Skip to main content

Ons lees die boek Job van 12 Januarie af

Ek het my voorbereiding vir die boek Job klaargemaak:

  • Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
    Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

    Ek is getref deur Job se deurbreking van ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie. God se wêreld is meer kompleks as dit.

  • Ek is getref deur die antwoord op die vraag na regverdigheid – kan ‘n mens staatmaak daarop dat dinge reg uitwerk? In ‘n ontmoeting met God lê insig en lotsverandering opgesluit.

  • Ek is getref deur die vraag na vroomheid – sal ‘n mens lojaal bly aan God al gebeur wat ook al met jou? Ek is geïnspireer deur Job se voorbeeld van volharding in alles, en sy gebed wat God se toekoms vir ander oopsluit.

Ek begin 12 Januarie met die plasing van die inleidende bydraes en eindig met hfst. 42 op 16 Maart DV.  Die eerste byeenkoms vir saamgesels oor die boek Job in NGK Somerstrand is 13 Januarie 18:00.

Daar is soos altyd ook opsies vir kleingroepe en gemeente Bybelskole.  Jy kan hier registreer om die bydraes in jou Inbox te kry.  Dit is gratis.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Jesaja 1Hi Elsa, jy is welkom. Hier is die skakel: https://bybelskool.com/jesaja-1/
  • jan Smith on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienisOpenbaring 11 - Kan dit wees dat die twee getuies tans lewendig word? in die lig van die chaos wereld-wyd
  • Elsa Perold on Jesaja 1Ons is 'n Bybelstudiegroep in Tulbagh en wil die boek Jesaja bestudeer. Ek het onderneem om meer oor oorsprong en rede vir die boek Jesaja asook die profeet Jesaja na te vors. Ek moet ook Hoofstuk 1 voorberei vir volgende Woensdag. Ek wil weet of ek die materiaal rondom Jesaja wat deur uself saamges…
  • Chris van Wyk on Psalm 82Hi, ek verstaan. Ek het die subscribe opsie afgesit, want dit is in elk geval in 'n widget aan die regterkant, maar die cookies is 'n belangrike een vir "consent". Dit kan ek nie afsit nie, en behoort nie baie te verskyn nie.
  • optimistica231f5e58a on Psalm 82Beste Chris. Jammer, maar ek moet die medium gebruik om jou in te lig omtrent die "Subscribe" boodskappe wat my deesdae verpes. Ek kan jou nie op ander "comments" kontak en moet vra hoekom na ek ingeteken het en weer "Subscribe" het soos hul vra, weee en weer die boodskap oor Cookies en Subscribe kr…
  • Chris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanDankie Doreen, waardeer.
  • Doreen Snyders on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanGoeiedag, net om baie baie dankie te sê vir al u wonderlike en insiggewende bydraes wat ons so gereeld ontvang. Ek besef hoe geweldig baie die navorsing en skrywe daarvan verg. Nogmaals dankie. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanDankie Chris, my voorreg.
  • Chris van Zyl on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanBaie dankie Chris vir die ekstra waarde wat jy toevoeg deur die interpretasies en kontektuele uitleg van die Bybel met ons te deel. Dit alles maak baie sin. Mag God jou seën met hierdie bydraes tot geestelike groei. Voorspoed.
  • Chris van Wyk on Esegiël 45-46👍
  • Louisa Meyer on Esegiël 45-46Ek staan al hoe meer verwonderd oor die volledigheid van Godse woord en die relevansie van elke gedeelte. Baie dankie.
  • Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor KersfeesHi Richard, jy is reg, maar die belangrike is om nie saam te doen nie, en die dag as 'n Christusfees te vier, terwyl 'n mens in hierdie tyd fokus op uitreik na ander, en ook familiewees vier. Groete.
  • Richard on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor KersfeesMôre oom Chris. Gaan dit goed? Dankie vir hierdie skrywe, wat seker vir altyd in debat sal wees, ongelukkig. Nietemin, ek wil tog vra vir ń nuwe artikel rakende die onverantwoordelikheid waarmee ons Kersfees vier. Wat ek bedoel is die volgende: Hoe kan ons derduisende rande spandeer aan bome, liggie…
  • Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018Die Bybel, soos jy weet, het geen probleem met die matige gebruik van drank nie, en verbind dit baie keer met feestelikheid, bv as drankoffer (Num 28:7) en tydens die fees van die tiendes (Det 14:26). Dit was wel verbode vir sommiges onder sommige omstandighede: vir Leviete wat in die tent van samek…
  • Wilma Heydenrych on PREKE: 2008 TOT 2018Goeiemore Pastoor. Ek het iets wat my vreeslik pla en dis die verkoop van sterk drank deesdae by ons kerk kermisse/besaars... ek is lid van die NG Kerk...ek is nie daarmee gemaklik nie aangesien ek weet wat alkohol aan mense/families doen... kom uit so huwelik... Ek weet en verstaan die gebruik van…