2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie

Ahasia is ‘n tragiese koning

Ahasia se verhaal word ook in 2 Kon. 8:25-29 vertel met enkele sydelingse verwysings na hom in hfst. 9-10 van Konings.  Die Kronis brei daarop uit met meer detail oor Jehu se optredes teen Ahasia en sy broers.

Dit is regtig nog ‘n tragiese verhaal na dié van Joram, eerstens omdat Ahasia op 42 nog nie sy eie besluite kon neem nie en meegesleur word deur sy ma Atalia se raad om nie die Here te dien nie.  Hy dien vir Baäl, soos sy ma hom geleer het en sy van huis uit geleer is deur haar pa Agab en oupa Omri (sy was dus sy kleindogter, anders as wat die vertaling sê).  Ahasia was dus volledig onder die invloed van die Omri-dinastie (22:5).

Maar tweedens is dit ’n tragiese verhaal, omdat Ahasia se regering net vir ‘n jaar duur en hy en die meeste van sy broerskinders uitgemoor is deur Jehu.  Dit is wel deur God beskik as deel van die profesieë wat Hy vir Elia gegee het, maar dit bly hartseer in terme van die chaos magte wat al hoe meer gedreig het om die Dawidslinie tot ‘n einde te laat kom.

Die slegte leierskap van Joram en Ahasia het die tafel gedek vir die koninginmoeder Atalia om oor te neem.  Die moontlikheid van die Messiaanse lyn om tot ’n einde te kom, was groot.

Atalia word deur die priesters getroef

Omdat daar niemand was uit die koningshuis van Ahasia wat oud genoeg was om die regering oor te neem nie, kon Atalia as koninginmoeder regeer.  Sy was egter baie bewus daarvan dat as die jongelinge groter word, haar koningskap weer in gedrang gebring sou word.  Daarom soek sy alle aanspraakmakers op die troon om hulle uit die weg te ruim.

Joram se een dogter, Jehoseba, was egter die heldin wat in die bres gaan staan en die koningshuis van Dawid van ondergang red.  Sy gryp een van Ahasia se eenjarige babas, Joas en versteek hom in haar kamer in die tempel.   Sy was boonop getroud met die hoëpriester Jojada en met sy hulp wag hulle hul kans af om op Joas se sewende jaar hom as koning uit te roep en Atalia se koningskap te beëindig deur haar te vermoor sowel as die Baälspriester, Mattan.

Met ‘n fyn uitgewerkte plan verseker hulle dat met die hulp van die Leviete, die bevelhebbers en die familiehoofde die belofte van die Here oor die nageslag van Dawid in standgehou word.  Jojada laat die volk die verbond met God hernuwe.  Hulle sou ’n volk wees wat die Here dien (23:16), soos die wet van Moses en die voorskrifte van Dawid dit gereël het.

Terloops: Sommige geleerdes dink dat Joas nie soseer in gevaar was om doodgemaak te word nie, omdat Atalia volgens sekere tradisies nie sou kon regeer sonder dat daar ’n manlike nasaat is wat ná haar sou kon regeer nie.  Die teks is egter redelik duidelik daaroor dat Joas in doodsgevaar was, wat dié teorie in dié geval onwaarskynlik maak.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: