Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job reageer baie skerp sarkasties op sy drie vriende se raad aan hom: “Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet!” Hy het ook verstand, net soos hulle, en staan nie vir hulle terug nie.  Trouens, wie weet nie dié dinge wat hulle nou onder sy neus kom vryf nie!

Hy hanteer die verskillende gedagtes wat hulle het min of meer met minagting en raai hulle in die eerste deel aan om liewer stil te bly – hy het immers ‘n baie beter en meer omvattende idee as hulle van God se wysheid en betrokkenheid by die lewe (13:13-25) – sodat hy met die Here kan praat, iets wat hy dan inderdaad doen in die tweede deel van hfst. 13:20 af.  Sy gesprek met hulle (12:1-13:19) gaan dus oor in gebed tot die Here (13:20-14:22).

Bly liewer stil – 12:1-25

Peterson vertaal die moeilik verstaanbare vers 4 as volg: “I’m ridiculed by my friends: ‘So that’s the man who had conversations with God!’  Ridiculed without mercy: ‘Look at the man who never did wrong!’”  (The Message).  Job wys op ‘n sarkastiese wyse hoe hulle “wyshede” hom verteken en seermaak.

Dieselfde geld sy snydende kommentaar in vers 5 op hulle hantering van mense wat lyding ervaar en in die moeilikheid gekom het.  Hy wys hoe hulle vanuit ‘n posisie van kommerloosheid reageer teenoor hom wat in nood sit: hulle maak dit vir hom nog moeiliker om hom te “smaad” in sy ongeluk en te sê dat dit hoort eintlik so.  Hulle skop hom terwyl hy op die grond lê.

Hy gaan verder in vers 7-12 en gee op ‘n spottende wyse hulle tipe argumentasie weer soos ‘n mens aflei uit die enkelvoud “jy” wat hy in vers 7-8 gebruik.  Dit is asof hulle dink dat selfs die lewende diere, voëls en visse en die nie-lewende aarde beter as hy kan verstaan en dat hy by hulle moet gaan leer, so eenvoudig is sy situasie nou eintlik.

Maar, is sy verweer, wie weet nou nie dat die Here alles gemaak het nie.  Alles is in sy mag, en hulle moet liewer hulle woorde toets vir die diepte van die wysheid daarvan vóór hulle met hom in gesprek tree. Selfs hulle gedagte dat ouderdom wysheid bring, hou nie steek nie, want wysheid is eintlik iets wat net God kan gee.  Iets waarmee Jakobus in die NT saamstem!

Van vers 13-25 gee Job dus sy eie gedagtes oor die wysheid weer wat ‘n insiggewende en allesomvattende prentjie van God se betrokkenheid in die wel en wee van die mensdom is:

  • God gee wysheid, krag, raad en insig – vers 13.
  • God kan afbreek sonder dat iemand Hom kan keer. Hy beheer mense se lotgevalle – vers 14.
  • God kan sy mag wys deur droogte of vloede. Hy beheer die water – vers 15.
  • God gee mag en oorwinning. Hy is by beide die maghebbers as by dié oor wie mag uitgeoefen word – vers 16 – ‘n versoberende gedagte.
  • God beheer die lotgevalle van konings en hulle raadgewers, sowel as dié van priesters en die betroubares (oudstes), die vernames en die sterkes – vers 17-21.
  • God gee lig in donker, en maak lig donker, moontlik ‘n verwysing na sy beheer oor dít wat sigbaar is/word en dít wat verborge gehou word/is – vers 22.
  • God beheer die lotgevalle van die nasies – vers 23.
  • God beheer die lotgevalle van wêreldleiers – vers 24-25.

Ek wil met die Here praat – 13:1-19

Die prentjie van God se wysheid en betrokkenheid in die wêreld is alles dinge wat Job al persoonlik deurleef het en vir die waarheid daarvan kan hy instaan. Maar, selfs dié prentjie van God se wysheid en allesomvattende betrokkenheid in die lewe bring hom nie enigsins verder in sy begrip van sy eie situasie nie.  Hy het meer nodig.  Hy het God nodig.  Hy wil met hierdie Almagtige praat.  Dit is die enigste manier waarop hy rus vir sy siel sal kan kry.

Die drie vriende se rol in sy lewe is daarom nie positief nie en kom eintlik op leuentaal neer, omdat hulle nie reg oor God of oor hom praat nie – soos God inderdaad vir Job gelyk gee in die slothoofstuk van die boek.  Hy wys uit hoe hulle menings eintlik berus op ‘n poging om vir God in die bresse te tree, maar in die proses tree hulle eintlik met onreg en leuens op, omdat hulle nie vir hulleself (kan) vergewis van al die feite in die krisis wat Job beleef nie.

Bly dus liewer stil, sê Job, ek wil self met die Here praat.  Laat dan kom wat wil, al sou dit my dood kos.  Hy is gereed vir die “regsaak” met God.  Hy weet dat hy reg het.  Hy wil net hê dat die Here die pyn – wat hy as straf ervaar – sal wegneem, en dat die Here nie in sy verskyning hom sal verskrik nie.

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: