Skip to main content

Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die Here praat weer met Job uit die stormwind en nooi hom uit om met God kragte te meet. Met ‘n reeks van vier vrae oor Job se bevraagtekening van God se beslissing (40:3-4), dek die Here die tafel vir sy verdere sélf openbaring in hoofstuk 40 met die beskrywing van die krag van die Behemot (40:10-19 – seekoei) en die Leviatan (40:20-28 – seedraak [krokodil]).

Hulle word beskryf in terme van hulle ontwerp wat ontsag by almal afdwing, nie net vir die diere self nie, maar vir die Een wat hulle gemaak het.  Twee keer nooi die Here Job uit om sy eie mag ten toon te stel, eerstens teenoor die goddeloses wat hy só graag wil aanvat en regsien (40:5-9), en tweedens teenoor die Leviatan wat duidelik ver bo Job se liga is (40:27-28).

Dit word opgevolg in  hoofstuk 41 met twee retoriese vrae en ‘n stellige uitspraak wat as’t ware aan almal gerig is wat hierna luister: “Wie wil dan nog teen My stand hou?  Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is?  Alles onder die hemel behoort aan My.” (41:1-2).

Die Here kan Homself skaars keer om te spog met die krag van die Leviatan en sê: “Ek wil nog verder praat oor die Leviatan, oor sy krag en sy liggaamsbou.” (41:3).  Ná hy weereens die Leviatan se krag met ‘n reeks van drie vrae geïllustreer het (41:4-5), wy die Here uitvoerig uit oor die ontsagwekkende bou en vermoë van die Leviatan, ‘n dier wat mitologiese en moontlik selfs simboliese trekke begin vertoon (41:6-25).

Job reageer daarop met ‘n diep bewondering vir die mag van die Here en kom tot inkeer voor dié God wat kan uitvoer wat Hy besluit (42:1-6): “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie.” (42:3).

God skep ontsagwekkende lewe op land en in die see – 40:1-28

Die Here beskryf in hoofstuk 40 in die eerste plek sy eie krag om ontsagwekkende lewe te skep op die land met verwysing na die Behemot (waarskynlik ‘n seekoei) – 40:10-19.  Hy vreet gras soos ‘n bees, maar niemand is in staat om hom van voor af te pak en ‘n vangtou aan sy neus te sit nie. Daarvoor is hy net te sterk: “net sy Maker kan hom verslaan.” (40:14).

In die tweede plek beskryf die Here sy krag om lewe te skep in die see met verwysing na die Leviatan (krokodil, meer waarskynlik seedraak).  In 41:23 kom die Hebreeuse woord jam voor wat eerder met see vertaal moet word, en daarom ook die vorige beskrywings van die Leviatan met die see verbind.  Met ‘n reeks van dertien vrae word die Leviatan se krag beskryf, ‘n krag wat op geen manier getem kan word nie – 40:20-28.

Jy kan hom nie met ‘n hoek vang of ‘n tou in die bek sit nie.  Jy kan hom nie soebat om genade nie of by hom mooipraat nie.  Hy sal op geen manier mak word dat jy vir hom met ‘n lyn kan vasmaak en as ‘n troeteldier vir jou dogtertjies gee om mee te speel nie!  ‘n Mens kan nie eers ‘n harpoen deur sy vel gooi nie.  As jy hom sien, is jy eintlik alreeds oorweldig!

Twee keer nooi die Here Job uit om sy eie mag ten toon te stel, eerstens teenoor die goddeloses wat hy só graag wil aanvat en regsien (40:5-9), en tweedens teenoor die Leviatan wat duidelik ver bo Job se liga is (40:27-28).  Indien hy egter die Here kan verras, is die Here bereid om na hom te luister!  Dit is egter duidelik dat Job nie kan nie, en dat hy die goddeloses in die hande van die Here moet laat, net soos die magtige diere van die land en see net deur God hanteer kan word.

Die punt van dié gedeelte is dat God se beslissing reg is, vertrou kan word, en nie tot niet gemaak kan word nie (40:3).  Job kan homself dus nie deur sy eie mag red nie (40:9).  Net God kan.

Wie wil dan nog teen My stand hou? – 41:1-25

Dit word opgevolg in hoofstuk 41 met twee retoriese vrae en ‘n stellige uitspraak wat as’t ware aan almal gerig is wat hierna luister: “Wie wil dan nog teen My stand hou?  Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is?  Alles onder die hemel behoort aan My.” (41:1-2).  Die Here kan Homself skaars keer om te spog met die krag van die Leviatan en sê: “Ek wil nog verder praat oor die Leviatan, oor sy krag en sy liggaamsbou.” (41:3).

Ná hy weereens die Leviatan se krag met ‘n reeks van drie vrae geïllustreer het (41:4-5), wy die Here uitvoerig uit oor die ontsagwekkende bou en vermoë van die Leviatan.  Die skubbe op sy rug wat hom ondeurdringbaar maak, sy ontsagwekkende voorkoms, en sy ontsagwekkende groot krag wat almal wat hom sien oorval met angs.

Sy vleis is só styf saamgepak dat dit lyk asof hy uit metaal gegiet is.  Almal vlug voor hom en niks bedreig hom nie.  Hy laat die diep water kook; “Agter hom lê ‘n blink streep op die water (see), lê die diep water wit van die skuim.” (41:23).  Selfs op die land is daar vir hom geen gelyke nie: “Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.” (41:25).

Dit is duidelik uit die beskrywing van vonke, vuur, rook, en vlamme (41:9-12) dat die Leviatan mitologiese en moontlik selfs simboliese trekke begin vertoon vanuit God se perspektief (41:6-25).  Die Leviatan word dan ook in die res van die Skrif as ‘n veelkoppige seedraak geteken (Jes. 27:1; Ps. 74:14; 104:26) en uiteindelik ook met die Satan verbind (Openb. 12:9; vgl. my bydrae: Openbaring 12 – God beskerm sy kerk teen alle aanslae van die draak).

‘n Mens kan nie anders as om te wonder of dit nie ‘n verskuilde verwysing na die hemelse gesprekke in Job 1-2 bevat nie, hoewel ‘n mens uiteraard só iets nie met sekerheid kan bewys nie.  Geleerdes is daaroor verdeeld, maar ‘n mens kan wonder!

Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie – 42:1-6

Job reageer op hierdie beskrywing van God se mag op land en see met ‘n diep bewondering vir die feit dat die Here: “tot alles in staat is”, en dat Hy kan uitvoer wat Hy besluit.  God se mag is nie beperk deur enigiets nie behalwe sy eie soewereine besluit.

Job besef daarom dat hy regdeur sy gesprekke met sy drie vriende oor dinge gepraat het wat hy nie regtig begryp het nie, en daarmee God se bedoelinge verduister het met sy lewe.  Sy lewe was ‘n vertoonvenster aan beide die hemel (Satan) en die aarde (sy vrou en vriende) van God se bedoelinge, en hoewel hy aan sy vroomheid vasgehou het, en volhard het ten spyte van alles, het hy nie genoegsaam God as sodanig aan die orde laat kom in sy lewe nie, en bygedra daartoe dat God se bedoelinge deur sy eie besware bevraagteken is.

Daarom bring hierdie eerstehandse ervaring van God se mag, maar ook sy moeite om met Job in gesprek te tree, vir Job tot inkeer, want, “nou het ek U self gesien.” (42:5).

Hy sit dus op die ashoop, nie meer van sy verlies nie, maar die ashoop van sy berou, sy erkenning dat hy in alles van God afhanklik is, en dat die enigste doel van sy lewe is om God se bedoelinge met hom te openbaar.

Die laaste bydrae word vanmiddag 16:00 gestuur sodat mense in Somerstrand genoeg tyd het om voor te berei vir Woensdag se laaste groepsessie 18:00 in die konsistorie.  1189 hoofstukke is dan klaar gelees. Soli Deo Gloria.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda