Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Elifas gaan verder om vanuit sy eie ervaring (15:17), gerugsteun deur die woorde van die wyse mense (15:18), Job die leviete voor te lees.  In die eerste deel – 15:1-16 – fokus hy op die feit dat Job vanselfsprekend sondig moet wees.  In die tweede deel – 15:17-35 – fokus hy op die feit dat die goddelose deur angs geteister word (15:20) – en let op dat hy ‘n direkte verband tussen Job en die goddelose trek – en die dood nie sal vryspring nie (15:30). Dít moet Job tot inkeer bring, sodat hy sy sonde voor God kan bely en hy nie sy woede só op God moet rig nie (15:13).

Waarom is jy so woedend vir God? – 15:1-16

Elifas is ontsteld oor Job se gedagtegang en dink dat hy van beter behoort te weet.  Hy is bang dat sy niksseggende woorde mense sonder eerbied vir God sal laat, só asof Job self God is.  Hy is tog nie wyser as dié wat voor hom gekom het nie.  Hy het nie alleenreg op die wysheid van God nie: “Wat weet jy wat ons nie weet nie?” (15:9).

Let op hoe Elifas geen probleem het om sy eie woorde as dié van God te beskou nie!  “Beteken die troos wat van God kom, vir jou niks, die woorde wat met soveel deernis tot jou gerig is?” (15:11).  Dit lyk asof Elifas baie moeilik ‘n onderskeid tref tussen sy eie woorde en dié van God, gegewe dat hy van ‘n nagtelike gesig in sy eerste toespraak gepraat het – 4:12-5:1 – wat aan hom die boodskap oorgedra het dat geen mens ooit onskuldig kan wees in die oë van God nie, soos hy hier ook weer aanvoer: “Hoe kan ‘n mens rein wees?  Hoe kan ‘n sterfling onskuldig wees?” (15:14).

Dié boodskap was bedoel as ‘n troos aan Job, hoewel ‘n mens natuurlik wonder, soos ek vroeër geskryf het, of hierdie gesig nie ‘n bose oorsprong gehad het nie vanweë die hopelose inhoud daarvan nie.

Elifas se hoogmoed en selfversekerdheid moet ‘n mens baie versigtig maak vir die gewig wat jyself aan jou eie woorde heg wanneer jy met ander in gesprek is. Dit is asof Elifas moeilik ‘n onderskeid tref tussen sy woorde en dié van God – en dit is altyd ‘n resep vir rampspoedige raad.

Goddeloses kry hulle verdiende loon – 15:17-35

Elifas gaan voort om sy verstaansraamwerk oor wat met goddeloses gebeur met Job te deel.  Dit kom uit sy eie ervaring, maar ook gerugsteun deur die woorde van die wyses.  Hy gebruik die metafoor van ‘n enkele goddelose individu wat duidelik – in sy verstaan – op Job van toepassing gemaak kan word.

Die goddelose word sy hele lewe lank deur angs geteister, hy verval onder rowers, hy word kos vir die aasvoëls, en swaarkry en lyding storm op hom af.  Hoekom?  Want hy daag God uit en verset hom teen die Almagtige. Hy is oormoedig in sy interaksie met God.

Die goddelose se uiteinde sal verwoesting wees: die verwoesting van sy stede en huise, sy rykdom en besittings, sy eie dood sowel as die dood van sy nakomelinge, en sy woorde verdwyn in die wind.  ‘n Grusame werklikheid (vgl. Ps. 73) wat egter op gruwelike wyse op die verkeerde persoon van toepassing gemaak word.

Ironies genoeg gee dié prentjie eintlik vir Job troos, want dit is inderdaad juis nie hoe hy is nie.  Dit gee daarby vir hom verdere skietgoed in sy verdediging van homself en sy vroomheid, soos ons in die volgende hoofstuk gaan sien, want dit is nie hy wat só kwaad is nie, maar God self (16:9)!  En hy het eers rustig gelewe, vóórdat die Here van hom ‘n teiken gemaak het (16:12).  Hy kon dus nie goddeloos gewees het nie.  Die vraag is egter steeds, wat is dan fout?  Elifas help hom dus regtig nie verder om die Here se werkinge met hom te begryp nie.

View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d