Skip to main content

Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net ‘n asempie is – 7:1-10

Dat dié beproewing van Job al ‘n geruime tyd voortduur, sien ‘n mens in die verwysing in vers 3 na die “maande” wat hy al deurbring met swaarkry.  Hy voel soos ‘n dagloner wat smag na ‘n stukkie koelte en verlang na betaaltyd, sodat hy verlossing kan kry van sy harde lewe.

Daarom wend hy hom tot die Here, want hy weet dit is al plek waar hy enige rus sal kan vind.  Sy smart is immers so groot dat hy nie eers rus kry in die nag nie.  Hy weet dit sal net in ‘n ontmoeting met God kan gebeur.

Hoe goed kan ‘n mens nie jouself indink in sy situasie waarin hy oortrek is van wurms, vol rowe en stof, met sy vel vol barste wat aanhoudend etter (7:5).  “Die nag sleep stadig verby en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.” (7:4).

Daarom vra hy dat die Here aan hom sal dink.  Job is immers baie bewus van sy verganklikheid.  Sy dae loop vinnig uit.  Sy lewe is maar net ‘n asempie: “U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.” My plek sal vir altyd leeg wees.

In my bittere beproewing soek ek vergifnis – 7:11-21

Daarom kan Job nie stilbly nie en soek Hy ‘n antwoord van die Here.  Sy beproewing en lyding dwing hom om te praat met God.

Dit is asof die Here besluit het dat hy metafories soos die see is wat aan bande gelê moet word (vgl. Ps. 104:7-9), of soos ‘n seemonster  wat bewaak moet word.

Die woord vir seemonster wat hier gebruik word, is tannîn.  Die woord het verskillende betekenisse in die Bybel: slang (Eks. 7:9); draak (Jer. 51:34); see- of riviermonster (Gen. 1:21; Ps. 74:13 [figuurlik gebruik vir die Egiptenare]; Jes. 27:1 [waar dit ook parallel met die Leviatan gebruik word]; Eseg. 29:3; 32:2; Ps. 148:7 [waar die seemonster opgeroep word om die Here te loof!]).  Dit is waarskynlik laasgenoemde betekenis wat hier van toepassing is.

Selfs as hy op sy bed lê kry hy nie verligting van sy pyn nie, want die Here verontrus hom met drome en nagmerries.  Hy sou eerder dood wou wees: “Ek wil nie meer nie … laat my staan; my lewe is niks meer werd nie.

In ‘n tragiese parodie – ‘n spottende nabootsing – van Ps. 8 se verheerliking van die status van die mens verwoord Job sy bittere beproewing in die tweede helfte van dié gedeelte.  In plaas daarvan om in verwondering te vra: “Wat is die mens dan dat U aan hom dink … U het hom met aansien en eer gekroon” (Ps. 8:5-6), spot Job in verwonding daarmee: “Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart dra, dat U hom van dag tot dag toets, hom van oomblik tot oomblik op die proef stel?” (Job 7:17-18).

Waarom het die Here hom sy teiken gemaak.  Kan die Here hom dan nie maar vir ‘n oomblik uitlos, vir ‘n oomblikkie laat asem skep nie?  Ek wil nie langer ‘n las vir die Here wees nie!  As ek gesondig het, vergewe en vergeet dan tog maar, Here.  Anders sal ek dit nie maak nie.

Weggesluit in hierdie versoek dat die Here hom moet uitlos – Job wil nie langer ‘n las vir die Here wees nie – lê die evangelie van hierdie gedeelte opgesluit.  Want, dit is in die proses wat Job die Here direk vra dat Hy hom moet uitlos, dat Job nader skuif aan die Here, en só die weg begin oopmaak dat die Here hom in sy nood kan ontmoet.

Uiteindelik sal Job ervaar dat die Here hom inderdaad nooit gelos het nie, dat Hy in beheer is van Job se lot, selfs in die pyn van al die tragedies wat hom getref het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!