Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job antwoord die brutale Bildad in hoofstuk 9 met ‘n bevestiging: “Ek weet dit is soos jy sê: Wie kan sy saak teen God wen?” (9:2).  Maar brei dan in sy antwoord uit op sy beswaar dat dit God is: “wat my met ‘n stormwind pynig (sy kinders is immers dood in ‘n stormwind!), wat my (met) baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien.” (9:17).  Sy lyding is onverdiend wat hom laat besef dat God se grootheid wel voordele het, maar ook nadele, die eerste deel van sy antwoord (9:1-19).

Daarom is Job beswaard: “Ek is onskuldig!” (9:21).  As daar maar net iemand was wat tussen hulle kon kom staan (9:33), want hy is bang dit gaan nog erger met hom (9:28), die tweede deel van sy antwoord (9:20-35).

God se wysheid en krag het voordele en nadele – 9:1-19

Die omvang van die wysheid en krag van God is dus in ‘n sekere sin beide ‘n voordeel asook ‘n nadeel.  Dit is ‘n voordeel wanneer dit jou positief raak: “Hy hou die golwe van die see in bedwang.” (9:8).  Dit ‘n nadeel wanneer dit jou negatief raak, as Hy: “berge verskuif sonder dat hulle dit self agterkom.” (9:5).

Die feit dat God se dade groot is, vul ‘n mens dus met verwondering.  Dit is egter ook ondeurgrondelik, want wat Hy doen, kom ‘n mens baie keer nie eers agter nie.  En as jy dit wel agterkom, kan jy Hom nie keer nie.  ‘n Mens kan tog nie vir hom sê nie: “Wat doen U?” (9:12).  Jy kan nie met Hom in ‘n regsgeding gaan waarin jy jouself sal kan handhaaf voor Hom nie: “Al was my saak reg, sou ek nog nie kon antwoord op wat Hy vra nie.”  Hy sou hoogstens die Here: “om genade kon smeek.” (9:15).

Dit is dus die hart van Job se probleem; dat God groot is, maar nie in Job se situasie God se grootheid gebruik om Job te help nie, en toelaat dat hy onverdiend bitter lyding moet verduur.

As daar maar iemand was wat tussen ons kon staan – 9:20-35

Job is baie oortuig van sy onskuld, maar begin wonder of dit regtig saak maak of jy onskuldig of skuldig is.  Die feit dat lyding die onskuldiges ook tref, laat hom dink dit is eintlik om ’t ewe: “God vernietig jou tog.” (9:22).  “As dit nie Hy is wat dit doen nie, wie dan?” (9:24).

Tog, wil Job nie ophou om met die Here in gesprek te gaan nie, want netnou gaan dit nog swaarder met hom! (9:28).  Wat hy eintlik soek, is iemand wat tussen hom en God kan gaan staan, en in die saak tussen hulle kan oordeel en oor hulle albei onpartydig kon regspreek (9:33).

Job verwoord hier dus die diep behoefte aan ‘n Middelaar, iemand wat tussen ons en God kan staan en ons met mekaar kan versoen.  Dit is natuurlik iets wat in die NT aan Jesus verbind word.  Soos Paulus skryf aan Timoteus: “5Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.” (1 Tim. 2:5-6).

Wat van Jesus wonderlik is, is dat Hy dié Middelaar geword het vir alle mense – skuldig en onskuldig – en die weg na God oopgemaak het sodat ons ongehinderd met Hom kan praat en Hy met ons.  Waarna Job gesmag het, het vir ons ‘n werklikheid geword.

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hi Chris, dankie vir jou wonderlike werk Ek is besig om lekker deur Job te werk en vind jou opsommings uitstekend.

    Ek skryf self ook graag, en waardeer sit as mense my help met tikfoutjies. Sommer net ‘n klein dingetjie: Ek dink jou opskrif se een “wat” moet ‘n “was”wees in hoofstuk 9

    As daar maar iemand wat wat tussen ons kon staan – 9:20-35

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: