Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Hierdie laaste hoofstuk vorm eintlik die sesde en sewende toneel van die prosa vertelling wat reeds in hoofstuk 1-2 aan die orde gestel is. Dáár was vyf tonele wat afwisselend uit Job en God se perspektief geskryf is. Hier kom dié twee wêrelde bymekaar en praat God direk met Job se drie vriende – nogal ‘n bonus vir hulle! – en verander hulle almal se lot. God gebruik nie net vir Job om versoening vir sy drie vriende te doen nie (42:7-9), maar verander ook sy situasie heeltemal (42:10-17).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Die Here praat weer met Job uit die stormwind en nooi hom uit om met God kragte te meet. Met ‘n reeks van vier vrae oor Job se bevraagtekening van God se beslissing (40:3-4), dek die Here die tafel vir sy verdere sélf openbaring in hoofstuk 40 met die beskrywing van die krag van die Behemot (40:10-19 – seekoei) en die Leviatan (40:20-28 – seedraak [krokodil]).
Hulle word beskryf in terme van hulle ontwerp wat ontsag by almal afdwing, nie net vir die diere self nie, maar vir die Een wat hulle gemaak het. Twee keer nooi die Here Job uit om sy eie mag ten toon te stel, eerstens teenoor die goddeloses wat hy só graag wil aanvat en regsien (40:5-9), en tweedens teenoor die Leviatan wat duidelik ver bo Job se liga is (40:27-28).
Dit word opgevolg in hoofstuk 41 met twee retoriese vrae en ‘n stellige uitspraak wat as’t ware aan almal gerig is wat hierna luister: “Wie wil dan nog teen My stand hou? Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My.” (41:1-2).
Die Here kan Homself skaars keer om te spog met die krag van die Leviatan en sê: “Ek wil nog verder praat oor die Leviatan, oor sy krag en sy liggaamsbou.” (41:3). Ná hy weereens die Leviatan se krag met ‘n reeks van drie vrae geïllustreer het (41:4-5), wy die Here uitvoerig uit oor die ontsagwekkende bou en vermoë van die Leviatan, ‘n dier wat mitologiese en moontlik selfs simboliese trekke begin vertoon (41:6-25).
Job reageer daarop met ‘n diep bewondering vir die mag van die Here en kom tot inkeer voor dié God wat kan uitvoer wat Hy besluit (42:1-6): “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie.” (42:3).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Oorsig
Uiteindelik antwoord die Here vir Job uit ‘n stormwind, presies soos Elihu voorspel het (37:13). En God se antwoord is ‘n vraag: “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?” (38:2). ‘n Vraag waarop Job uiteindelik moet antwoord: “Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie.” (42:3).
God se bedoelinge moet dus in ons lewe sigbaar raak. Die vraag na geregtigheid is nie ‘n vraag wat ‘n aparte antwoord nodig het nie. Dit is ingebou in God se bedoelinge. Hy staan daarvoor in.
Ons kan egter God se bedoelinge dwarsboom deur op meer insig aanspraak te maak as wat vir ons beskore is. Ons moet Hom toelaat om God te wees en saam met Hom vreugde vind in sy werke, en uiteindelik in God self, in die verhouding met Hom.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Elihu sluit sy gesprek met Job en die drie vriende af met ‘n vierde en omvattende toespraak. In ‘n meer tegemoetkomende toon begrond hy God se regverdigheid in sy skeppingsmag en voorsienigheid (36:1-15). Hy moedig Job aan om God se uitnodiging te aanvaar om die gevaar van sy gegriefdheid te vermy, nl. om in sonde te verval, deur op God self en sy grootheid te fokus en God se werk te bly roem (36:16-25). Hy vervolg deur God se grootheid in ‘n aantal skeppingswonders aan Job bekend te stel (36:26-37:13) en só Job uit te nooi en te motiveer om God te bly dien (37:14-24).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Elihu gebruik ‘n vraag wat hy in die mond van Job plaas en sy eie kommentaar daarop om Job se vroomheid onder verdenking te plaas.
Die vraag wat Job sou vra, na Elihu se mening, is: “Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?” (35:3). Hy beantwoord dit deur Job te herinner aan God se onpartydigheid, hoewel dit gou blyk eerder as God se ongevoeligheid beskryf sal moet word, ‘n onhoudbare interpretasie van God se houding teenoor mense (35:1-8).
Die kommentaar wat Elihu op sy vroomheid bied, is: “Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie.” (35:12). Hy bewys dié kommentaar deur te verwys na die redes vir dié gebrek aan gebedsverhoring: onafhanklikheid (35:10), hoogmoed en boosheid (35:12). God luister veral nie na “hol woorde” van sondige mense nie (35:9-16). Hoewel dié redes iets om die lyf het, skop Elihu weereens die bal mis deurdat hy op meer insig in God se handelinge met Job aanspraak maak, as wat inderdaad die geval is.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar