2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here
Die hoofstuk val in twee helftes uiteen:
- Die eerste gedeelte is ’n verheffende storie oor Joas wat die tempel herstel en doen wat sy mentor en pleegpa, Jojada, hom leer – vers 1-16.
- Die tweede gedeelte handel oor die tragiese einde van Joas wat val vir die vleitaal van die leiers van Juda en nie net die Here verlaat nie, maar ook sy pleegpa se seun, Sagaria, laat doodmaak op valse aanklagte toe dié hom aangespreek het oor sy oortreding van God se gebooie – vers 17-27. Stank vir dank wil ’n mens uitroep!
Die patroon van groot hoogtes en net daarna diep laagtes in die lewens van die konings is nou al oor en oor vasgelê. Die ideaal van ’n koning wat sy sout werd is en dit reg deur sy lewe bly, is steeds lewendig … maar net so seer weet ’n mens net dat die werklikheid telkens hierdie ideaal dwarsboom. Die verwagting na ’n koning wat regdeur sy lewe goed sal doen en reg sal lewe groei in die gemoed van almal wat dié verhale lees, ’n verwagting wat ’n hele paar eeue hierna eers uiteindelik met die geboorte van die Messiaanse koning, Jesus, verwesenlik sou word.
Joas herstel die tempel
Joas se verhaal begin met die rol wat Jehoseba, sy tannie, in sy lewe speel deur hom van doodsgevaar te red teen groot risiko vir haar eie lewe. Maar dit is nie net ’n heldedaad (Jehoseba) wat sy koningskap aanvanklik gevorm het nie. Dit is op nog ’n dieper vlak aan ’n uitstaande mentor en begeleier in die persoon van haar man, die hoëpriester Jojada, te danke dat sy koningskap gefloreer het.
Jojada is op 130 jarige ouderdom eers dood, wat beteken dat hy in sy tagtigerjare moes gewees het toe Joas op eenjarige ouderdom in sy huis ingeneem is om hom te beskerm. Hy was dus ’n wyse deurleefde man wat seker gemaak het dat Joas doen wat reg is in die oë van die Here. Jojada het selfs vir Joas twee vrouens gekies wat natuurlik nie om dowe neute was nie. Dit het die gevaar van ’n oorname deur die Omri- en Agab-dinastie van die noordelike ryk van Israel in die kiem gesmoor. Dit het ’n beslissende rol gespeel in die voortbestaan van die Dawidshuis.
Joas het onder Jojada se leiding die tempel herstel na sy vorige glorie, na al die verwoesting wat Atalia met haar Baälaanbidding in die tempel gesaai het. Let op hoe die Leviete en priesters oral in die land geld insamel om die tempel te herstel, maar aanvanklik bietjie aangepor moes word om iets met die geld te doen! Die kis wat by die tempel geplaas is, het die doel van ’n herinnering aan die volk gehad en gedien as kontrole in die insameling van die offergawes. Ons tref natuurlik dieselfde gebruik in die NT aan met die weduwee wat haar gawe in die kis by die tempel kom ingooi (Mark 12:42), ’n gebruik wat vandag nog deur baie kerke wêreldwyd nagevolg word. Dit wil lyk asof dié gebruik juis uit die dae van Joas dateer en of aan hom (Konings se weergawe) of aan Jojada (Kronis se weergawe) toegeskryf kan word.
’n Mens word getref deur die groot kontrole wat toegepas word met die geldinsameling, die deeglike en vinnige uitvoering van die herstelwerk deur die vakmanne en die feit dat die geld vir niks ander gebruik is as waarvoor dit ingesamel is nie. Toe die geld te veel is vir die herstelwerk, is die tempelgereedskap aangevul. ’n Voorbeeld van goeie rentmeesterskap.
Die verhaal word ook met kleiner wysigings vertel in 2 Kon. 12:1-16. Konings laat by ’n mens die indruk dat die priesters geld aanvaar het vir die herstel van die tempel maar dit nie daarvoor gebruik het nie en op ander dinge gespandeer het. Konings meld spesifiek dat die voormanne wat toe aangestel is om die projek te bestuur eerlik was en die geld vir die herstelwerk ingespan het. ’n Mens lei af dat korrupsie gedreig het, maar afgeweer is deur die vroegtydige tussenkoms van Joas. Daar word ook meer detail van die skrynwerkers, bouers en messelaars gegee wat aan die projek deelgeneem het.
Joas val vir die vleitaal van die leiers
Met die dood van Jojada op die rype ouderdom van 130 het die situasie egter verander. Moontlik het Joas as koning te min self gedoen, hetsy uit eie keuse of onder die leiding van sy pleegpa, maar toe hy uiteindelik net op sy eie bene staan in sy middel veertigs, het hy voor die aartsversoeking geval, vleitaal. Dit is ’n les vir alle mentors om nie met jou begeleiding die inisiatief en verantwoordelikheid van die mentee te beperk of te inhibeer nie.
Joas verset hom teen die profete wat hom waarsku en begaan die liederlike sonde om sy eie pleegpa se seun, Sagaria, wat onder leiding van die Gees van God hom kom aanspreek, valslik te laat beskuldig en met klippe te laat doodgooi. “Koning Joas het nie gedink aan die liefde wat sy pleegvader Jojada aan hom bewys het nie …” Sy amptenare maak hom daarom in sy eie bed dood, na hy swaar gewond is in die geveg met die Arameërs.
’n Mens kan seker nie anders as om die eerste Christelike martelaar, Stefanus, in die NT in herinnering te roep nie. Waar Sagaria egter werk met die oordeel van die Here: “Die Here sien dit, Hy sal julle straf!” kyk Stefanus hemel toe en sien die Here aan die regterhand van God staan en roep uit: “Moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” (Hand 7:60).
Daarmee doen hy wat Jesus self aan die kruis gedoen het: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk. 23:34). En by wyse van spreke: Joas sterf na Sagaria se oordeel – maar Saul lewe na Stefanus se gebed, want dit is by dié steniging waar God se storie met Saul begin! En dit is daarom met dié gebed van Stefanus, wat op Jesus s’n gemoduleer is, wat ons teenstand en verguising kan ontmoet. “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Vyandsliefde op sy diepste.
Die verhaal word ook in 2 Kon. 12:17-21 vertel, maar met baie minder detail as in die Kronis. Dit laat ’n mens met ’n baie meer positiewe prentjie van Joas in Konings as in dieselfde verhaal in Kronieke, ’n bietjie anders as sy normale manier van werk.
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - April 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - April 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - April 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - April 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - April 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - April 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - April 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - April 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - April 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - April 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - April 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - April 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - April 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - April 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - April 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - June 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - June 4, 2013