Skip to main content

Job 27 – So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

In hoofstuk 27 sluit Job by sy heel eerste worstelgesprek in hfst. 3 aan wat gehandel het oor die angs wat hy verduur oor die verlies van sy goed en besittings.  Ná hy in hoofstuk 26 gekla het oor die sinnelose raad van sy vriende en die onverklaarbaarheid van God se misterieuse karakter, fokus hy nou op sy onregverdige en onskuldige lyding (27:1-12).

Dit bly verstommend en inspirerend dat hy steeds bly by sy voorneme om niks te sê wat verkeerd is nie: “so lank as die asem van God in my is.” (27:3-4).  Hy sluit sy klag af met ‘n verwysing na die lot wat God uitmeet vir die goddeloses, wat eintlik ‘n implisiete teregwysing van sy vriende is, soos die gebruik van die meervoud waarskynlik aantoon (27:13-23).

So lank ek lewe, sal ek niks sê wat verkeerd is nie – 27:1-12

Job se onwrikbare keuse om by die Here te bly, en aan Hom getrou te lewe, sonder om selfs iets verkeerds te sê, terwyl hy steeds worstel met die oorsake van sy lyding en verydeling, bly ongelooflik.  Wat egter begin duidelik word, is dat Job werk met die fundamentele waarheid dat hy alles wat hy ontvang het, sy goed en sy gesondheid, van God self af ontvang het.

Dit is omdat God leef, dat hy wat Job is leef.  Dit is omdat die asem van God in hom is, dat hy wat Job is enigsins kan praat.  Dit is omdat God die lewe gee, dat hy in gesprek kan tree met God. Daarom bly Job se getrouheid aan die Here absoluut, verlaat hy nie sy voorneme om die Here te dien nie, selfs al kan hy dié God nie verstaan nie, en tref die onverstaanbaarheid van onskuldige lyding hom in al sy felheid.

Maar, omdat hy van albei dinge oortuig is: dat God in beheer is van die lewe, en dat hy nie iets verkeerd gedoen of gesê het nie, help dit hom om weerstand te bied teen die beskuldigings van sy vriende.  Hulle onbegrip vir sy situasie kom vanaf hulle onbegrip van wat God regtig besig is om te doen. Daarom kan Job dit afwys as ‘n sinnelose gepraat.  Uiteindelik steur hy hom nie aan hulle perspektiewe nie, want dit is nie waar nie: “tot my dood toe sal ek volhou dat ek onskuldig is.  Ek bly daarby dat ek reg het, ek sal daarvan nie afsien nie.” (27:5-6).

Job se vriende het sy vyande geword met hulle verkeerde interpretasie van sy lewe.  Dit illustreer ook hulle verdraaide Godsbewussyn.  Hulle sê die regte goed oor God, maar in die verkeerde situasies. Daarom bring hulle woorde nie hoop nie, en wens hy hulle die lot van die goddeloses en die godloses toe.

Die Almagtige blaas die goddeloses weg uit hulle plek – 27:13-23

Job dink weer na oor wat die drie vriende oor die goddelose gesê het, en gee hulle toe dat God uiteindelik optree teenoor die goddeloses, maar maak dit eintlik op hulle van toepassing.  Dié wat nie reg praat oor God nie, dié wat Hom nie waarlik dien nie, dié wat Hom nie regtig erken nie, dié beleef dat hulle voorspoed tydelik is: “Die goddelose se huis is tydelik, soos ‘n kokon vir ‘n mot.” (27:18).

Die goddelose gaan slaap as ‘n ryk man, maar vind dat alles weg is, as hy weer sy oë oopmaak (27:19).  Soos hy sonder genade geleef het, só storm die wind op hom af sonder genade: “Die wind klap sy hande van blydskap terwyl hy die goddelose uit sy plek wegblaas.” (27:23).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda