Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

In die eerste deel van Job se reaksie op Bildad in hoofstuk 26 sluit hy eintlik al sy vriende in, al praat hy in die enkelvoud en ontbloot met sy vyf vrae hulle fundamentele gebrek aan ‘n doelgerigte luister na God (26:1-4).  In die tweede deel van hoofstuk 26 brei Job uit op die misterieuse karakter van God wat uiteindelik alle mense se begrip ontglip (26:5-14).

In hoofstuk 27 sluit Job by sy heel eerste worstelgesprek in hfst. 3 aan wat gehandel het oor die angs wat hy verduur oor die verlies van sy goed en besittings ten spyte van die feit dat hy nie in sy vroomheid verslap het nie (27:1-12).  Hier kla hy oor sy onregverdige en onskuldige lyding, al bly hy steeds by sy voorneme om niks te sê wat verkeerd is nie: “so lank as die asem van God in my is.” (27:3-4).  Hy sluit sy klag af met ‘n verwysing na die lot wat God uitmeet vir die goddeloses (let op die meervoud) wat eintlik ‘n implisiete teregwysing van sy vriende is (27:13-23).

Met wie se hulp het jy gepraat? – 26:1-4

Job vra vyf skerp vrae om agter te kom waar sy vriende se hulp, bystand, raad, en insig vandaan kom: “Met wie se hulp het jy gepraat?  By wie het jy gehoor wat jy gesê het?” (26:4)

Daarmee onbloot Job meteens sy vriende se fundamentele probleem.  Hulle praat oor lyding gebaseer op hulle ervaring (Elifas), op die tradisie (Bildad) en op hulle intellektuele vermoë (Sofar). Job kan egter agterkom dat hulle dit nie by God gehoor het nie.  Dít is waarom hy eintlik kan saamstem met sommige van die beginsels wat hulle oor God en sy rol in die wêreld aanvoer, maar terselfdertyd ook kan agterkom dat hulle gevolgtrekkings nie vanuit ‘n doelgerigte luister na God in sy spesifieke situasie kom nie.

Dít is ‘n uiters belangrike opmerking van Job, iets wat hy uiteindelik ook op homself van toepassing maak toe God hom aanspreek uit die stormwind: “Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp nie.” (42:3).  Dit bly dus vir onsself ook ‘n belangrike vermaning.  Wanneer ons hulp wil verleen, bystand wil gee, raad wil aanbied, of insig wil deel, moet ons seker maak dat ons dit doen vanuit ons verhouding met God, vanuit ‘n luister na wat God wil.  Anders kan ons woorde ook as harteloos, onvanpas, en brutaal oorkom, soos dit toenemend van die vriende se raad waar was.

God se werke illustreer sy misterieuse karakter – 26:5-14

In die tweede deel van hoofstuk 26 brei Job uit op die misterieuse karakter van God soos dit in sy werke geïllustreer gesien kan word.  Hy verwys na die vele plekke waar God sy mag ten toon stel, hoewel die verklaring daarvan eintlik ons begrip ontglip: die doderyk, die hemelruim, die reën, die grens tussen lig en donker, die see, die wind, en: “Dit is maar die begin van sy dade, ons hoor net die gefluister van sy woorde. Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” (26:14).

Terloops, let op die beskrywing van die aarde wat hang waar niks is, d.w.s. in die ruimte, net soos die hemel ook uitgesprei is oor die leë ruimte.  Ook die interessante beskrywing van die grens tussen lig en donker wat saamhang met die horison op die see.  Hoewel dit digterlike taal is, dui dit op ‘n genuanseerdheid in die Bybelse hantering van die wyse waarop die aarde in die skepping geteken is.

Die aarde is nie net op pilare gegrondves, soos in ander gedigte gesê word nie, maar hang ook in die ruimte.  Ek het iets daaroor geskryf in hierdie artikel.  Daarteenoor word van die pilare van die hemel gepraat wat waarskynlik met die berge verbind kan word wat op digterlike wyse beskryf word as die plekke/pilare waarop die hemel rus.  Die belangrike punt is nie die presiese beskrywing nie, maar dat God daarvoor verantwoordelik is.  Voorwaar misterieus!

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hi Chris, baie dankie ek geniet jou Job oordenkings vreeslik baie. Ek skryf self heelwat, so ek weet hoe moeilik dit is om al die spelfoutjies op te tel. Hier is enetjie in een van jou opskrifte: Goe [moet wees God…] se werke illustreer sy misterieuse karakter – 26:5-14

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: