WEEK 7: 2 Kronieke 25-32
Dit is ook die tydperk waarin 5 belangrike profete optree, die groot profeet Jesaja, sowel as van die kleiner profete Jona, Amos, Hosea en Miga van Moreset. Daar was natuurlik ook ander profete (Sagaria – 2 Kron. 26:5; Oded – 2 Kron. 28:9), waarvan sommige anoniem genoem word (bv. 2 Kron. 25:15), wat in dié tyd opgetree het.
Slegs Jesaja word eksplisiet in Kronieke genoem. Benewens sy verbintenis aan die Bybelboek Jesaja word hy ook met die neerskryf van verhale oor koning Ussia en Hiskia verbind – 2 Kron. 26:22; 2 Kron. 32:32. Hy het veral ’n groot rol gespeel het in die lewe van Hiskia en onder andere saam met hom en vir hom gebid – 2 Kron. 32:20. Ons weet egter uit ander Skrifverwysings dat die ander 4 profete ’n belangrike rol in dié tyd gespeel het.
In terme van hulle kronologie het die 5 profete soos volg opgetree:
- Die Skrifprofeet Jona word vermeld in 2 Konings 14 en in die Bybelboek Jona en het opgetree in die tyd van die eerste koning van die 8ste eeu, Amasia.
- Die Skrifprofeet Amos die skaapboer van Tekoa, het opgetree in die tyd van Amasia (Amos 7:12) en Ussia (Amos 1:1), maar moet onderskei word van Jesaja se pa, Amos.
- Die Skrifprofeet Jesaja (wie se pa ook Amos was) het oor ’n besonder lang tyd opgetree in die tyd van 4 van dié konings: Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Sy beroemde visie op God in Jesaja 6 is juis in die sterfjaar van die melaatse Ussia ontvang.
- Die Skrifprofeet Hosea tree in dieselfde tyd as Jesaja op van Ussia tot Hiskia (Hos. 1:1).
- Die Skrifprofeet Miga van Moreset, het opgetree in die tyd van Jotam, Agas en Hiskia (Jer. 26:18; Miga 1:1), maar moet ook onderskei word van die vroeëre profeet wat in Agab se tyd opgetree het (1 Kon. 22; 2 Kron. 18).
Ons lees dit soos volg:
- Dag 1 – 2 Kronieke 25 – Amasia wat reg doen, maar nie met sy hele hart nie.
- Dag 2 – 2 Kronieke 26 – Ussia wat besonder voorspoedig regeer, maar te ingenome word met homself en in melaatsheid eindig.
- Dag 3 – 2 Kronieke 27-28 – Jotam wat sy pad reg hou met God versus Agas wat die verdorwenheid vrye teuels gee in sy land en ontrou teenoor die Here leef en sterwe.
- Dag 4 – 2 Kronieke 29-31 – Hiskia wat die tempel herbou, die Paasfees weer laat vier en die tempeldiens herorganiseer en bevorder.
- Dag 5 – 2 Kronieke 32 – Hiskia en die bedreiging van Sanherib van Assirië asook sy siekte en genesing.
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - April 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - April 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - April 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - April 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - April 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - April 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - April 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - April 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - April 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - April 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - April 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - April 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - April 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - April 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - April 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - June 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - June 4, 2013