Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Hierdie laaste hoofstuk vorm eintlik die sesde en sewende toneel van die prosa vertelling wat reeds in hoofstuk 1-2 aan die orde gestel is. Dáár was vyf tonele wat afwisselend uit Job en God se perspektief geskryf is. Hier kom dié twee wêrelde bymekaar en praat God direk met Job se drie vriende – nogal ‘n bonus vir hulle! – en verander hulle almal se lot. God gebruik nie net vir Job om versoening vir sy drie vriende te doen nie (42:7-9), maar verander ook sy situasie heeltemal (42:10-17).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Die Here praat weer met Job uit die stormwind en nooi hom uit om met God kragte te meet. Met ‘n reeks van vier vrae oor Job se bevraagtekening van God se beslissing (40:3-4), dek die Here die tafel vir sy verdere sélf openbaring in hoofstuk 40 met die beskrywing van die krag van die Behemot (40:10-19 – seekoei) en die Leviatan (40:20-28 – seedraak [krokodil]).
Hulle word beskryf in terme van hulle ontwerp wat ontsag by almal afdwing, nie net vir die diere self nie, maar vir die Een wat hulle gemaak het. Twee keer nooi die Here Job uit om sy eie mag ten toon te stel, eerstens teenoor die goddeloses wat hy só graag wil aanvat en regsien (40:5-9), en tweedens teenoor die Leviatan wat duidelik ver bo Job se liga is (40:27-28).
Dit word opgevolg in hoofstuk 41 met twee retoriese vrae en ‘n stellige uitspraak wat as’t ware aan almal gerig is wat hierna luister: “Wie wil dan nog teen My stand hou? Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My.” (41:1-2).
Die Here kan Homself skaars keer om te spog met die krag van die Leviatan en sê: “Ek wil nog verder praat oor die Leviatan, oor sy krag en sy liggaamsbou.” (41:3). Ná hy weereens die Leviatan se krag met ‘n reeks van drie vrae geïllustreer het (41:4-5), wy die Here uitvoerig uit oor die ontsagwekkende bou en vermoë van die Leviatan, ‘n dier wat mitologiese en moontlik selfs simboliese trekke begin vertoon (41:6-25).
Job reageer daarop met ‘n diep bewondering vir die mag van die Here en kom tot inkeer voor dié God wat kan uitvoer wat Hy besluit (42:1-6): “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie.” (42:3).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Oorsig
Uiteindelik antwoord die Here vir Job uit ‘n stormwind, presies soos Elihu voorspel het (37:13). En God se antwoord is ‘n vraag: “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?” (38:2). ‘n Vraag waarop Job uiteindelik moet antwoord: “Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie.” (42:3).
God se bedoelinge moet dus in ons lewe sigbaar raak. Die vraag na geregtigheid is nie ‘n vraag wat ‘n aparte antwoord nodig het nie. Dit is ingebou in God se bedoelinge. Hy staan daarvoor in.
Ons kan egter God se bedoelinge dwarsboom deur op meer insig aanspraak te maak as wat vir ons beskore is. Ons moet Hom toelaat om God te wees en saam met Hom vreugde vind in sy werke, en uiteindelik in God self, in die verhouding met Hom.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Elihu sluit sy gesprek met Job en die drie vriende af met ‘n vierde en omvattende toespraak. In ‘n meer tegemoetkomende toon begrond hy God se regverdigheid in sy skeppingsmag en voorsienigheid (36:1-15). Hy moedig Job aan om God se uitnodiging te aanvaar om die gevaar van sy gegriefdheid te vermy, nl. om in sonde te verval, deur op God self en sy grootheid te fokus en God se werk te bly roem (36:16-25). Hy vervolg deur God se grootheid in ‘n aantal skeppingswonders aan Job bekend te stel (36:26-37:13) en só Job uit te nooi en te motiveer om God te bly dien (37:14-24).
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Elihu gebruik ‘n vraag wat hy in die mond van Job plaas en sy eie kommentaar daarop om Job se vroomheid onder verdenking te plaas.
Die vraag wat Job sou vra, na Elihu se mening, is: “Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?” (35:3). Hy beantwoord dit deur Job te herinner aan God se onpartydigheid, hoewel dit gou blyk eerder as God se ongevoeligheid beskryf sal moet word, ‘n onhoudbare interpretasie van God se houding teenoor mense (35:1-8).
Die kommentaar wat Elihu op sy vroomheid bied, is: “Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie.” (35:12). Hy bewys dié kommentaar deur te verwys na die redes vir dié gebrek aan gebedsverhoring: onafhanklikheid (35:10), hoogmoed en boosheid (35:12). God luister veral nie na “hol woorde” van sondige mense nie (35:9-16). Hoewel dié redes iets om die lyf het, skop Elihu weereens die bal mis deurdat hy op meer insig in God se handelinge met Job aanspraak maak, as wat inderdaad die geval is.
Chris van WykonLukas 12Hi Elsa, dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle geniet Jesaja. Ja, ek ken 'n hele paar van julle familielede. Jou pa op Pearly Beach ontmoet. Was saam met Anton op universiteit. Het Johan leer ken in die eenheidsgesprekke. Het kleinseun David in Veritas opleiding leer ken. Kosbare familie!
strawberryinquisitively565197c036onLukas 12Baie dankie Chris vir jou skrifgetroue leer en bediening van die Woord waarop my hart AMEN sê. Ons groep vroue hier in Tulbagh geniet die bybelstudie van Jesaja alhoewel ons stadig vorder, want ons sien mekaar net 1 maal per week. Soveel waarheid het al vir ons oopgegaan. Ons gebruik ook die Eenvolu…
Jannie DryonVraag 15: Wat is sonde?Goeie dag Chris EK KYK BIETJIE NA JOU BYBELSKOOL EN DIT WAT OP INTERNE BESKIKBAAR IS. MAG EK VRA WATTER DENOMINASIE OF AGTERGROND ONDERSTEUN JY? JANNIE DRY 082 571 3779
briefly31ea27a91fonJohannes 7More Is die aanbod nog geldig vir die elektroniese lêer met die 4 evangelies langs mekaar? Wat sal die kostes wees? Vriendelike groete Wilma Heydenrych
Chris van WykonMarkus 6Hi Ada, dit staan nie in die Bybel nie, wel in die historiese geskrifte van Josephus.
Chris van Wykon365 beloftes – begrondingIn sy boek All the Promises of the Bible gee Herbert Lockyer 'n paar kategorieë om dieper ondersoek in te stel na die aard van God se beloftes (bv substansie, eenvoud, sekuriteit, bron, waarborg, omvang). Ek dink 'n eenvoudiger manier wat 'n mens die Bybel kan deurlees en die beloftes ondersoek, is…
Ada DE WETonMarkus 6Goeie more dr Chris, In vers 22 wat verwys na die dogter van Herodias, noem u dat haar naam Salomie is. Kom die inligting uit n historiese bron of uit n ander skrifgedeelte in die Bybel? Groete Ada
Onlangse kommentaar