Skip to main content

Leesmetode vir Kronieke

Jy kan uiteraard jou eie metode kies om Kronieke saam met my deur te lees.

’n Uitstekende manier wat ek altyd aanbeveel, is om die Bybel met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

  • Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die hoofstuk(ke) in Kronieke – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
  • Oordink die betekenis van Kronieke – kies ’n vers of woord uit die gedeelte wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed  – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
  • Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God  – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar