Skip to main content

Inleiding op die boek Job

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die verhaal van Job vind waarskynlik plaas in die tyd van die patriarge, Abraham, Isak en Jakob, soos uit die plekname en gebruike in die boek afgelei kan word.  Die boek het waarskynlik eers later tot stand gekom.

Job was egter nie ‘n Israeliet nie, maar van die land Us, ‘n gebied wat óf met die Arameërs in die Noord-ooste (Gen. 10:23; 22:21) óf met die Edomiete (Gen. 36:28) in die Ooste van Israel af verbind word.

Job se vriende was ook nie Israeliete nie.  Elifas was van Teman, ‘n naam wat ook met die Edomiete geassosieer word (Gen. 36:11).  Teman was bekend vir wysheid (Jer. 49:7).  Bildad was van Suag, ‘n naam wat ook met een van Abraham se seuns geassosieer word (Gen. 25:2).  Sofar was van Naäma, ‘n naam wat met die nageslag van Kain geassossieer word (Gen. 4:22) sowel as met ‘n stad in Kanaän (Jos. 15:41).  Dit is ook die naam van Rehabeam se ma, ‘n Ammonitiese vrou (1 Kon. 14:21).

Omdat die plekke nie verder geïdentifiseer word nie, is dit egter moeilik om enige afleidings daaruit te maak, behalwe dat dit waarskynlik met die geskiedenis vóór die totstandkoming van Israel as nasie geïdentifiseer word.

Dit word bevestig deur die vertelling van die mense uit Skeba (waarskynlik Arabiere) wat sy kinders oorval en hulle beroof het (Job 1:15) en die drie groepe Galdeërs (waarskynlik die voorloper stamme wat uiteindelik deel van die Galdeërryk van Nebukadnesar gevorm het) wat die kamele geroof het (Job 1:17 – die Griekse LXX vertaling vertaal dit net met “perderuiters”).

Dieselfde geld die feit dat Job aan die einde van die boek die offers van sy drie vriende ontvang en vir hulle bid (Job 42:8).  Hy tree dus as priester op waarskynlik vóór die kultus van Israel met die tabernakel en tempel tot stand gekom het.

Dieselfde geld ook sy ouderdom.  Soos die patriarge – hulle het tussen ‘n 100 en 175 jaar oud geword – het hy lank gelewe, meer as ‘n 140 jaar waarin hy die voorreg gehad het om sy latere kinders en kleinkinders tot in hulle vierde geslag te gesien het (Job. 42:16)

Job was aanvanklik baie ryk en ook invloedryk: “Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man”! (Job 1:3).  Ná sy lyding het dié rykdom en invloed egter nog verder toegeneem: “Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste.” (Job 42:12).

Veral sy drie dogters wat ná sy worsteling gebore is, was merkwaardig.  Nie net word hulle name genoem nie, Jemima, Kesia, Keren-Puk (die seuns se name word verswyg!), en was hulle besonder mooi nie, maar hulle het ook saam met hulle broers geërf, soos die geval later ook was met die dogters van Selofgad, as gevolg waarvan dié reëling in die wet ingeskryf is (Num. 27; 36).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda