2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God
- Rehabeam se mislukte poging om die koningskap oor Israel terug te wen – 11:1-4 (vgl. 1 Kon. 12:21-24).
- Rehabeam se versterking van sy beheer oor Juda en Benjamin met vestingstede vir sy voorrade – 11:5-12.
- Die priesters en Leviete kom van oral af hulle in Jerusalem vestig – 11:13-17.
- Rehabeam se keuse van Abia as opvolger en die slim plasing van sy skare seuns in die versterkte stede van Juda en Benjamin – 11:18-23.
- Rehabeam se verootmoediging voor die Here met die inval van Sisak van Egipte – 12:1-12 (vgl. 1 Kon. 14:25-28).
- Die epiloog oor Rehabeam se dood en nalatenskap – 12:13-16 (vgl. 1 Kon. 14:21-22, 31-32).
Rehabeam se mislukte poging om die koningskap oor Israel terug te wen – 11:1-4
Die Kronis gebruik die verhaal in 1 Kon. 12:21-24, maar sonder die inleiding van 1 Kon. 12:20 oor Jerobeam, waarskynlik omdat hy in 2 Kron. 10 alreeds daaroor uitgewei het. ‘n Mens kry hier ‘n meer gebalanseerde prentjie van die arrogante Rehabeam, dat hy met sy poging om die koningskap oor die hele Israel terug te wen, tog leerbaar is en luister na die waarskuwing van die profeet Semaja, die man van God: “Moenie optrek en teen julle broers veg nie … wat gebeur het, kom van My af.”
Rehabeam se versterking van sy beheer oor Juda en Benjamin met vestingstede vir sy voorrade – 11:5-12
Hierdie verhaal, wat nie in Konings voorkom nie, skets ‘n koning met baie inisiatief om sy beheer oor die deel wat aan hom onderhorig is, te versterk. Hy herbou 15 van die belangrikste vestingstede as veilige hawens vir sy voorrade sowel as beveiliging van sy grondgebied. Die stede was in ‘n breë sirkel rondom die hartgebied van Juda geleë op al die belangrikste handelsroetes wat hom ‘n mate van beheer gegee het teen bedreigings van buite.
Die priesters en Leviete kom van oral af hulle in Jerusalem vestig – 11:13-17
Die impak van sy koningskap het ‘n wyer impak deurdat die priesters en Leviete van oral af oor na Jerusalem kom om hulle daar te vestig. Dit het ingehou dat hulle hulle erfgrond moes verlaat, maar word daartoe genoodsaak deur drie redes: 1) Jerobeam het hulle versaak en sy eie priesters in Israel se noordelike ryk aangestel, 2) Juda het meer stabiliteit vir hulle gebied weens Rehabeam se beleid, en die belangrikste van alles, 3) Jerusalem was God se uitverkore heiligdom en hulle toekoms was ten nouste daaraan verbind.
Dit het ook ‘n impak gehad op ander Israeliete wat die Here wou dien. Hulle het volgehou met die pelgrimstogte na Jerusalem om daar offerandes te bring en so ‘n tyd lank verdere stabiliteit vir die Suidryk gebring, totdat daar ‘n verandering gekom het met die inval van Sisak uit Egipte. Die voortdurende oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam het uiteraard ook ‘n groot rol gespeel (2 Kron. 12:15).
Rehabeam se keuse van Abia as opvolger en die slim plasing van sy skare seuns in die versterkte stede van Juda en Benjamin – 11:18-23.
Rehabeam tree ook met groot oorleg op in sy verstommend groot gesin van 18 vroue, 60 byvroue, 28 seuns en 60 dogters. Hy kies wel vir Abia as troonopvolger, omdat hy liewer was vir Maäka (ook Miga genoem, en ‘n dogter van Uriël, wat waarskynlik haar werklike pa was – 2 Kron. 13:2), die dogter van Abisalom (‘n onbekende persoon, hoewel sommige hom met Absalom identifiseer, en waarskynlik haar oupa was, soos die frase “dogter van” soms gebruik is), maar volg die slim beleid om sy seuns oral in die versterkte stede verantwoordelikheid te laat neem, en ondersteun hulle met ‘n oorvloed lewensmiddele en ‘n menigte vroue wat hy deur allerlei onderhandelinge vir hulle in die hande gekry het.
Rehabeam se verootmoediging voor die Here met die inval van Sasak van Egipte – 12:1-12
Rehabeam tree egter nie met genoeg oorleg in sy verhouding met God op nie, wat lei tot ‘n inval deur koning Sisak van Egipte. Die Kronis noem net dat Rehabeam en die hele Israel saam met hom die woord van die Here verontagsaam het, maar Konings gee die detail daarvan: “Hulle het vir hulle hoogtes gebou en klippilare en gewyde pale opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. Daar was selfs manlike tempelprostitute in die land …” (1 Kon. 14:23-24).
Onder Semaja se leiding verootmoedig Rehabeam en die volk hulle voor die Here wat die impak van die inval tot dié van ‘n stropingsproses verminder. Hulle word nie totaal uitgewis en onderdanig aan Egipte gemaak nie. “Daar was trouens nog iets goeds in Juda,” sê die Kronis.
Die epiloog oor Rehabeam se dood en nalatenskap – 12:13-16
Rehabeam het dus goeie dinge gedoen, met groot oorleg opgetree, was op tye leerbaar en berouvol, maar het uiteindelik gefaal in sy primêre roeping, dat hy hom moes toelê daarop “om na die wil van die Here te vra”. Daarmee leer ons dat ‘n mens met goeie dinge besig kan wees en goeie dinge kan doen, maar as ons nie deurentyd in alles met God besig is nie, tel die goeie dinge nie punte nie (by wyse van spreke!).
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - Apr 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - Apr 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - Apr 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - Apr 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - Apr 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - Apr 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - Apr 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - Apr 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - Apr 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - Apr 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - Apr 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - Apr 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - Apr 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - Apr 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - Apr 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - Jun 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - Jun 4, 2013