ek verdeel dit in twee dele op grond van die wending wat in Job 13:20 kom, waar Job begin om die Here direk aan te spreek en dit tot die einde van hfst. 14 volhou.  In die eerste deel was hy duidelik met sy drie vriende in gesprek.

Jy kan vandag eers nadink oor wat ek hier geskryf het oor die gesprek tussen Job en sy drie vriende tot dusver en oor die volgende twee dae die bydraes oor dié twee dele lees.  Onthou net, lees eers die teks, luister na wat jou daarin tref, vóór jy lees wat ek skryf, sodat die teks ‘n poort kan word waardeur die Here met jou besig raak.  My bydrae is net ‘n hulp!

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: