Skip to main content

2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar

Die eerste hoofstuk teken twee prentjies van Salomo oor die bou van die tempel aan die orde kom: Salomo as wyse man  (vers 1-13 – vgl. 1 Kon. 3:1-15) en as vernuftige handelaar (vers 14-17 – vgl. 1 Kon. 10:26-29).

Salomo as wyse man

Die verhaal van Salomo as wyse man begin met die opmerking dat Salomo ‘n goeie houvas op sy regering gekry het. Dit was aan die een kant te danke aan die Here wat by hom was. Aan die ander kant het hy ‘n belangrike besluit geneem om dieselfde leiers wat sy pa Dawid ingetrek het om hom as koning te salf en ondersteun, oproep om saam met hom na die belangrike heiligdom Gibeon te gaan, om die Here te raadpleeg. Dit was die plek waar die tabernakel, die tent van ontmoeting nog was.

Let op dat die Kronis die klem in die verhaal aanvanklik op die publieke aard daarvan laat val met die offers by die bronsaltaar van Besaleël, wat ook in die tabernakel in die woestyn was.  Daarmee bring die Kronis die agtergrond van Besaleël as ’n meester vakman in spel as voorspel tot die bou van die tempel (Eks 35:30 vv).  Besaleël was ook uit die stam van Juda en is met die Gees toegerus: “sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen”.  Die Kronis vul daarmee die meer persoonlike aard van God se verskyning in ’n droom aan Salomo aan, om die Goddelike erkenning en gawe van wysheid ook in terme van die publieke erkenning wat Salomo geniet sowel as die assosiasie van Salomo met die wysheid en insig van Besaleël uit te spel.

Salomo voer dus hiermee ook uit wat Dawid vir hom aangeraai het, om God te ken en te raadpleeg in alles, en vra van God wysheid en kennis vir sy leierskap. Die Here gee dan nie net vir Salomo wat hy vra nie, maar op die koop toe ook rykdom, besittings en aansien.

Salomo as vernuftige handelaar

Salomo se wysheid lê ook in sy fokus op uitgebreide handel met sy bure, ‘n vernuftige manier om stabiliteit en vrede te verseker.  Kewé was waarskynlik Silisië in die suide van Turkye, net oos van waar Paulus hulle met hulle sendingreise aan wal gegaan het in Pamfilië.

Die Kronis kies dus om Salomo se termyn as koning vanuit die hoek van sy wysheid en statuur as staatsman te begin en sal nou vervolg met dié aktiwiteit waaraan Salomo die beste onthou word, die bou van die tempel.

Die ambivalensie van die skrywer van Konings word dus hier reg van die eerste hoofstuk af vermy en ’n baie positiewe beeld van Salomo voorgehou.  Sy liefde vir perde word dus genoem, maar nie teen hom gehou nie (soos wel die geval is in 1 Konings 10-11), ten spyte van die feit dat dit ’n duidelike oortreding van die voorskrifte vir konings is wat ons vind in Deut 17:16-17.  En die bou van ’n kompeterende hoogte vir godsdienstige gebruik teenoor die tempel word glad nie hier genoem nie, sowel as niks oor sy baie vroue nie.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…