2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here
Vier van die episodes uit Asa se lewe kom nie voor in Konings nie waarvan drie ons leeswerk uitmaak vandag in hoofstuk 14-15:
- Asa hervorm die godsdiens en versterk die land militêr weens die rus wat God hulle gee – 14:2-7
- Asa verslaan die Kussiete deur op God te steun – 14:8-15
- Asa sit sy godsdienstige hervormings voort en sit ook die Asjera-aanbidder koninginmoeder Maäka af – 15:1-19
Asa hervorm die godsdiens en versterk die land militêr weens die rus wat God hulle gee – 14:2-7
Die hoof-oordeel oor Asa se lewe is dat hy gedoen het wat goed en reg is in die oë van die Here sy God.
- Hy het op godsdienstige vlak omvattende hervormings aangebring. Aan die een kant was dit formeel godsdienstig van aard: altare, hoogtes, klippilare en gewyde pale het in die slag gebly sodat die volk God self kon aanbid. Aan die ander kant was dit ook persoonlik geestelik van aard: hy het die volk beveel om aan God gehoorsaam te wees deur sy wil te doen en sy gebooie na te kom. Vergelyk die gedeelte wat ek oor God se bekende en verborge wil geskryf het.
- Hy het op militêre vlak die rus wat hy geniet het van oorlog aan die begin van sy regeringstyd goed benut om die vestingstede in Juda te bou met versterkte mure, torings, poorte en sluitbalke.
Hy kon dit doen omdat sy pa Abia sy koningskap ’n tyd van vrede nagelaat het en die Here sy seën op Asa laat rus het.
Asa verslaan die Kussiete deur op God te steun – 14:8-15
Toe die (amper onvermydelike tyd van) oorlog uiteindelik aanbreek, was Asa nie net gereed in terme van sy vestingstede en 580 eenhede (dit is een van die interpretasie van die term 1000 in dié konteks) weerbare manne uit Juda en Benjamin nie, maar Asa roep die Here aan en maak eksplisiet staat op God se steun in die oorlog teen die Kussiete (ook teen die Libiërs soos ons aflei uit 2 Kron. 16:8).
Die Here antwoord hom deur oorwinning in die oorlog teen ’n groot oormag waarna hulle ’n groot buit van kleinvee en kamele teruggeneem het. Ontstellend dat dié diere natuurlik geplunder is by gewone mense … oorlog was nog nooit aangenaam nie.
Asa sit sy godsdienstige hervormings voort en sit ook die Asjera-aanbidder koninginmoeder – 15:1-19
Asarja, die seun van Oded, verskyn nou op die toneel, waarskynlik omdat Asa bemoediging nodig gehad het om verder te gaan met sy godsdienstige hervormings ná die ervarings in die oorlog. Die Gees van God kom oor hom en bring God se boodskap vir Asa en al die manne van Juda en Benjamin om vas te staan en nie moedeloos te word nie. Hulle moes doodgewoon na die Here bly vra en by Hom staan, al kom wat. Dan sou hulle voorspoedig wees in alles wat hulle aanpak.
Dit inspireer Asa om die afgodsbeelde vêrder af te takel en die altaar wat voor die tempel was, te laat regmaak. Dit kan wees dat die Asjera-beeld wat deur die koninginmoeder Maäka opgerig is, die plek van dié altaar geneem het, maar met Asa se afdanking van haar as koninginmoeder natuurlik ook in die slag gebly het.
Dit het sy volk só geïnspireer dat die volk se aanhang van Asa gegroei het en selfs immigrante uit Efraim en Manasse (ryk van Israel) en selfs van Simeon uit die suide, by hom aangesluit het. Nie net is die politieke bande egter versterk nie, die verbond met God is hernu en die algemene geestelike vlak van toewyding het beduidend gestyg, sodat die Kronis kan skryf: “Dit was vir hulle ‘n vreugde om na die Here te vra, en Hy het Hom deur hulle laat vind!” (2 Kron. 15:15). Wat ’n getuienis en voorbeeld vir ons om na te volg!
Geen wonder dat die Kronis dan juis daardie wonderlike uitspraak oor God munt, soos ons in die volgende hoofstuk gaan lees: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” (2 Kron. 16:9). Dié God is vandag nog dieselfde!
Die laaste vers se opmerking oor die feit dat daar nie oorlog was tot in Asa se 35ste jaar moet waarskynlik só verstaan word, dat daar nie oorlog op Judese grondgebied was nie. Anders maak dit nie sin in die lig van die Kussiete se aanval en die voortdurende oorlog met Israel nie (1 Kon. 15:16).
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013
- Bybelskool oor Kronieke
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer
Tags: Kronieke
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Heinrich, die term apokaliptiek is afgelei van ‘n Griekse woord wat “openbaring” beteken. Dit verwys na literatuur wat geskryf is oor die toekomstige oordeel aan die einde van die tyd. Dit word gekenmerk deur simboliek en hemelse agente wat optree. Apokaliptiese geskrifte verwag dat God die ou onvolmaakte orde sal vernietig en die wêreld na sy oorspronkilke paradys-agtige toestand sal herstel. Dit is Bybelse boeke soos Daniël (hfst 7-12) en Openbaring, asook Bybelgedeeltes soos Jesaja 24-27 en Matteus 24-25.
Heinrich Du Preez
| #
Hi
Ek wil graag weet wat beteken apokapliptiese boeke
Chris van Wyk
| #
Hi Kobie,
Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele
Matteus is die enigste wat hierdie gelykenis van Jesus vertel (Matt 13:51-52).
Nuwe en ou skatte
51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” het hulle geantwoord. 52 En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat ‘n leerling in die koninkryk van die hemele geword het, soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.” (Bybel 2020-vertaling).
Daarom rond Jesus ‘n gesprek af wat Hy oor sy geestelike familie gehad het (“Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” – Matt 12:50). Hy het in die loop van die gesprek sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemele vertel, die gelykenisse van die saaier, onkruid, mosterdsaad, suurdeeg, verborge skat, pêrel en treknet.
Jesus het hierdie gelykenisse vertel, sodat dié wat ore het om te hoor, kan hoor (Matt 13:9-17). Die ongemaklike waarheid was dat daar talle Jode was wat juis nie wou hoor nie, en daarom was die gelykenisse vir hulle onverstaanbaar. Die gelykenisse was net verstaanbaar vir dié wat ore gekry het van sy Vader om te hoor (Matt 13:11), dié wat bereid was om te doen wat God vra (Matt 12:50).
Jesus vra dan die disspels of hulle regtig verstaan wat Hy deur die gelykenisse geleer het. Hy moet seker maak dat hulle verstaan voor Hy verder die evangelie met hulle deel.
Op hulle positiewe antwoord vertel Jesus dan ‘n verdere gelykenis, die gelykenis van die huiseienaar en sy voorraadkamer, om hulle te bevestig in hulle verstaan van die evangelie. Hulle is soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy voorraadkamer haal.
Dit is trouens ‘n beskrywing van wat met elke skrifkenner gebeur wat tot insig kom. Wanneer hy of sy deel word van Jesus se familie, omdat hulle bereid is om die wil van God te doen, word hulle leerlinge in die koninkryk van die hemele. En kry hulle die voorreg om kreatief te werk met beide die nuwe – Jesus se lering – en die oue – die Skrif van die OT. Saam vorm dit die Woord van God.
Boodskap en betekenis
Hierdie gelykenis is ‘n absoluut fundamentele uitspraak oor die relevansie van beide die Skrif – die Ou Testament – en die boodskap van Jesus – die uiteindelike Nuwe Testament. Elkeen wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemele sal nuut kyk na die openbaring van God, sê Jesus.
Aan die een kant sal hulle ‘n nuwe perspektief op die waarde van die oue kry – die OT. Aan die ander kant sal hulle insig kry in die waarde van die nuwe – die NT. Trouens, deur die bril van die openbaring van Jesus – die NT – sal hulle juis die oue nuut kan waardeer – die OT.
Charles Quarles gebruik hierdie gelykenis van Jesus as die invalshoek van sy teologie van Matteus – A Theology of Matthew: Jesus Revealed as Deliverer, King, and Incarnate Creator. Hy sê dat daar ‘n goeie saak uit te maak is daarvoor dat Matteus die gelykenis ook outobiografies verstaan het. Dit is nie net waar van elke skrifkenner nie, maar ook van Matteus wat ‘n kenner van die OT was.
Daarvan getuig die talle aanhalings wat hy uit die OT maak. Onder andere is daar 19 profesieë uit die OT wat Matteus op Jesus van toepassing maak as getuienis dat dit in Hom vervul is.
Vir jou verstaan van die oue en die nuwe en die blywende waarde van albei sal dit die moeite werd wees om die verwysings in hierdie lys na te gaan en te oordink.
Matteus stel Jesus aan ons voor as die vervulling van die volgende OT profesieë:
1. Matteus 1:22-23 sê Jesaja 7:14 is vervul in Jesus dat die Messias uit ‘n maagd gebore sou word.
2. Matteus 2:6 sê Miga 5:2 is vervul in Jesus dat die Messias in Bethlehem gebore sal word.
3. Matteus 2:15 sê Hosea 11:1 is vervul in Jesus dat die Messias uit Egipte geroep sal word.
4. Matteus 2:18 sê Jeremia 31:15 is vervul in Jesus dat ‘n kindermoord in sy tyd sou plaasvind.
5. Matteus 3:3 sê Jesaja 40:3 is vervul in Jesus dat ‘n profeet in die woestyn die koms van die Here sou voorberei.
6. Matteus 4:14-16 sê Jesaja 9:1-2 is vervul in Jesus dat die Messias na die nasies van Galilea sou kom.
7. Matteus 8:17 sê Jesaja 53: 4 is vervul in Jesus dat die Messias ons siektes en swakhede sou dra as ‘n offerlam.
8. Matteus 10: 35-36 sê Miga 7:6 is vervul in Jesus dat die Messias familielede teen mekaar sou draai.
9. Matteus 11: 5 en 15:31 sê Jesaja 26:19; 29:18; 35:5; 42:18; en 61:1 is vervul in Jesus dat die Messias blindes sal laat sien, lammes sal laat loop, die dowes laat hoor, dooies sal opwek en die evangelie aan die armes sal verkondig.
10. Matteus 11:10 sê Eksodus 23:20 en Maleagi 3:1 is vervul in Jesus dat ‘n boodskapper die koms van die Messias sou voorafgaan.
11. Matteus 12:18-21 sê Jesaja 42:1-4 is vervul in Jesus dat die Messias nie luid of pretensieus sou wees nie.
12. Matteus 13:14-15 sê Jesaja 6: 9-10 is vervul in Jesus dat die Messias se leer misverstaan sou word.
13. Matteus 13:35 sê Psalm 78:2 is vervul in Jesus dat die Messias met gelykenisse die mense sal leer.
14. Matteus 15: 8-9 sê Jesaja 29:13 is vervul in Jesus dat God se volk teen hom sou rebelleer en valse dinge oor Hom sal versprei.
15. Matteus 17: 10-13 sê Maleagi 4:5 is vervul in Jesus dat die koms van die Messias voorafgegaan sal word deur die koms van ‘n Elia-figuur.
16. Matteus 21:5 sê Jesaja 62:11 en Sagaria 9: 9 is vervul in Jesus wat die Messias se oorwinning in Jerusalem voorspel.
17. Matteus 26:31 sê Sagaria 13:7 is vervul in Jesus dat die Messias se dissipels hom sou verlaat.
18. Matteus 27: 9 sê Sagaria 11:13 is vervul in Jesus dat die Messias vir dertig silwerstukke verraai sou word.
19. Matteus 27:35,43,46 sê Psalm 22:1-2, 6-8,18 is vervul in Jesus dat mense vir die Messias se klere sou loot en Hom bespot en dat die Vader hom sou verlaat tydens sy lyding vir die kwaad.
Chris van Wyk
| #
Hi Pieter (ek sal nog antwoord oor die doop – net vasgedraai), ek gaan daaroor skryf in my Prontuit die Waarheid reeks vanaf die begin van Julie af.
Pieter
| #
Middag Chris
Jy het nie ‘n skrywe oor Lent wat meer die laaste 40 dae van Jesus na die kruis verduidelik.
Groete
Pieter
Kobie Marais
| #
Verduidelik asb vir my Matteus 13vers 52
Chris van Wyk
| #
Dankie, Jan. Eintlik verstommend hoe diep die Noag-verhaal ingebed is in die hele Bybel. Dit het selfs ‘n invloed op die “sinode”-sitting in Jerusalem (Hand 15) gehad en op ons siening van die doop (1 Pet 3). Noag is nie ‘n liggewig nie. Ons ignoreer hom tot ons skade.
Jan Louw
| #
Baie waardevol. Dankie Chris
Chris van Wyk
| #
Hi Denver, jy kan dit kry by https://bybelskool.com/matteus/
Denver
| #
Ek soek graag meer inligting oor Matteus