Skip to main content

Geslagsregisters in Kronieke

’n Paar opmerkings oor geslagsregisters kan jou help om die sin daarvan te verstaan en selfs te waardeer (met erkenning aan Braun, 1 Chronicles, Word Biblical Commentary).


Geslagsregisters kan horisontaal beskryf word: “Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.” (1 Kron. 1:4) of vertikaal: “Die seun van Salomo was Rehabeam en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat …” (1 Kron. 3:10).  Wanneer dit beide horisontaal as vertikaal beskryf word (geleerdes noem dit gesegmenteerd), soos baie keer in 1 Kronieke 1-9, druk dit veral die onderlinge verhoudinge tussen die onderskeie vertakkinge van die geslagsregister uit, wat van groot betekenis is om die relatiewe belangrikheid van dié onderskeie geslagte al dan nie te onderskei.  Terloops, wanneer sommige persone meer prominent genoem word, of ander heeltemal uitgelaat word, word dit met die term teleskopering beskryf.

Dit verklaar hoekom Juda, die 4de seun van Jakob, daarom in 1 Kron. 3 eerste beskrywe word en in meer detail as die ander seuns van Jakob, veral omdat dit die prominensie van die Dawidshuis bevestig, een van die doelwitte van die Kronis se boek.  Die geslagregisters het daarom ook groter waarde as maar net die eksplisiete beskrywing van die bloedlyne wat daarmee uitgelig word en dien om die belang van geografiese, sosiale, ekonomiese, godsdienstige en politiese realiteite te onderstreep.

Die geslagsregisters gee daarmee ’n omvattende historiese oorsig van Israel waarin die kronologiese verbintenis van die terugkerende ballinge met dié wat voorheen daar gewoon het, bevestig word.  Die Kronis verbind die Judeërs dus aan hulle eie geskiedenis en vestig hulle identiteit in dié van hulle voorgeslagte.

Dit beteken natuurlik ook dat hy hulle verbind aan God se geskiedenis met Sy volk, ’n God wat lojaliteit aan Hom beloon deur dié te seën wat Hom gehoorsaam, soos in die verhale van Dawid en Salomo uitgespel gaan word.  Dit is juis omdat die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie, dat hulle weggevoer is, soos die Kronis met hulle geslagsregister in hoofstuk 5 gaan aantoon.  Daarteenoor word die omgekeerde met die verhaal van Jabes in die geslagsregister van Juda geïllustreer, hoofstuk 4, om as simbool te dien van hulle getrouheid aan God, uitgedruk deur Jabes se gebedsafhanklikheid.

Twee van die Nuwe Testament evangelieskrywers het ook geslagsregisters in hulle evangelies ingesluit om die verbintenis van Jesus Christus aan Abraham en Dawid se nageslagte te bevestig – Matt. 1:1-17 – sowel as nog verder terug ook aan Adam, “die seun van God” – Luk. 3:23-38.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda