2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer
Die Kronis beskryf die laaste 23 jaar – 609-586 v.C. – van die koninkryk van Juda aan die hand van die 4 laaste konings van Juda: Joahas (Sallum), Jojakim (Eljakim), Jojagin en Sedekia (Mattanja). Hy sluit sy oorsig van die veelbewoë geskiedenis van Juda en Israel af met ’n verwysing na die vervulling van die belofte van die Here dat die volk weer ná die ballingskap sal terugkom na hulle eie land.