Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie!

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elihu se tweede toespraak kan in twee dele ingedeel word op grond van die feit dat die drie vriende in die eerste deel aangespreek word (34:1-15) en Job in die tweede deel (34:16-37).

  • God doen niks verkeerd nie! Elihu haal ‘n vraag van Job uit die tweede gespreksrondte aan en verwoord dit as ‘n stelling in vers 3: “Die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.” (vgl. 12:11).  Met hierdie subtiele aansluiting by Job se eie woorde nooi hy dan die vriende uit om Job se woorde te toets en as ongeldig te bevind.
  • Job se woorde is sonder insig. Elihu neem een van die vriende, Sofar, se fokus op die verstand: “As jy jou verstand reg wil gebruik …” (11:13), en daag Job uit om sy verstand te gebruik en met Elihu saam te stem dat God nie op enige manier skuldig bevind kan word aan enige partydigheid of onregverdigheid nie.  Dit moet Job wees wat êrens gefouteer het, en nou die prys daarvoor betaal.  Job se woorde toon daarom geen insig nie.

God doen niks verkeerd nie! – 34:1-15

Elihu haal ‘n vraag van Job uit die tweede gespreksrondte aan en verwoord dit as ‘n stelling in vers 3: “Die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.” (vgl. 12:11).  Met hierdie subtiele aansluiting by Job se eie woorde nooi hy dus die vriende uit om Job se woorde te toets en as ongeldig te bevind.

Hy som Job se standpunt op dat God nie aan hom reg laat geskied nie, al is hy onskuldig (34:5).  Hy gaan selfs so ver as om Job te verkwalik dat hy sê dat hy vir ‘n leuenaar gehou word, hoewel Job nooit só iets gesê het nie (34:6).  Job het juis nooit hom oorgegee aan laster nie, selfs toe sy vrou hom probeer oorreed het om God te vloek (seën).  Hy was ook nooit ‘n vriend van dié wat onreg doen nie (34:8).  Hy het juis met groot sorg sy vroomheid in sy verlies intakt probeer hou.

Die toppunt is dat Elihu beweer dat Job sou gesê het dat dit ‘n mens niks baat om die wil van God te doen nie (34:9).  Dit is van alle waarheid ontbloot.  Al wat Job op ‘n punt gesê het, is dat die verwagte voordeel nie altyd vir die vrome vervul word nie (21:23-26), en dat die verwagte oordeel nie altyd op die goddelose en godlose voltrek word nie (21:7).  Daarmee het hy nooit bedoel of selfs gesuggereer dat dit nie die moeite loon om God te dien nie.  Hy het inteendeel tot die einde toe volhard in sy vroomheid, soos hfst. 31 so roerend gestel het.

Wanneer Elihu dus in vers 10 die vriende oproep om na die waarheid van sy wysheid te luister: “God doen nie verkeerd nie,” dan is hy in feite reg, maar in toepassing verkeerd.  God gee nie net vir mense wat hulle verdien nie (34:11), want dan sou die hele konsep van vergifnis en genade per definisie onmoontlik wees.

Dit ís so dat God Almagtig is en dat Hy oor die hele skepping kan besluit, sonder dat Hy enigsins aangestel is om dit te doen.  Hy beskik oor lewe en dood omdat Hy die soewereine Skepper is, ja, dit is waar. Maar, daaruit kan ‘n mens nie alles wat Hy doen in die konkrete omstandighede van elke moment van keuse verklaar nie.  Dan sou mag altyd reg wees, maak nie saak wat die detail van ‘n saak is nie.  Absolute mag sou dan Absolute reg wees.  En dit is ‘n wanvoorstelling van God en van hoe Hy by dié wêreld betrokke is.

Job se woorde is sonder insig – 34:16-37

Elihu neem een van die vriende, Sofar, se fokus op die verstand: “As jy jou verstand reg wil gebruik …” (11:13), en daag Job uit om sy verstand te gebruik (34:16) en met Elihu saam te stem dat God nie op enige manier skuldig bevind kan word aan enige partydigheid of onregverdigheid nie.  Dit moet Job wees wat êrens gefouteer het, en nou die prys daarvoor betaal.  Job se woorde toon daarom geen insig nie.

God is op geen manier partydig teenoor leiers nie, en net so bevoordeel hy ook nie die ryke bo die arme nie (34:19).  Hy het hulle immers almal gemaak en kan oor hulle lewe en dood besluit.  Trouens, hy sien elke tree van elke mens, maak nie saak waar hulle gaan nie.  Niemand kan vir Hom wegkruip nie: “Hy sien alles raak wat hulle doen.” (34:25).  En God bewys dié alsiendheid en alwetendheid deur sy almag te gebruik om goddeloosheid te straf: “waar almal dit kan sien.” (34:26).

Teen dié oordele van God kan niemand in opstand kom nie, want God is nie beskikbaar daarvoor nie. Al wat Job kan doen, is om vir die Here te sê dat hy nie weer sal oortree nie, en sy minagting vir God te los (34:31-33).  Job moet dié pad kies, want dít is die pad van insig.

Ironies genoeg sluit hy dié tweede toespraak af met ‘n profetiese woord, wat waar geword het, al het hy dit waarskynlik nie self só bedoel nie: “Maar Job moet end-uit getoets word …”  (34:36).  Elihu gaan egter verder en ontkrag dié waar woorde deur daaraan by te voeg: “want sy argumente is dié van die goddelose mense.” Soos brutale Bildad is sy oordeel oor Job verdoemend ongenaakbaar.

Elihu maak dus dieselfde fout as die drie vriende.  Hy lei God se goedkeuring al dan nie af uit Job se ervaring van verlies.  Hy wil nie God se optrede bevraagteken nie, daarom moet Job verkeerd wees.  In plaas daarvan om rekening te hou met wat God self daaroor sal openbaar.  Job se skuld word gemeet met die skaal van sy verlies.  Hoe groter die verlies, hoe groter die skuld!

Daarom kan Elihu eintlik niks verder doen as maar net om Job tot bekering op te roep, want dit is al lens waarmee Elihu na Job se situasie kyk.  En dié bril sê Job is skuldig, en daarmee basta!

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: