Skip to main content

Die boodskap van Job

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die boek van Job het soveel komplekse perspektiewe op menswees en ons interaksie met die geestelike wêreld dat dit baie moeilik is om die boodskap daarvan te reduseer tot ‘n enkelvoudige punt wat vir almal sal sin maak.

Dat dit oor lyding gaan, en spesifiek die lyding van onskuldiges en regverdiges, is só.  Dat dit gaan oor die morele orde van die wêreld (Clines), en óf ‘n mens kan staatmaak op die wetmatigheid van oorsaak en gevolg, is ook só.

Maar, hoe meer ‘n mens jou blootstel aan wat die tallose mense deur die eeue oor die boek geskryf het, hoe versigtiger word ‘n mens om jou eie bydrae te verwoord, veral omdat dit so maklik die boodskap van die boek kan verduister en eerder jou eie perspektief op die lewe kan weergee.

Dit is veral moeilik om deur die gespreksrondtes van Job met sy drie vriende te werk en die kaf van die koring te skei in terme van wat uiteindelik waar en navolgingswaardig is en wat nie.

Soms is dít wat die vriende sê, ooglopend waar, maar in terme van hoe hulle dit toepas, waarskynlik vals.

Wat Elifas bv. van leeus sê, is waar: “Hoe ‘n leeu ook al brul of grom, as sy tande uitgebreek word, gaan selfs die sterkste leeu dood van die honger en kom sy kleintjies om.” (Job 4:10-11).  Maar deur die betekenis daarvan te verbind aan die dood van regverdiges en onskuldiges, soos hy doen, asof geen regverdige ooit uitgewis is nie, is ooglopend vals (Job 4:7-9).

‘n Mens kan Elifas net herinner aan Abel wat deur Kain onskuldig doodgemaak is, om ‘n mens se punt hieroor te maak (Gen. 4).  Ons moet by hom dus leer om nie in die strik te val om te maklik verkeerde afleidings of toepassings te maak van dinge wat andersins wel waar sou wees nie.

Soms is dit wat hulle sê egter doodgewoon vals, al klink dit op die oog af reg, en moet ‘n mens met onderskeiding lees om dit agter te kom, iets wat egter nie altyd so eenvoudig is nie.

Vergelyk bv. Sofar se argument dat Job eenvoudig sy sonde moet verwyder, dán sal: “jy jou swaarkry vergeet en daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het.” (Job 11:14-16).  Dit is van een kant af gesê waar, maar van God se kant af nie noodwendig waar nie.  Sofar mis juis die punt, omdat hy nie vanaf God se kant kan of wil dink oor wat op aarde met Job gebeur nie.

Dit maak wat hy sê vals, al kan dit in sommige ander kontekste wel waar wees.  Ons kan dus dié woorde van Sofar in dié geval nie sonder meer navolg nie en moet eers, soos Job, vir God se openbaring wag om ons wysheid op sy insig te begrond.

Ek gee egter die volgende twee perspektiewe op die boek Job as ‘n eerste poging om die impak van die boek op myself te verwoord.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…