1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
Fokus op Dawid en die Joodse volk van Juda
Daarmee beklemtoon die Kronis dat die behoud van familie-bande deur die geslagte heen die sleutel is nie net vir die behoud van nasieskap nie, maar ook vir die behoud van die geloofsgemeenskap. Uiteraard is dit onderworpe aan die regte Godsverhouding, soos dit op vele plekke uitgespel sal word:
- 1 Kron. 10:13-14 (Saul word weens ‘n gebrekkige Godsverhouding verwerp);
- 22:12 (die nakoming van die wet van God word vooropgestel);
- 28:9 (Salomo word gewaarsku om getrou aan die Here te bly);
- 29:12 (God se soewereiniteit word geloof).
Maar die afstamming van die geloofshelde van Israel bly ‘n belangrike identiteitsvormende aspek van die geloofsgemeenskap.
Dinamiese lewende geskiedenis wat identiteit vorm
Wat vir ons dus vandag baie maklik as die verveligste dele van die Bybel kan voorkom, hierdie geslagsregisters, was vir die volk na die ballingskap, die tyd van Esra en Nehemia, ‘n dinamiese lewende geskiedenis waarin hulle die band met die verlede kon waardeer, hulleself in die hede in terme van hulle eie afstamming van dié geskiedenis kon plot, en met hoop en verwagting na die toekoms wat God vir hulle beplan, kon uitsien. Die God van Adam-Noag-Abraham-Israel-Juda-Dawid was ook hulle God. Dié dinamiese lewende geskiedenis het hulle identiteit gevorm.
Eksklusiewe verstaan van die Godsvolk
Dit is ‘n perspektief wat waarskynlik tot ‘n baie eksklusiewe verstaan van die volk van God kon lei, en wat na alle waarskynlikheid ‘n deel van die teenstand van die Joodse leiers teen die inklusiewe evangelie van Jesus in die NT kan verklaar, Hy wat armes en melaatses insluit in sy genade, trouens wat aktief meewerk om heidense nasies in die volk van God in te sluit.
Dit kan selfs ook verklaar hoekom die Joodse Christene soveel moeite gehad het met die insluiting van heidense Christene:
- Die vraag oor die insluiting van heidene in die geloofsgemeenskap word onder andere op die spits gedryf by die “sinode” in Jerusalem. Vgl. Hand. 15 – Joodse gelowiges wou gelowiges uit die heidene verplig om die Joodse gebruike as lewenswyse te aanvaar, wat gelukkig afgewys is.
- Die insluiting al dan nie van gelowiges uit die heidene in tafelgemeenskap met die gelowiges uit die Jode lei tot die konflik tussen Petrus-Barnabas en Paulus in Galasië. Vgl. Gal. 2 – Petrus en Barnabas skaar hulle by gelowiges uit die Joodse kultuur wat nie wou saam eet met gelowiges uit die heidense kulture nie, en word daarom sterk deur Paulus teengestaan omdat die evangelie van Christus se vryspraak daarmee in die gedrang kom en afhanklik gemaak word van die nakom van die Joodse gebruike.
- Die gehoorsaamheid aan Joodse gebruike al dan nie is uiteindelik indirek verantwoordelik vir Paulus se inhegtenisname en uiteindelike gevangenskap in Rome. Vgl. Hand. 22 – Paulus moes sy onderdanigheid aan die Joodse gebruike bewys deur in te staan vir koste van die reinigingsgebruike van 4 Joodse mans en is toe in die proses in hegtenis geneem op aandrang van Jode uit Asië wat hom valslik aangekla het dat hy Grieke in die tempel ingebring het en die tempel só verontreinig het.
Die gedagte dat suiwer familie-bande fundamenteel is om geestelik-godsdienstig suiwer te kan bly, was vir baie Joodse Christene net te moeilik om te laat vaar. Ek vermoed ons sien dit selfs in moderne gestaltes soos in aparte kerkformasies gebaseer op ras-suiwerheid.
Dit wil voorkom asof die skrywer die minder belangrike nageslagte eerste noem, om dan meer volledig op die belangriker nageslag lyn te kan fokus, die Adam-Noag-Abraham-Israel-Juda-Dawid lyn.
Indeling van 1 Kronieke 1
Die hoofstuk is in drie dele opgebou:
- Die geslagsregister van Adam tot by Noag en dié se nageslag– 1:1-23 (vgl. Gen. 5 en 10).
- Die geslagsregister van Abraham tot Isak en Ismael in hulle geslagte – 1:24-42 (vgl. Gen. 11, 25 en 36).
- Die geslagsregister van die konings van die Edomiete (Esau) – 1:43-54 (vgl. Gen. 36).
Die geslagsregister van Adam – 1:1-4
Die tien name van Adam en sy nageslag tot en met Noag word in dieselfde volgorde as in Gen 5:1-31 gelys, net in hulle direkte vertikale liniêre verband, maar sonder enige verdere beskrywing, soos wel die geval is in Genesis 5. Die belang hiervan is egter fundamenteel – dit bind die Joodse geskiedenis aan God se geskiedenis met die nasies van die hele wêreld en verkondig die onvervreembare verbintenis van alle mense aan mekaar. Let op dat die name van Abel en Kain (en sy nageslag) nie genoem word nie (Gen. 4).
Die geslagsregister van Noag – 1:5-23
Genesis 10 het meer detail as die Kronis se weergawe van die geslagsregister van Noag met klem op die verspreiding van die nasies oor die aarde, ongeveer 70 in getal, wat tradisioneel as verteenwoordigend van al die mensegroepe in die wêreld geneem word. Daar is eintlik 71, maar sommige geleerdes tel nie die Filistyne afsonderlik nie, omdat hulle deel van die Kaslugiete gevorm het, en ander geleerdes weer nie vir Nimrod nie, omdat hy ‘n Kusiet was, wat hulle by die simboliese getal 70 nageslagte van die oorspronklike 3 seuns van Noag bring. Weereens word die onderlinge verbintenis van mense aan mekaar bevestig.
- Let op dat die Mediërs (Madai) en Grieke (Javan in die oorspronklike teks), almal nageslag van Jafet, seun van Noag, is, wat in die tyd van die Kronis en veral hierna die botoon internasionaal gesproke sou begin aangee.
- Die afstammelinge van Gam word ‘n bietjie meer volledig hier aangegee, moontlik omdat Israel deur hulle geskiedenis nader kontak as met die nageslag van Jafet gehad het, waaronder die Filistyne en Kanaäniete. Egipte (Mizraim in die oorspronklike teks) en Ethiopië (Kus) is deel van hierdie nageslag.
- “in sy tyd is die land verdeel” in 1:19 verwys waarskynlik na die verstrooiing by die toring van Babel. Die Hebreeuse woord vir land is presies dieselfde as die woord vir aarde – êrêtz – en net die konteks bepaal watter betekenis ‘n mens gebruik. Omdat die skrywer op hierdie punt juis met die geslagte in die tyd van die verhaal van die toring van Babel werk (Gen 11), is dit meer waarskynlik dat van die verdeling van die aarde gepraat word.
- Sem se geslagsregister word laaste gelys om dit meer direk te skakel aan dié van Abraham wat net daarna sal volg. Dit is Sem se nageslag uit wie die Messias gebore sou word.
Die geslagsregister van Abraham – 1:24-42
- Let op dat Abram se naamsverandering na Abraham genoem word in vers 27. Dit is baie belangrik omdat die naam Abraham aan die belofte van God gekoppel is dat hy die vader van baie nasies sou wees (Gen 17:5).
- Let ook op die orde van Abraham se seuns: Ismael word eerste genoem, sonder om Hagar te noem (vgl die oorlog teen die Hagareërs, haar nageslag in 5:18-22), en dan die seuns van Ketura, wie se naam wel genoem word. Dan eers Isak. Sy ma, Sara, word glad nie genoem nie. Tog begin die gedeelte met net die twee seuns se name, Ismael en Isak, en geen-een van Ketura se seuns word genoem nie. Hulle was dus waarskynlik nie as erfgename gereken nie. Let interessantheidshalwe op dat Ismael ook 12 seuns gehad het net soos Jakob dit later sou hê.
- Ismael se nageslag word in dieselfde volgorde as Gen 25:13-16 gelys. Hulle het waarskynlik in wat ons vandag ken as Noord-Arabië gebly.
- Ketura se nageslag was waarskynlik Suid-Arabiere (vgl Gen 25:1-4).
- In vers 36 in die oorspronklike teks word Timna en Amalek net soos dit hier in die NAV vertaal is, aangegee. Maar Timna was eintlik ‘n vrou, soos ons uit 1:39 agterkom, waar sy die suster van Lotan genoem word. Dit is ook hoe Gen 36:12 dit het, dat sy ‘n byvrou was van Elifas, Esau se seun, en die ma van Amalek. Die teks moet dus eintlik verander word na iets soos “by Timna, Amalek”.
- Die verhaal van Lot word nie in dié geslagsregisters ingesluit nie, omdat hy net ‘n broerskind was van Abraham. Dit is ook insiggewend dat hy juis oos van die Jordaan gaan bly het, en dít die deel van die land is wat eerste in ballingskap weggevoer is (Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse).
Die geslagsregister van die konings van die Edomiete – 1:43-54
- Die lys van konings en stamhoofde kom amper woordeliks ooreen met Gen 36:31-43.
- Esau se nageslag se verkiesing van konings lank voor Israel dieselfde gedoen het, word spesifiek gemeld. Die lys wys ook dat Edom se konings mekaar nie opgevolg het nie. Elke keer is daar ‘n ander stad betrokke en die konings se name kom nie ooreen met die vorige koning nie. Dat daar later net stamhoofde geregeer het, is waarskynlik aan die veldtogte van Dawid te wyte, wat Edom aan hom onderhorig gemaak het (1 Kron. 18:13; 2 Sam. 8:13-14).
- Die belang van die geslagsregister van Ismael en Esau, hoewel nie die uitverkore seuns in terme van die Godsvolk nie, is dat dit die antieke verbintenis van Israel as volk aan hulle bure beklemtoon. Hulle geskiedenis kan nooit losgemaak word van wat rondom hulle gebeur nie.
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - April 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - April 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - April 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - April 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - April 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - April 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - April 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - April 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - April 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - April 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - April 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - April 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - April 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - April 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - April 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - June 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - June 4, 2013
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar