Skip to main content

Oorsig oor die tweede gespreksrondte – Job 12-20

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

As ‘n mens terugkyk op die tweede rondte van gesprek raak dit duidelik dat die drie vriende van Job net sterker raak in hulle verdediging van die vergeldingsdogma wat hulle aanhang.  Job moes iets verkeerd gedoen het vanuit hulle perspektief.  Alle feite rondom die verlies van sy goed en sy gesondheid dui vir hulle daarop.

Dit raak egter ook al hoe duideliker dat hulle Job nie van sy diep soeke na ‘n regverdige behandeling deur God gaan beweeg nie.  Trouens, niks sal hom keer om te volhard in sy vasgryp aan God, selfs al kos dit hom sy lewe nie.  Hy wil liewer hê dat hulle moet stilbly, want hy wil met die Here praat (Job 12).

Dit is interessant om te sien hoe die lyding Job se insig in wie God is, begin verruim:

  • Job begin nadink oor vergifnis en die hoop op die ewige lewe (Job 13-14). Twee van die gawes wat ons as NT Christene uit die hand van God ontvang het, die omvang waarvan Job nog net kon droom.
  • Job bid dat die Here vir hom van ‘n vyand in ‘n vriend sal verander (Job 16). Iets wat vir ons in die Here Jesus Christus volledig waar geword het, maar tog uiteindelik ook Job se ervaring was.
  • Job soek eerder simpatieke vertroosting van sy vriende as hulle simplistiese veroordeling. Iets wat ons ter harte kan neem in ons eie verhouding met mense.  Maar as sy vriende dan nie vir hom borg kan staan nie, dan vra hy dit ironies genoeg van God self (Job 17)!  Iets waarop ons ook kan staatmaak.
  • Midde in sy pyn en lyding gee Job daarby ‘n uitnemende getuienis gerig aan die adres van sy drie vriende: “Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!” (Job 19:25). Job verklaar hiermee nie nie net sy hoop vir sy eie persoonlike verlossing nie, maar sy hoop vir die hele aarde.  Die droom van God se totale verlossing wat steeds in Job se hart brand, is dat alles wat moontlik afbreuk kan doen aan God se plan met die mensdom, onder sy heerskappy geplaas sal word, en dat God sal triomfeer in die lewe van mense op aarde.

Daarteenoor staan die onverbiddelik eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie van sy drie vriende waarin God se genade geen rol speel nie:

  • Elifas hou vol dat Job se swaarkry en lyding bewys dat hy goddeloos is, gebaseer op sy eie ervaring (Job 15). Hy is selfs bang dat Job se woorde mense sonder eerbied vir God sal laat. Maar ‘n mens kom agter dat Elifas eintlik geen probleem het om sy eie woorde as dié van God te beskou nie! Elifas matig hom daarmee ‘n goddelike rol aan in Job se lewe, eerder as dat hy saam met Job die Here se aangesig soek.
  • Bildad bly brutaal in sy ontleding van die situasie en die uitkoms wat hy sien, gebaseer op die tradisie: “die onheil wag jou gretig in, omdat jy God nie erken nie” (Job 18). Teenspoed beteken vir hom God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring. Dit is sy rigiede standpunt uit die tradisie wat hy ten alle koste gaan verdedig, kom wat wil.
  • Sofar se intellek bly vlymskerp in sy veroordeling: “Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek” (Job 20)! Waar Job se oortuiginge oor God die verbeelding van ‘n verlossende toekoms van God vir skepsels en skepping begin oopmaak, bly Sofar by sy beperkende intellektuele argumentering oor die lot van die goddelose.  Die probleem met Sofar se argument is egter nie dat hy noodwendig verkeerd is oor die uiteinde van mense wat goddeloos of godloos lewe. Sofar se probleem is dat hy glad nie rekening hou met God se genade nie, en nog meer as dit, dat hy uit Job se krisis aflei dat Job self goddeloos en godloos lewe.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda