Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat
Elihu word bekendgestel as die seun van Brakel, ‘n Bussiet uit die familie van Ram. Dit is moeilik om daaruit veel af te lei. Die naam Brakel is onbekend. Die pleknaam Bus word saam met Dedan en Tema (Elifas was ook van Tema) met die Edomiete geassosieer. Ram word weer met die stamboom van Dawid geassosieer (Rut 4:10). Sy afkoms en woonplek is verder onbekend, hoewel die betekenis van sy naam iets oor sy boodskap sê: “Hy is God.”
Dit is duidelik dat Elihu kwaad geword het. Dit word vier keer in die eerste vyf verse genoem. Hy het kwaad geword vir Job, sowel as vir die drie vriende. Die redes wat hy uitspel, is as volg. Eerstens het hy kwaad geword, omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie (32:2). Tweedens het hy kwaad geword, omdat die vriende Job nie reg kon antwoord nie, en nie sy skuld met hulle argumente kon aantoon nie (32:3).
Daarom kon hy nie langer stilbly nie, al was hy baie jonger as hulle, sê Elihu. Hy was huiwerig omat hulle grysaards was en hy die wysheid van die grysheid die voordeel van die twyfel wou gee. Maar helaas het hy agter gekom dat die gewig van die jare nie die gewig van die wysheid bepaal nie.
Maar nog dieper as dit – uit die ontvouing van die aanloop van sy motivering om te praat – kom ‘n mens agter dat daar ‘n meer fundamentele rede agter sy woede sit: “My gees dwing my om te praat.” (32:18). Dié gees identifiseer hy self in vers 8 as die gees wat van die Almagtige af kom.
Die Hebreeuse woorde wat hy gebruik kan op óf die menslike gees óf die goddelike Gees dui: “Maar dit is die gees (ruach – Gees, soos in Genesis 1:1, wat op die goddelike Gees dui) in die mens wat die mens insig gee, die gees (nesjâmâh – asem, soos in Genesis 2:7, wat op die menslike gees dui) wat van die Almagtige af kom.” Omdat albei “geeste” se oorsprong God self is, maak dit egter nie eintlik saak watter interpretasie jy aan die betekenis van “g(G)ees” toeken nie.
Ek hel bv. oor na die betekenis van God se Gees, omdat Elihu in 33:4 weer van die Gees praat en dit daar baie duidelik God se Gees is. Omdat hy die uitspraak oor God se Gees daar so direk verbind aan sy toespraak aan Job, dink ek dat hfst. 32 se verwysings ook na God se Gees verwys.
Hoe jy egter ook al daaroor dink, Elihu se punt is dat hy sy insig van God self af ontvang het.
Of Elihu reg is in sy interpretasie, is natuurlik ‘n volgende vraag, want Elifas het ‘n soortgelyke aanspraak gemaak in Job 4:15-16.
- In Elifas se geval het ons egter gesien dat die gees wat hy beskryf, waarskynlik ‘n leuengees was, veral gemeet aan die inhoud van hoe hy oor God gepraat het. Elihu se toesprake weerspieël ‘n beduidend meer genuanseerde teologie (Godskennis), soos ons sal sien. Elihu se aanspraak het dus meer om die lyf. Hy word ook nie deur die Here tereggewys aan die einde van die verhaal nie, teenoor die drie vriende vir wie daar versoening gedoen moet word.
- Daar is ook ‘n interessante verskil tussen dié twee se ervarings. Elifas het bang geword vir sy ervaring en het die gees as ‘n eksterne werklikheid, ‘n verskyning, ervaar. Elihu is darenteen van binne af geïnspireer om op te tree en het die g(G)ees se werking dus as ‘n interne werklikheid ervaar. Dit is meer in lyn met hoe die Gees in die NT ook opgetree het. Paulus praat bv. van sy gewete: “wat deur die Heilige Gees gelei word,” en die Gees wat saam met hom getuig (Rom. 9:1). Daar was egter ook ander ervarings (bv. Hand. 8:39 – “Toe … het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem.”).
