Skip to main content

Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Ná Job sy eie lot bekla het en sy angs oor die Almagtige se oënskynlik onverstaanbare optrede verwoord het, fokus hy in twee dele op die verdere onrusbarende feit dat hierdie Almagtige nie in sy almag optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie (24:1-17).  Hy is bewus daarvan dat die dood tog ook ‘n streep trek vir onregverdiges, waarin hy eintlik van die argumente van sy drie vriende eggo (24:18-25).

Die probleem daarmee is net dat dit vir Job lyk asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref.  Hoe kan dit reg wees?  Dít maak net nie sin vir Job nie.  God se oënskynlike onverskilligheid teenoor vromes en goddeloses bring groot verwarring vir hom.

Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met mense wat onreg doen nie? – 24:1-17

Job sou só graag wou hê dat die Almagtige in hierdie lewe al sal afreken met mense wat onreg doen: “Waarom moet dié wat Hom ken, tevergeefs uitsien na sulke dae?” (24:1).

Want die dinge wat onregverdige mense doen, druis in teen alles wat goed en reg is.  Job noem ‘n hele aantal dinge: grensverskuiwings wat grond van mense vervreem, diefstal van vee deur die vee met hulle eie troppe deurmekaar te maak, die verdrukking van weeskinders, weduwees, armes en behoeftiges wat in die proses ondergaan, en geen beskutting teen die uitdagings van die lewe het nie, selfs koud moet gaan slaap.

Let op hoe roerend hy die afgryslike dade teen weeskinders beskryf: “Die weeskind word weggeruk van die bors waaraan hy drink.” (24:9).  Families ly deur hierdie duistere dade honger en dors … en die ergste is, hulle: “roep om hulp, maar God slaan nie ag op die onreg nie.” (24:12).  God is oënskynlik onverskillig oor die lot van mense wat onreg ly.

Job beskryf in ‘n verdere deel van sy gedig die duister dade met dinge wat vanuit die wet van die Here as sonde beskryf word: moord (6de gebod), diefstal (8ste gebod)en egbreuk (7de gebod).  Hulle wil niks met die lig te doene hê nie: “hulle is tuis by die verskrikkings van die donker.” (24:17).

Die graf maak wel ‘n einde aan sondaars – 24:18-25

Job mymer verder oor die lot van sulke sondaars, soos sy vriende dit ook gedoen het, en kom in opstand dat hulle moontlik kan dink dat hy nie weet wat die uiteindelike einde van sondaars is nie: “Is dit nie so nie?  Wie kan my tot leuenaar maak?  Wie kan my woorde weerlê?” (24:25).

Hy sê, soos die vriende, dat sondaars onder ‘n vloek staan en dat die graf ‘n einde maak aan die sondaar (24:19).  Hulle word kos vir die wurms, selfs hulle eie ma’s vergeet hulle.  God onderwerp selfs die sterkes deur sy mag: “Hy gee miskien vir hulle ‘n gevoel van sekerheid … maar Hy hou dop wat hulle doen.  Net ‘n kort tydjie is hulle belangrik, dan is daar niks van hulle oor nie … hulle word soos koringare afgesny.” (24:23-24).

Maar, die onuitgesproke probleem wat Job het, is, maar hoe word daar dan ‘n onderskeid gemaak met die einde van die vrome?  Het vromes en goddeloses dan dieselfde einde?  Hoe kan dit wees?  Hoe kan dit regverdig wees?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…