Skip to main content

Inleiding op die boek Job

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die verhaal van Job vind waarskynlik plaas in die tyd van die patriarge, Abraham, Isak en Jakob, soos uit die plekname en gebruike in die boek afgelei kan word.  Die boek het waarskynlik eers later tot stand gekom.

Job was egter nie ‘n Israeliet nie, maar van die land Us, ‘n gebied wat óf met die Arameërs in die Noord-ooste (Gen. 10:23; 22:21) óf met die Edomiete (Gen. 36:28) in die Ooste van Israel af verbind word.

Job se vriende was ook nie Israeliete nie.  Elifas was van Teman, ‘n naam wat ook met die Edomiete geassosieer word (Gen. 36:11).  Teman was bekend vir wysheid (Jer. 49:7).  Bildad was van Suag, ‘n naam wat ook met een van Abraham se seuns geassosieer word (Gen. 25:2).  Sofar was van Naäma, ‘n naam wat met die nageslag van Kain geassossieer word (Gen. 4:22) sowel as met ‘n stad in Kanaän (Jos. 15:41).  Dit is ook die naam van Rehabeam se ma, ‘n Ammonitiese vrou (1 Kon. 14:21).

Omdat die plekke nie verder geïdentifiseer word nie, is dit egter moeilik om enige afleidings daaruit te maak, behalwe dat dit waarskynlik met die geskiedenis vóór die totstandkoming van Israel as nasie geïdentifiseer word.

Dit word bevestig deur die vertelling van die mense uit Skeba (waarskynlik Arabiere) wat sy kinders oorval en hulle beroof het (Job 1:15) en die drie groepe Galdeërs (waarskynlik die voorloper stamme wat uiteindelik deel van die Galdeërryk van Nebukadnesar gevorm het) wat die kamele geroof het (Job 1:17 – die Griekse LXX vertaling vertaal dit net met “perderuiters”).

Dieselfde geld die feit dat Job aan die einde van die boek die offers van sy drie vriende ontvang en vir hulle bid (Job 42:8).  Hy tree dus as priester op waarskynlik vóór die kultus van Israel met die tabernakel en tempel tot stand gekom het.

Dieselfde geld ook sy ouderdom.  Soos die patriarge – hulle het tussen ‘n 100 en 175 jaar oud geword – het hy lank gelewe, meer as ‘n 140 jaar waarin hy die voorreg gehad het om sy latere kinders en kleinkinders tot in hulle vierde geslag te gesien het (Job. 42:16)

Job was aanvanklik baie ryk en ook invloedryk: “Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man”! (Job 1:3).  Ná sy lyding het dié rykdom en invloed egter nog verder toegeneem: “Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste.” (Job 42:12).

Veral sy drie dogters wat ná sy worsteling gebore is, was merkwaardig.  Nie net word hulle name genoem nie, Jemima, Kesia, Keren-Puk (die seuns se name word verswyg!), en was hulle besonder mooi nie, maar hulle het ook saam met hulle broers geërf, soos die geval later ook was met die dogters van Selofgad, as gevolg waarvan dié reëling in die wet ingeskryf is (Num. 27; 36).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!