Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf

Die Kronis vertel in die res van 2 Kronieke die verhaal van die oorblywende 20 konings  van die suidelike ryk soos dit ontvou het na die skeuring van die ryk van Salomo, met terloopse verwysing na die konings van die noordelike ryk Israel.  Altesame was daar dus 24 konings wat oor ’n tydperk van 500 jaar vir Juda regeer het van ongeveer 1097 v.C. tot met die ballingskap in 586 v.C.

Die eerste 4 konings was natuurlik:

  • Saul1ste koning – die lengte van sy regering is onseker omdat dit nêrens in die OT aangegee word nie;  dit is duidelik uit 1 Sam 13:1 dat ‘n getal ontbreek in die verwysing na die tyd van sy regering in die grondteks, daar staan letterlik net 2; Paulus sê wel dat dit 40 jaar was in Hand. 13:21, maar as interne gegewens van die res van 1 Samuel geneem word, lyk Saul se regering nader aan ongeveer 22 jaar of selfs so min as 12 jaar – regeringstyd 12 jaar.
  • Isboset2de koning – Saul se seun (ook Is-Baäl genoem) was net vir ’n kort rukkie koning en is deur 2 bendeleiers doodgemaak; hy word egter deur die Kronis ignoreer– regeringstyd 2 jaar.
  • Dawid3de koning – die koning God se hart wat die grondlegging gelê het vir die Dawidiese dinastie wat tot in die NT sy invloed sou uitoefen en natuurlik die ark na Jerusalem teruggebring het en die aanvoorwerk vir die bou van die tempel gedoen het – regeringstyd 40 jaar.
  • Salomo4de koning – die koning mét God se hart wat al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid en veral bekend geword het vir die tempel wat hy in Jerusalem gebou het – regeringstyd 40 jaar.

Net 8 van die konings van Juda word in oorwegend positiewe terme beskryf.  Dit sluit die 2 vroeëre konings van 1 Kronieke in, Dawid en Salomo:

  • Abia6de koning – seun van Rehabeam; hy het op God gesteun in die oorlog teen Jerobeam van Israel en oorwin; die Here het sy mag laat toeneem, al was sy regeringstyd kort – regeringstyd 3 jaar.
  • Asa7de koning – hy het soos sy pa Abia die Here gedien, godsdienstige hervormings aangebring, en die Here het hom in oorlog gehelp, hoewel hy ongelukkig ook teen die Here se wil ’n verdrag met die Arameërs gesluit het – regeringstyd 41 jaar.
  • Josafat8ste koning – hy het die Here gedien soos sy pa en oupa, Abia en Asa, anders as sy pa Asa geveg téén die Arameërs en oorwin en word ook onthou dat hy die regspraak gereël het, hoewel aan die einde van sy regering hy weer ’n dwase ekonomiese vennootskap met koning Ahasia van Israel gesluit het – regeringstyd 25 jaar.
  • Jotam15de koning – hy het sy pa Ussia (ook Asarja genoem) opgevolg in die tyd van die profeet Jesaja en gedoen wat reg is in die oë van die Here, hoewel die Kronis uitlaat dat hy tog die volk met afgodsdiens laat voortgaan het en in die oordeel van die skrywer van Konings tog foute gehad het – regeringstyd 16 jaar.
  • Hiskia17de koning – seun van Agas; ‘n baie goeie koning wat veral vir sy tempel skoonmaak  en her-organisasie projekte, die herinstelling van die Paasfees en die oorwinning oor Sanherib van Assirië onthou word; hy was egter ook uiteindelik te ingenome met homself en moes die prys daarvoor betaal – regeringstyd 29 jaar.
  • Josia20ste koning – seun van Amon; hy was maar 8 toe hy koning geword het en was regtig ’n goeie koning wat die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk het nie; hy het ook die tempel herstel, maar word veral onthou vir die wetboek wat hy daar ontdek het en onder begeleiding van die profetes Gulda prakties kon interpreteer en in werking stel wat tot ’n hernude verbondsluiting gelei het; hy het ook ’n groot Paasfees gehou, maar tog een oordeelsfout gemaak in ’n geveg met Neko van Egipte en sy lewe verloor; daar is wyd oor hom getreur met selfs ’n treurlied wat Jeremia oor hom gedig het – regeringstyd 31 jaar.

Die ander 14 konings word in meer negatiewe terme beskryf omdat hulle op mindere of meerdere wyse die Here nie gedien het soos hulle moes nie.  Hulle was:

  • Rehabeam5de koning – seun van Salomo; deur sy hardvogtige hantering van die leiers en sy ontrou aan die Here skeur die ryk van Israel in twee – regeringstyd 17 jaar.
  • Joram9de koning – seun van Josafat; hy het die Here nie gedien nie, onder andere weens ’n troue met ’n dogter van koning Agab en koningin Isebel, waarop Elia, die profeet, hom in ’n brief bestraf het en die Here hom met ’n ongeneeslike siekte getref het – regeringstyd 8 jaar.
  • Ahasia10de koning – seun van Joram; hy was al 42 toe hy koning geword het, maar het ongelukkig die pad van sy pa gevolg en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en is deur Jehu in opdrag van Elia doodgemaak – regeringstyd 1 jaar.
  • Atalia11de koning – ma van Ahasia; sy was die koningmoeder, die enigste vrou op die troon van Juda, wat al die ander aanspraakmakers op die troon laat doodmaak het, maar deur die priesters uitoorlê is met die beskerming van een van die aanspraakmakers, Joas, en uiteindelik deur Jojada doodgemaak is – regeringstyd 6 jaar.
  • Joas12de koning – seun van Ahasia wat as baba deur een van die prinsesse, Jehoseba, gegryp en weggevat is toe Ahasia se ma, Atalia, al die aanspraakmakers op die troon in Juda laat doodmaak het en letterlik in die tempel versteek is vir 6 jaar tot die priester Jojada opgetree en in die sewende jaar hom as koning laat verklaar het en Atalia laat doodmaak het; hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, die tempel laat herstel waar hy na alles grootgeword het, maar ook geval vir die vleitaal van die leiers en die seun van Jojada ná dié se dood laat vermoor, waarna God Joas gestraf het deur die Arameërs – regeringstyd 40 jaar.
  • Amasia13de koning – seun van Joas; hy was aanvanklik ’n goeie koning, het die dood van sy pa gewreek, maar hy het nie met sy hele hart gedoen wat reg is in die oë van die Here nie en veral dwaas teen die profete opgetree en moes dit ontgeld dat die Here teen hom gedraai het – regeringstyd 29 jaar.
  • Ussia14de koning – seun van Amasia; hy het op 16 jarige ouderdom koning geword, ook die naam Asarja gehad en was ‘n goeie koning, het ’n lang regeringstyd gehad, maar het uiteindelik te ingenome met homself geword en aanmatigend teenoor die Here opgetree en sy einde melaats tegemoetgegaan – regeringstyd 52 jaar.
  • Agas16de koning – seun van Jotam; hy het die Here regtig uitgetart met die offers op die hoogtes en is nie in die begraafplaas van die konings begrawe nie; in sy tyd is die noordelike ryk van Israel ook in ballingskap weggevoer tydens die regering van Hosea van Israel – regeringstyd 16 jaar.
  • Manasse18de koning – seun van Hiskia; hy het gruwelike sondes gedoen, is daarvoor gestraf, maar op sy berou en gebed het die Here hom begenadig – regeringstyd 55 jaar.
  • Amon19de koning – seun van Manasse; hy het nog meer misdade begaan as sy pa en is in ’n sameswering doodgemaak deur van sy amptenare – regeringstyd 2 jaar.
  • Joahas21ste koning – seun van Josia; op 23 jarige ouderdom het hy koning geword, maar sy koningskap het net 3 maande gehou toe Egipte hom as koning afgesit het – regeringstyd 3 maande.
  • Jojakim22ste koning – broer van Joahas, wie se naam eintlik Eljakim was en deur die Egiptiese koning aangestel is met ‘’n naamsverandering na Jojakim toe.  Hy het die Here egter nie gedien nie en is deur Nebukadnesar in ballingskap geneem in 597 v.C. – regeringstyd 11 jaar.
  • Jojagin23ste koning  – seun van Jojakim (Eljakim); hy was maar 18, het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en is ook weggevoer na Babel na slegs 3 maande, hoewel hy  volgens Konings tog begenadig is in ballingskap en ’n hoër status as die ander konings geniet het – regeringstyd 3 maande.
  • Sedekia24ste koning –seun van Jojakim, broer van Jojagin;  hy is op 21 gekroon, maar word, soos sy broer Jojagin, ook in ballingskap weggevoer in 586 v.C., omdat hy ook gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, saam met ’n hele aantal van Juda; hy is baie slegter behandel deur Nebukadnesar, sy kinders is doodgemaak in sy teenwoordigheid, en sy oë uitgesteek; hy is in bronskettings Babel toe – regeringstyd 11 jaar.

Vir ’n vergelyking met die 19 konings van die noordryk van Israel, het ek dié sinopsis voorberei (regeringstyd in jare behalwe as anders aangedui):

Konings van Israel

Konings van Juda

Saul (12-40)

Isboset (2)

Dawid (40)

Salomo (40)

Jerobeam I (22)

Rehabeam (17)

Nadab (2)

Abia (3)

Baesa (24)

Asa (41)

Ela (2)

Josafat (25)

Simri (7 dae)

Joram (8)

Omri (12)

Ahasia (1)

Agab (22)

Atalia (6)

Ahasia (2)

Joas (40)

Joram (12)

Amasia (29)

Jehu (28)

Ussia (52)

Joahas (17)

Jotam (16)

Joas (16)

Agas (16)

Jerobeam II (41)

Hiskia (29)

Sagaria (6 mnde)

Manasse (55)

Sallum (1 mnd)

Amon 2)

Menahem (10)

Josia (31)

Pekahia (2)

Joahas (3 mnde)

Peka (20)

Jojakim (11)

Hosea (9)

Jojagin (3 mnde)

Sedekia (11)

Altesame was daar dus 43 konings (een was ’n vrou) in Israel-Juda.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Konings, Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d