Ons lees 1 en 2 Kronieke in die Bybelskool in tandem met dieselfde verhale in Samuel en Konings, sowel as ‘n paar ander verwante Skrifgedeeltes. Ek het ‘n dokument voorberei waarin die belangrikste ooreenstemmende Skrifgedeeltes langs dié van Kronieke geplaas is, sodat dit in die leeswerk met mekaar vergelyk kan word. Laai dit hier af:
Ons lees 1 en 2 Kronieke in die Bybelskool in tandem met dieselfde verhale in Samuel en Konings, sowel as ‘n paar ander verwante Skrifgedeeltes. Ek het ‘n dokument voorberei waarin die belangrikste ooreenstemmende Skrifgedeeltes langs dié van Kronieke geplaas is, sodat dit in die leeswerk met mekaar vergelyk kan word. Laai dit hier af:
Só sal julle kan sien dat Kronieke deurgaans materiaal van Samuel en Konings gebruik, aangevul met geslagsregisters uit die Pentateug, liedere uit die Psalms, en ‘n paar toesprake om die aaneenlopende verhaal van Israel van Adam af tot ná die ballingskap te beskryf.
Die fokus is in Kronieke deurgaans op ‘n waarderende blik op dié veelbewoë verhaal waardeur die volk Israel ná die ballingskap weer kon ontdek watter ryk erfenis hulle het en dat hulle daarmee ‘n nuwe pad met God in die hede kon begin loop. Hy skryf dus nie ‘n nuwe geskiedenis van Israel nie, maar verwoord die ou verhale op waarderende wyse as ‘n nuwe boodskap vir die hede.
1 en 2 Kronieke is eintlik een boek wat met die vertaling uit Hebreeus in Grieks in twee boekrolle verdeel is, omdat dit te lank was vir een boekrol. Die Hebreeuse titel dibrê hayyâmîm beteken letterlik “woorde van die dae” wat vertaal kan word met “Kronieke van gebeure”.
Omdat Kronieke se taal en teologie so volledig met Esra en Nehemia ooreenkom, word gewoonlik aanvaar dat al 4 boeke deur een persoon geskryf is. Die skrywer word daarom gewoonlik aangedui met die naam van die Kronis. Die 4 boeke word ook meesal met die titel die Kronistiese Geskiedwerk aangedui en op die laatste in 400 v.C. gedateer onder andere weens die datering van die laaste name in die geslagsregisters en die voorkoms van ’n aantal Persiese woorde (en die afwesigheid van Griekse woorde wat op ‘n later tydvak sou kon dui).
’n Paar opmerkings oor geslagsregisters kan jou help om die sin daarvan te verstaan en selfs te waardeer (met erkenning aan Braun, 1 Chronicles, Word Biblical Commentary).
Dit kan jou baie help in jou leeswerk om met ‘n paar kaarte langs jou te lees. Só kan jy die verspreiding van die stamme en volkere plot terwyl jy lees, sowel as die plekke en streke nagaan waarvan Kronieke praat om só ‘n globale prentjie te kry van die tydvak en konteks waarvan hy skrywe.
Ek beveel sterk aan dat jy die volgende stuk uitdruk om die geslagsregisters geografies te plaas terwyl jy die eerste 9 hoofstukke lees (dit is gratis):
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar