Skip to main content

2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo

Hoofstuk 7 voltooi die verhaal van Salomo se bouwerk aan die tempel met die inwyding daarvan (vers 1-11) sowel as ’n tweede verskyning van die Here aan Salomo een nag (vers 12-22).  Die Kronis gebruik die verhaal van die inwyding in 1 Konings 8, maar brei dit uit met die inleiding oor die vuur van die Here, sowel as die detail oor die liturgiese begeleiding.  Hy beklemtoon dus met meer detail die wonder karakter van die inwyding van die tempel, sowel as die rol wat die Leviete gespeel het, waarskynlik omdat hy die teruggekeerde ballinge van God se seël op die tempel as simbool van Sy teenwoordigheid sowel as die keuse van die Leviete vir die bediening binne die tempel wou oortuig.

Hy gebruik 1 Konings 9 se verhaal oor die verskyning van die Here aan Salomo met ’n paar minder belangrike weglatings en byvoegings.

Salomo wy die tempel in

Salomo se toespraak en gebed in die voltooide tempel word opgevolg met ’n wonderwerk van vuur uit die hemel, waarskynlik op dieselfde plek as vroeër toe die Here ook vir Dawid met vuur geantwoord het by die dorsvloer van Arauna, dié plek waarop die tempel gebou is.  Die brandoffers word verteer waarna die magtige teenwoordigheid van die Here die tempel gevul het.

Dieselfde refrein as vroeër uit onder andere Ps. 136 word weer gesing waar die geloofsgemeenskap voor die Here kniel in die tempel.  Met baie offers word die tempel dus ingewy en is daar feesgevier, ’n verdere sewe dae lank.  Let op hoe die volk terugkeer na hulle huise: “bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het aan Dawid, Salomo en sy volk Israel.”

Die Here verskyn aan Salomo

Die God van gebedsverhoring verskyn weer aan Salomo om Sy toewyding aan die plek van die tempel en aan die volk te bevestig: “Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan.”

Terselfdertyd spel die Here sy verwagting van Salomo en die volk uit: “En jy, as jy soos jou vader Dawid leef volgens my wil en alles doen wat Ek jou beveel, en my voorskrifte en bepalings nakom, sal Ek jou heerskappy bestendig. So het Ek met jou vader Dawid ooreengekom: Nooit sal dit jou ontbreek aan iemand om oor Israel te regeer nie.”

Die gehalte van Salomo en die volk se Godsverhouding sal die gehalte van hulle lewens bepaal.

  • Luister hulle na God om Hom te gehoorsaam, sal daar reën en oeste wees en geen peste nie.
  • Luister hulle nie na Hom nie en dien ander gode, sal daar droogte en hongersnood wees en wag die ballingskap op hulle.

Die tempel sou dus nie as vanselfsprekend vir die volk en die koning voorspoed waarborg nie.  God se gawe sou in gehoorsaamheid geniet word.  En dit sou die verwagting wees regdeur die koningstyd, ’n verwagting wat natuurlik teleurgestel is, en eers uiteindelik in die Messiaanse verwagting in Jesus vervul is.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms