WEEK 8: 2 Kronieke 33-36

Ons kom by die laaste 4 hoofstukke van Kronieke waarin dit oor die volgende 7 konings van Juda en hulle regeringstyd handel:
  • Manasse (697-642 v.C.) ,
  • Amon (642-640 v.C.),
  • Josia (640-609 v.C.),
  • Joahas (609 v.C.),
  • Jojakim (609-597 v.C.),
  • Jojagin (597 v.C.) en
  • Sedekia (597-586 v.C.).

Dit dek ’n tydperk van net meer as ’n 100 jaar, van die begin van die 7de eeu v.C. af in 697 v.C. (Manasse) tot aan die begin van die 6de eeu waarin die uiteindelike ballingskap van Juda met twee wegvoerings in 597 v.C. (Jojagin) en 586 v.C. (Sedekia) plaasvind:

  • 2 Kronieke 33Manasse wat ‘n gruwelike koning is, maar tot inkeer kom, sowel as die kort verhaal van die onberouvolle Amon;
  • 2 Kronieke 34-35Josia wat die afgodery in sy land baie effektief bestry, die wetboek ontdek en groot hervormings op grond daarvan te weeg bring, sowel as die Paasfees herinstel, maar uiteindelik teen Egipte die onderspit delf;
  • 2 Kronieke 36Joahas, Jojakim, Jojagin en Sedekia wat die onbenydenswaardige nalatenskap het dat hulle die volk in ballingskap inbestuur met hulle ongehoorsaamheid en onbeholpenheid.

Dit is ook die tyd van die volgende 4 Skrifprofete (vroeër was daar nou al Jona, Amos, Jesaja, Hosea en Miga):

  • Nahum – hy is waarskynlik ’n noord-Israeliet (dorpie Elkos) wat gebore is ná die ballingskap in 722 v.C., en nou vanuit Nineve as profeet optree, waarskynlik in die tyd van Manasse en sy profesie in die vorm van ’n brief aan Juda skryf as ’n uitspraak teen Nineve om Juda van God se sorg te oortuig én hulle op te roep om Hom te dien;
  • Sefanja – hy tree in die tyd van Josia op, waarskynlik net voor Josia met sy hervormings in 721 v.C. begin het (Sef.1:1 – sommige dink dat hy ’n agter-kleinkind van Hiskia was) en het waarskynlik reeds begin om ’n klimaat te skep vir Josia se hervormings, sowel as vir Jeremia se bediening;
  • Jeremia – hy tree in die tyd van die laaste 5 konings van Juda op en het ’n deurslaggewende profetiese rol in die hervormings van Josia aan die eenkant en in die onafwendbaarheid van die ballingskap aan die ander kant (627 v.C., die 14de jaar van Josia se regering, tot in die ballingskapstyd);
  • Habakuk – hy tree spesifiek op in die tyd van die bedreiging van die Galdeërs onder Nebukadnesar, êrens in die laaste dekade van die 7de eeu v.C., waarskynlik in die regeringstyd van Jojakim.

Net om die prentjie volledig te maak: Esegiël, Obadja en Daniël (tegnies natuurlik ‘n apokalips) tree hierna in die ballingskap op.  Haggai, Sagaria, Joël en Maleagi is die laaste van die Skrifprofete wat in die OT opgeneem is en tree ná die ballingskap op.

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d