Inleiding op Kronieke
Omdat Kronieke se taal en teologie so volledig met Esra en Nehemia ooreenkom, word gewoonlik aanvaar dat al 4 boeke deur een persoon geskryf is. Die skrywer word daarom gewoonlik aangedui met die naam van die Kronis. Die 4 boeke word ook meesal met die titel die Kronistiese Geskiedwerk aangedui en op die laatste in 400 v.C. gedateer onder andere weens die datering van die laaste name in die geslagsregisters en die voorkoms van ’n aantal Persiese woorde (en die afwesigheid van Griekse woorde wat op ‘n later tydvak sou kon dui).
Die Kronis het 1 en 2 Kronieke geskrywe deur veral die verhale van die bekende Bybelboeke Samuel en Konings te gebruik en daarby ander materiaal te voeg – geslagsregisters uit die Pentateug, liedere uit die Psalms ensomeer – om die verhaal van Israel – veral dié van Juda en Levi – van Adam af te vertel tot ná die ballingskap in Babilon en die hervestiging in die land Kanaän. ‘n Hele aantal ander bronne word ook vermeld, onder andere ook ’n aantal profetiese annale (Samuel, Natan, Gad, Agija, Jedi, Semaja, Iddo en Jesaja) waarvan die meeste egter vir ons onbekend is.
Die Kronis vertel dié verhaal in waarderende preekstyl om die teruggekeerde ballinge te verseker dat hulle die ware Israel is, op grond van die feit dat God sy verbond met die nageslag van Dawid uit die stam van Juda gesluit het (1 Kron. 17:11 vv) en “van waar die Here self oor Israel regeer” (1 Kron. 28:5). Die stamme van die Noordelike ryk het daarenteen met hulle opstand teen die Dawidsryk gewys dat hulle afstand doen van die verbintenis aan God aan Dawid: “en dit is vandag nog so.” (2 Kron. 10:19).
Hierdie politieke opstand het ook ingesluit dat ’n ander priesterorde deur die eerste Noordelike ryk koning, Jerobeam, ingestel is wat nie van Levitiese afstamming was nie (1 Kon 12:31). Dit het tot gevolg gehad dat die ware Levitiese afstammelinge na Juda en Jerusalem getrek het om eerder aan God gehoorsaam te wees as aan die nuwe godsdiens van Jerobeam (2 Kron. 11:13 vv). Daarmee het ook ’n godsdienstige breuk gekom met die Noordelike ryk wat nooit herstel is nie en wat tot ’n al hoe groter verwydering tussen die gemeenskap van Juda en die Samaritane gelei het.
Die tempel in Jerusalem word daarom deur die Kronis onomwonde as die woonplek van God geskets soos dit ook later in Esra en Nehemia bevestig sal word. Jerusalem was die enigste legitieme aanbiddingsplek vir die ware Israel, wat verduidelik hoekom die geslagsregisters en die priesterlyste só ’n belangrike rol gespeel het. Dit het die onafgebroke geslagslyn beide in terme van die volk en priesterskap bevestig.
In Esra en Nehemia word daarby die noodsaak van institusionele strukture om die gemeenskap van Israel as gemeenskap te beveilig en bestendig verder beklemtoon, sodat hulle nie net nie sou vermeng met hulle bure nie, maar hulle identiteit as Godsvolk sou kon behou. Vandaar die weiering dat die Samaritane saam kon bou aan die tempel (Esra 4:2), omdat die gevaar van sinkretisme te groot was.
Gevolglik is die klem op die regte geslagsregister geplaas wat ’n groot impak op die Joodse gemeenskap en hulle ontwikkeling sou hê. Hulle identiteit het hiermee ongelukkig ook die gevaar geloop om te skuif na een van afstamming eerder as geloof wat selfs in die latere ontwikkeling van die Christen gemeenskap in die eerste eeu ’n enorme effek sou hê.
Terloops – die groot getalle wat regdeur Kronieke gebruik word om bv. die weerbare manne aan te dui, maak nie regtig sin in terme van wat ons uit die geskiedenis weet van dié tydperk nie. Daar is nie regtig ’n goeie verklaring daarvoor nie en moet maar met ’n knippie sout gevat word. Dit doen egter nie afbreek aan die belang en betekenis van die geslagsregisters self nie.
Indeling
1 en 2 Kronieke kan in drie dele opgedeel word:
- Die geslagsregisters van Adam af tot by die Israelitiese families ná die terugkoms uit ballingskap – 1 Kronieke 1-9.
- Die verhaal van die Verenigde Koninkryk van Dawid en Salomo waarin veral ’n waarderende blik op dié geskiedenis gegooi word – 1 Kronieke 10 – 2 Kronieke 9.
- Die verhaal van die Verdeelde Koninkryk van die onderskeie konings van Israel en Juda tot met die ballingskap – 2 Kronieke 10-36.
Die boeke Esra en Nehemia voltooi die Kronistiese Geskiedwerk met die verhaal van die terugkeer uit ballingskap en die herbou van die stad Jerusalem en die tempel en die vestiging en verdere ontwikkeling van die geloofsgemeenskap.
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013
- Bybelskool oor Kronieke
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer
Tags: Kronieke
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
My voorreg, Magda.
Chris van Wyk
| #
My voorreg, Jefferey.
Jefferey
| #
Vrede Ds Chris
Baie dankie vir die E- pose wat ek van u ontvang. Ek gebruik die meeste van u material wat u beskikbaar stel. Dit help my baie met my bybel studie.Die boeke van die bybel en inhoud verstaan ek baie beter. Dankie vir u webwerf.
Die Here seen.
Jefferey
Magda Dias
| #
Baie dankie Dominee, dit was ‘n onderwerp waarmee ek ook gesukkel het.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.