2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam

Die Kronis neem die verhaal van 1 Kon. 12 en vertel dit met enkele uitbreidings en veranderings van sy eie.  Interessant genoeg word net een seun van Salomo in die Bybel genoem, Rehabeam.  En dit is betekenisvol dat hy die seun van Naäma was, ’n Ammoniet (1 Kon. 14:21; 1 Kron. 12:13), een van die volke uit Noordwes Arabië waarteen die Here hulle gewaarsku het (Deut.23:6 ).

Die Kronieke skrywer wy egter nie hieroor uit nie, hoewel die Konings skrywer nie doekies omdraai oor die gevare van dié verbintenisse nie en wyt die val van Salomo aan sy blootstelling aan vreemde gode.  Waarskynlik het Naäma vir Salomo en haar seun blootgestel aan Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete. Ons lees in 1 Konings 11: 4Veral in sy ouderdom het Salomo se vrouens hom verlei om ander gode te dien. Toe het hy die Here sy God nie meer met soveel toewyding gedien soos sy pa nie. 5Hy het Astarte, die godin van die Sidoniërs, en Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete, gedien.”

Dit bly egter steeds tragies dat die hele Israel ten spyte van alles– selfs Jerobeam ook, al het hy ‘n belofte van die Here dat dié hom koning wil maak – Rehabeam as koning wil kroon in Sigem, en hy hulle aanbod in die wind slaan. Die skeuring van die ryk kom op ‘n geestelike vlak van God af as straf vir Salomo se sonde, maar op ‘n sosiale vlak van die domastrantheid en arrogansie van Rehabeam af.  Die seun van die wysste koning tree met uiterste dwaasheid op.  Hoe ironies!

Die Kronis stel dit so: “Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was ‘n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.” God beloon die (op hierdie stadium) nederige Jerobeam deur Sy belofte vir hom in vervulling te laat gaan en sy koningskap word in die einste Sigem bevestig.  Hy skuif later na Pniël (1 Kon. 12:25) en rig verdere heiligdomme op in Bet-El en Dan as teenvoeter vir die tempel in Jerusalem.

Let op dat Rehabeam wel wyd raadpleeg – die ouer mense en die jonger mense – maar nie die Here nie.  Daarom beleef hy die skande van rykskeuring. Hy bring die oordeel dus oor homself weens sy eie dade. Dit is nie ‘n noodlot waaraan hy uitgelewer is nie.  Hy kan net homself en sy swak oordeel blameer.

Só het die hele Israel dus in opstand gekom teen die koningshuis van Juda.  “Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” word Rehabeam toegesnou deur na die ryk van sy oupa te verwys.  Rehabeam het selfs byna omgekom in die opstand. Dié kloof wat hier tussen die onderlinge stamme van Israeliete ontstaan het, sou deur die eeue net groter en groter word en nooit weer oorbrug word nie.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: