Skip to main content

Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die arrogante en selfversekerde Sofar praat in die eerste rondte veral uit ‘n intellektuele deurskouing van die lewe: “As jy jou verstand reg wil gebruik … kan jy jou kop sonder skaamte oplig.” (Job 11:13,15).  Sofar het ‘n antwoord op alles, en hy spaar Job nie.  Job is volgens hom duidelik skuldig.  God het nog nie eers begin om hom vir al sy sondes te straf nie (11:1-6).  Job begryp nie werklik wie God is nie.  Hy tree soos ‘n idioot op as hy dink dat hy ‘n greep op die kennis van God het (11:7-12).  Job moet net sy hande in gebed na die Here toe uitsteek, sy sonde van hom af verwyder en nie toelaat dat onreg in hom woon nie.  Dan sal God sy lot verander en hy weer goeie vooruitsigte hê (11:13-20).

Job is skuldig – 11:1-6

Sofar is duidelik geïrriteer met Job en beskou sy treurmare as ‘n poging om homself te regverdig.  Dit is eintlik lasterlik, want Job beskou homself as onskuldig voor God.  As die Here die moeite wou doen om iets te sê, sal Hy verseker Job weerspreek het. God is nog nie eers regtig besig om Job vir ál sy sondes te straf nie.  Daar wag dus nog eintlik meer trauma vir Job, weens sy onverklaarde sonde.  Wreed!

Geen wonder dat die Here aan die einde Hom so duidelik distansieer van hierdie tipe onsin toe Hy wel aan die orde kom en met hulle almal in gesprek tree.

Job verstaan nie werklik wie God is nie – 11:7-12

Sofar begrond sy wysheid in sy vlymskerp intellek, en minag Job se kennis van God: “Hoe kan jy daarby uitkom?” Die kennis van God is omvangryk, en geen mens kan dit eintlik heeltemal verstaan nie, veral nie iemand wat deur God gevange geneem is en gevonnis is, soos dit in Job se geval duidelik vir Sofar blyk.

Die Godsbeeld wat Sofar teken, is van ‘n God wat nie net omvangryk in sy wysheid is nie, maar ongelooflik puntenerig in sy maatstawwe, wat mense vir goed straf waarvan hulle nie eers ‘n benul het nie.

Sofar beskuldig Job van skynheiligheid waarin hy sy eintlike sonde verberg.  Dit is egter idioties en sal hom net so min in sak bring as wat ‘n wildedonkievul ‘n hoop het om ‘n mens te word as hy gebore word.

Job moet sy verstand gebruik en sy skuld bely – 11:13-20

In die laaste deel kry ‘n mens die idee dat Sofar se vlymskerp tong eintlik bedoel is om Job van valse hoop te vrywaar en sover te kry om sy hande in gebed na God toe uit te steek, sy sonde te verwyder, nie toe te laat dat die onreg in hom woon nie, en sy hoop op ‘n lotsverandering deur God te plaas.  Hy beoefen ‘n soort wrede genade.  Hy is: “cruel to be kind.

Gebed is natuurlik ‘n ongelooflike stuk vertroosting in ‘n mens se verhouding met God, veral as jy rekening hou met sy genade en barmhartigheid.  Hy beloon dié wat Hom soek (Hebr. 11:6). Daarop kan ons reken.

Sofar se probleem is egter dat daar geen genade is in sy tipe raad nie, dat sy wreedheid uiteindelik net wreedheid bly.  God se genade is volgens hom ondergeskik aan God se  geregtigheid, nog erger aan Sofar se idee van God se geregtigheid.  God sal, volgens hom,  eerder straf as wat Hy sal vergewe.  Wat ‘n mens versigtig moet maak vir ‘n verkeerde toepassing van “tough love”, omdat jou oordeel in ‘n situasie, veral wanneer jy nie al die feite het nie, totaal destruktief kan wees.

Job sal nie weer die lig van nuwe vooruitsigte ervaar deur sy verstand te gebruik of valslik sy skuld voor te gee nie, veral nie omdat iemand hom op ‘n wrede manier wil wakker skud om sy gewaande skuld te bely nie.  Job sal net genoegdoening in ‘n ontmoeting met God kan bereik. En dit is al waartoe vriende dié wat ly moet begelei.

En dit is waarvoor Job steeds pleit, soos hy in die volgende drie hoofstukke verder sal aanroer.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda