Skip to main content

1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens

Hierdie hoofstuk beskryf vier groepe leiers wat in Dawid se diens was.  Dit was die leëraanvoerders uit die familiehoofde (vers 1-15), die stamhoofde  van die verskillende stamme (vers 16-24), die opsigters oor Dawid se uitgebreide besittings (vers 25-31) en al sy raadgewers (vers 32-34).

Hulle verantwoordelikhede gee ons ’n kykie in die groei van die koninkryk van Dawid en sy finesse met die administrasie en bestuur daarvan.  Dit wys ook dat daar nie ’n waterdigte skeiding was tussen godsdiens en die staat nie.

Die leëraanvoerders uit die familiehoofde

Vir elke maand van die jaar het elkeen van die 12 leëraanvoerders wat uit die familiehoofde gekies het, opeenvolgend ’n beurt gekry om diens te doen as hoof van die ander leëraanvoerders.  Die rotasiebeleid was ’n wyse besluit om inkoop van al die leiers te kry en die verantwoordelikhede só te verdeel dat die leiers ook hulle ander verantwoordelikhede kon nakom.  Hulle is gekies uit die aanvoerders van duisend en honderd sowel as die toesighoudende amptenare in diens van die koning, die meeste van hulle uit die lys van Dawid se dapper helde.

Die stamhoofde

Die beheer van die Israelitiese stamme was in die hande van 13 manne, met die Aäroniete wat hier  apart gelys is saam met die stam van Levi, en Josef se nageslag waarvan hier drie groepe genoem word, Efraim en die twee halwe stamme van Manasse.  Interessant genoeg word Gad en Aser nie genoem nie.  Die verwysing na die mislukte sensus is ook interessant, want ’n mens kry die indruk dat Joab so tussen die lyne daarvoor verkwalik word, eerder as Dawid, soos in hoofstuk 21.

Die opsigters oor Dawid se besittings

Drie kategorieë opsigters (12) word genoem wat al vir Dawid se besittings verantwoordelik was:

  1. die opsigters (2) oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings (vers 25),
  2. die opsigters (5) oor die koning se landbou bedrywighede: arbeiders, wingerde, wynvoorrade, olywe, wildevye en olievoorrade (vers 26-28) en
  3. die opsigters (5) oor die koning se lewende hawe bedrywighede: vee, kamele, donkies en kleinvee (vers 29-31).  Let op dat twee van die nageslag van Ismael onder dié opsigters tel: die Ismaeliet Obil en die Hagareër Jasis.  Hulle was bekend as ’n nomadiese volk wat goed geweet het hoe om kamele en kleinvee te bestuur.

Dawid se raadgewers

Laaste maar nie die minste nie word Dawid se verskeidenheid raadgewers gelys wat nie net vir Dawid geadviseer het nie, maar ook vir die opvoeding van sy kinders verantwoordelik was.  Ook Gusai as Dawid se vriend word genoem en Joab sy leërhoof.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.