Elihu wil daarom ook sy sê sê, want Job het nog nie met hom in gesprek getree óf na hom geluister nie. Hy sien die vriende is verslae, en het stil geword. Hy wil nou ook ‘n beurt hê om te praat: “Ek wil ook sê wat ek weet.” (32:17). Om die waarheid te sê: “Dit kook in my soos wanneer wyn nie klaar gegis het nie en selfs nuwe wynsakke wil laat oopbars.” (32:19).
Hy belowe dat hy nie partydig sal wees of enigiemand sal voortrek nie. Hy sal net sê wat die Here op sy hart lê. Want, só kan dit darem nie aangaan nie!
View all posts in this series
- Ons lees die boek Job van 12 Januarie af - December 29, 2015
- Inleiding op die boek Job - January 12, 2016
- Die boodskap van Job
- Job handel oor die vraag na regverdigheid
- Job handel ook oor die vraag na vroomheid
- Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie
- Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed
- Ander verwante verhale
- Indeling van die boek Job
- Lees, luister, leef
- Job 1 – Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer? - January 13, 2016
- Job 2 – Job bly vroom, al word hy sonder rede geruïneer - January 14, 2016
- Job 3 – Job vervloek sy geboortedag - January 15, 2016
- Job 4:1-5:1 – Elifas: Gee jou vroomheid jou geen hoop nie? - January 18, 2016
- Job 5:2-27 – Elifas: Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word
- Job 6 – Julle beskou medelye met ‘n vriend as ‘n las - January 20, 2016
- Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis
- Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring - January 22, 2016
- Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien? - January 25, 2016
- Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer
- Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig - January 27, 2016
- Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11 - January 28, 2016
- Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat - January 29, 2016
- Job 13:20-14:22 – As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe? - February 1, 2016
- Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is - February 2, 2016
- Job 16 – Verander van Vyand in Vriend - February 3, 2016
- Job 17 – Wees tog vir my ‘n borg, o God!
- Job 18 – Bildad: Die onheil wag jou gretig in, omdat jy God nie erken nie - February 5, 2016
- Job 19 – Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! - February 8, 2016
- Job 20 – Sofar: Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek - February 9, 2016
- Oorsig oor die tweede gespreksrondte – Job 12-20 - February 10, 2016
- Job 21 – Waarom bly die goddeloses aan die lewe?
- Job 22 – Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder - February 11, 2016
- ‘n Paar opmerkings oor ‘n moontlike ander lees van hfst. 24-27 - February 12, 2016
- Job 23 – My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange - February 15, 2016
- Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie? - February 16, 2016
- Job 25 – Bildad: God is groter as jy!
- Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat? - February 17, 2016
- Job 27 – So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie - February 18, 2016
- ‘n Oorsig oor die derde gespreksrondte – Job 21-27 - February 19, 2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - February 22, 2016
- Bydraes hervat weer Donderdag - February 23, 2016
- Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God - February 25, 2016
- Job 30 – Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie - February 26, 2016
- Job 31 – Ek bly verbind tot vroomheid - February 27, 2016
- Oorsig oor die gesprek van Elihu met Job en sy drie vriende – Job 32-37
- Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat - February 28, 2016
- Job 33 – Elihu 1: God hoef nie rekenskap aan jou te gee nie - February 29, 2016
- Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie! - March 3, 2016
- Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking - March 4, 2016
- Job 36-37 – Elihu 4: God se grootheid nooi ons uit om Hom te dien - March 5, 2016
- Job 38-39 – Wie is dit wat my bedoelinge dwarsboom? - March 7, 2016
- Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie - March 8, 2016
- Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job
- Gesprek met God bring bevryding - June 8, 2020
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Simoné
Wat beteken die naam Job in die Bybel?
Chris van Wyk
Indien die naam Job (אִיּוֹב – ‘Iyyôv) Hebreeus is, beteken dit “Vervolgde” of “Gehate”.