Skip to main content

2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf

Die verhaal van koning Joram van Juda, seun van Josafat, vind ons ook in 2 Kon. 8:16-23 hoewel die Kronis ’n hele paar ander detail byvoeg, onder andere oor die teregwysing van Elia en Joram se ongeneeslike siekte.  Daar is ook kort verwysings na hom in 1 Kon. 22:5 en 2 Kon. 1:17.  Interessant genoeg het Joram dieselfde naam as Agab se kleinseun, Joram, en regeer hulle ongeveer vir ’n jaar (843 v.C.) gelyktydig vir Juda en Israel onderskeidelik (2 Kon. 1:17).

Joram was die oudste van sy 6 broers wat deur die Kronis genoem word, en wys gou sy wreedaardige karakter deur hulle en sommige van die Israelitiese leiers te laat vermoor ná hy die troon bestyg het.  Dat hy getroud was met ’n dogter van Agab word hom verkwalik deur die Kronis, maar nog dieper as dit was sy probleem dat hy gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here.

Dat Josafat nou só ’n nalatenskap in terme van sy familie moes hê!  Dit is net die belofte aan Dawid wat die Here keer om hom en die hele koningshuis van Dawid nie heeltemal uit te wis en met iemand anders te begin nie, soos die Kronis dit beskryf. God se genade is die enigste ligpunt in ’n andersins baie donker verhaal, maar tog iets waaraan ’n mens kan vashou.  Sonder dié genade sou die Messiaanse lyn gebreek het …

Joram faal volgens die Kronis op twee vlakke:

  • Polities: die Edomiete verwerf hulle onafhanklikheid van hom deur ’n opstand.  Ook die mense van Libna (= “die witte”) wat aanvanklik deur Josua met die Intog onderwerp is (Jos. 10:29) en as stad vir die Leviete gegee is (Jos. 21:13), kom teen hom in opstand.  Die ergste was egter die Filistyne en Arabiere wat Juda ingeval en die paleis gestroop het en sy familie uitgewis het, net met een seun Joahas (ook Ahasia genoem) wat oorleef het.  Dit het die gaping geskep vir Joram se vrou, Atalia (wat die aanval moes oorleef het), om haar houvas op die troon te verstewig en ná Joahas se kort regeringstyd self die koningskap oor te neem.
  • Godsdienstig: hy verlei die Judeërs tot grootskaalse afgodediens en vergeet dat die koningskap ’n gawe van God is wat net in standgehou word deur ’n groeiende verhouding met Hom.  Die gramskap van Elia, die profeet wat veral bekendheid in Israel verwerf het, ontvlam teen hom en wys Joram tereg in ’n brief waarin sy einde deur ’n ernstige ongeneeslike (maar ook onbekende) siekte van die ingewande voorspel word.  Terloops, sommige geleerdes dink dat Elia teen dié tyd al sy “hemelvaart” beleef het, omdat Elisa al optree in die tyd van Josafat, Joram se pa (2 Kon. 3).  Volgens 2 Kon. 1:17 oorvleuel die  twee Jorams se regeringstyd egter terwyl Elia nog lewe.  Dit kan dus wees dat Elisa al begin optree het terwyl Elia nog op aarde was en dat die gebeure in 2 Kon. 3 vóór dié in 2 Kon. 1 plaasgevind het.  Na watter kant ’n mens ook al daaroor redeneer, die kronologie tussen die verhale in Konings en dié in Kronieke bly hier ’n wesenlike probleem wat nie maklik geharmonieer kan word nie.

Joram sterf ’n baie pynlike dood met die siekte van sy ingewande met niemand wat oor hom getreur het nie. Trouens hy is die eerste koning in die Dawidiese lyn waaroor die Kronis heeltemal negatief is.  ’n Tragiese geskiedenis wat ’n mens liewer net van wil vergeet!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda