Skip to main content

Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Job antwoord die brutale Bildad in hoofstuk 9 met ‘n bevestiging: “Ek weet dit is soos jy sê: Wie kan sy saak teen God wen?” (9:2).  Maar brei dan in sy antwoord uit op sy beswaar dat dit God is: “wat my met ‘n stormwind pynig (sy kinders is immers dood in ‘n stormwind!), wat my (met) baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien.” (9:17).  Sy lyding is onverdiend wat hom laat besef dat God se grootheid wel voordele het, maar ook nadele, die eerste deel van sy antwoord (9:1-19).

Daarom is Job beswaard: “Ek is onskuldig!” (9:21).  As daar maar net iemand was wat tussen hulle kon kom staan (9:33), want hy is bang dit gaan nog erger met hom (9:28), die tweede deel van sy antwoord (9:20-35).

God se wysheid en krag het voordele en nadele – 9:1-19

Die omvang van die wysheid en krag van God is dus in ‘n sekere sin beide ‘n voordeel asook ‘n nadeel.  Dit is ‘n voordeel wanneer dit jou positief raak: “Hy hou die golwe van die see in bedwang.” (9:8).  Dit ‘n nadeel wanneer dit jou negatief raak, as Hy: “berge verskuif sonder dat hulle dit self agterkom.” (9:5).

Die feit dat God se dade groot is, vul ‘n mens dus met verwondering.  Dit is egter ook ondeurgrondelik, want wat Hy doen, kom ‘n mens baie keer nie eers agter nie.  En as jy dit wel agterkom, kan jy Hom nie keer nie.  ‘n Mens kan tog nie vir hom sê nie: “Wat doen U?” (9:12).  Jy kan nie met Hom in ‘n regsgeding gaan waarin jy jouself sal kan handhaaf voor Hom nie: “Al was my saak reg, sou ek nog nie kon antwoord op wat Hy vra nie.”  Hy sou hoogstens die Here: “om genade kon smeek.” (9:15).

Dit is dus die hart van Job se probleem; dat God groot is, maar nie in Job se situasie God se grootheid gebruik om Job te help nie, en toelaat dat hy onverdiend bitter lyding moet verduur.

As daar maar iemand was wat tussen ons kon staan – 9:20-35

Job is baie oortuig van sy onskuld, maar begin wonder of dit regtig saak maak of jy onskuldig of skuldig is.  Die feit dat lyding die onskuldiges ook tref, laat hom dink dit is eintlik om ’t ewe: “God vernietig jou tog.” (9:22).  “As dit nie Hy is wat dit doen nie, wie dan?” (9:24).

Tog, wil Job nie ophou om met die Here in gesprek te gaan nie, want netnou gaan dit nog swaarder met hom! (9:28).  Wat hy eintlik soek, is iemand wat tussen hom en God kan gaan staan, en in die saak tussen hulle kan oordeel en oor hulle albei onpartydig kon regspreek (9:33).

Job verwoord hier dus die diep behoefte aan ‘n Middelaar, iemand wat tussen ons en God kan staan en ons met mekaar kan versoen.  Dit is natuurlik iets wat in die NT aan Jesus verbind word.  Soos Paulus skryf aan Timoteus: “5Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.” (1 Tim. 2:5-6).

Wat van Jesus wonderlik is, is dat Hy dié Middelaar geword het vir alle mense – skuldig en onskuldig – en die weg na God oopgemaak het sodat ons ongehinderd met Hom kan praat en Hy met ons.  Waarna Job gesmag het, het vir ons ‘n werklikheid geword.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda