Skip to main content

2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam

Die Kronis neem die verhaal van 1 Kon. 12 en vertel dit met enkele uitbreidings en veranderings van sy eie.  Interessant genoeg word net een seun van Salomo in die Bybel genoem, Rehabeam.  En dit is betekenisvol dat hy die seun van Naäma was, ’n Ammoniet (1 Kon. 14:21; 1 Kron. 12:13), een van die volke uit Noordwes Arabië waarteen die Here hulle gewaarsku het (Deut.23:6 ).

Die Kronieke skrywer wy egter nie hieroor uit nie, hoewel die Konings skrywer nie doekies omdraai oor die gevare van dié verbintenisse nie en wyt die val van Salomo aan sy blootstelling aan vreemde gode.  Waarskynlik het Naäma vir Salomo en haar seun blootgestel aan Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete. Ons lees in 1 Konings 11: 4Veral in sy ouderdom het Salomo se vrouens hom verlei om ander gode te dien. Toe het hy die Here sy God nie meer met soveel toewyding gedien soos sy pa nie. 5Hy het Astarte, die godin van die Sidoniërs, en Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete, gedien.”

Dit bly egter steeds tragies dat die hele Israel ten spyte van alles– selfs Jerobeam ook, al het hy ‘n belofte van die Here dat dié hom koning wil maak – Rehabeam as koning wil kroon in Sigem, en hy hulle aanbod in die wind slaan. Die skeuring van die ryk kom op ‘n geestelike vlak van God af as straf vir Salomo se sonde, maar op ‘n sosiale vlak van die domastrantheid en arrogansie van Rehabeam af.  Die seun van die wysste koning tree met uiterste dwaasheid op.  Hoe ironies!

Die Kronis stel dit so: “Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was ‘n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.” God beloon die (op hierdie stadium) nederige Jerobeam deur Sy belofte vir hom in vervulling te laat gaan en sy koningskap word in die einste Sigem bevestig.  Hy skuif later na Pniël (1 Kon. 12:25) en rig verdere heiligdomme op in Bet-El en Dan as teenvoeter vir die tempel in Jerusalem.

Let op dat Rehabeam wel wyd raadpleeg – die ouer mense en die jonger mense – maar nie die Here nie.  Daarom beleef hy die skande van rykskeuring. Hy bring die oordeel dus oor homself weens sy eie dade. Dit is nie ‘n noodlot waaraan hy uitgelewer is nie.  Hy kan net homself en sy swak oordeel blameer.

Só het die hele Israel dus in opstand gekom teen die koningshuis van Juda.  “Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” word Rehabeam toegesnou deur na die ryk van sy oupa te verwys.  Rehabeam het selfs byna omgekom in die opstand. Dié kloof wat hier tussen die onderlinge stamme van Israeliete ontstaan het, sou deur die eeue net groter en groter word en nooit weer oorbrug word nie.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.