WEEK 1: 1 Kronieke 1-9

Hier is ’n oorsig van die eerste 9 hoofstukke, die geslagsregisters wat die teruggekeerde ballinge verbind aan Adam en Noag, Abraham en die volk van God.  Dit sal jou help om die breë prentjie van die lang geskiedenis wat hiermee beskryf word, in gedagte te hou:

  • Van Adam tot Noag – 1:1-23
  • Van Abraham tot Isak en Ismael – 1:24-42
  • Die Edomiete (Esau) – 1:43-54
  • Die stamvaders en die nageslag van Juda – 2:1-55
  • Die nageslag van Dawid – 3:1-24
  • Die stam Juda – 4:1-23
  • Die stam Simeon – 4:24-43
  • Die stam Ruben – 5:1-10
  • Die stam Gad – 5:11-17
  • Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22
  • Die halwe Manassestam – 5:23-24
  • Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26
  • Die stam Levi – 6:1-81 (die stam, die Levitiese geslagte, die tempelsangers, die geslag van Aäron, die woonplekke van die Leviete)
  • Die stam Issaskar – 7:1-5
  • Die stam Benjamin – 7:6-12
  • Die stam Naftali – 7:13
  • Die stam Manasse – 7:14-19
  • Die stam Efraim – 7:20-28
  • Die woongebied van Manasse – 7:29
  • Die stam Aser – 7:30-40
  • Die stam Benjamin – 8:1-40
  • Die Israelitiese families in Jerusalem na die ballingskap – 9:1-9
  • Die priesters en Leviete in Jerusalem – 9:10-34
  • Die afkoms en geslag van Saul – 9:35-44

Hier is ’n paar opmerkings op die manier waarop die geslagsregisters georden word:

  • Juda se geslagsregister word eerste beskryf van al Jakob se seuns, wat die voorrang van die Dawidshuis uit die stam van Juda bevestig.
  • Josef word nie as een van die seuns van Jakob genoem nie, wel sy twee seuns: Efraim en Manasse (in twee gedeel).
  • Die stam van Benjamin word laaste genoem en die eerste 9 hoofstukke afgesluit met die afkoms en nageslag van Saul, omdat dit die stam en koning is wie se verhaal eerste aan die beurt gaan kom van hoofstuk 10 af voordat die fokus verskuif na Dawid en Juda in die res van Kronieke.
  • Die stamme van Dan en Sebulon word nie genoem nie, hoewel hulle name wel as Israel (Jakob word meesal só genoem) se seuns gelys word in 2:1.

Ons lees dié 9 hoofstukke soos volg:

  • Dag 1 – hoofstuk 1 (en inleiding)
  • Dag 2 – hoofstuk 2-4:23
  • Dag 3 – hoofstuk 4:24-5
  • Dag 4 – hoofstuk 6-7
  • Dag 5 – hoofstuk 8-9

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d