Skip to main content

2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself

Ussia se lewe val in twee dele uiteen soos trouens in mindere of meerdere mate van die meeste konings in Kronieke gesê word:

  • ‘n Tyd van voorspoed waarin hy die Here dien en doen wat reg is – vers 1-15;
  • ‘n Tyd van afvalligheid waarin hy die Here minag en in sy geval met melaatsheid gestraf word – vers 16-23.

Ussia dien die Here, doen wat reg is en beleef groot voorspoed

Ussia se noemnaam was waarskynlik Asarja, soos hy op ’n hele paar plekke genoem word (2 Kon. 15).  Ussia was waarskynlik sy koningsnaam.  Kronieke vermy sy noemnaam omdat daar ook ’n hoëpriester Asarja in dié tyd opgetree het en hy verwarring met die hoëpriester wou voorkom.

Ussia dien die Here en doen alles wat reg is, veral deur na die wil van die Here te vra.  Weereens speel ’n profeet ’n belangrike rol, Sagaria, “wat insig in die openbaring van God gehad het”.  Terwyl die verhouding tussen koning en profeet in stand gehou is, het dit goed gegaan met hom in alles wat hy onderneem het.  Hy beleef voorspoed teen die Filistyne, onderneem uitgebreide bouwerk van stede en forte en word deur die Here gehelp nie net teen die Filistyne nie, maar ook teen die Arabiere en die Meüniete (van die Seïrberge).  Sy naam het tot in Egipte bekend geword en die Ammoniete het hom met geskenke vereer.  Sy roem het wyd gestrek omdat hy op, “wonderbaarlike wyse hulp ontvang het”.

Ussia se weermag was goed toegerus met onder andere uitvindsels wat deur “slim mense ontwerp is”!  Hierdie uitvindsels  was waarskynlik ’n plaat of instrument waaragter die soldate kon wegkruip asook pyle kon afskiet en klippe kon gooi na hulle aanvallers.  Katapulte of lanseerders kom waarskynlik eers uit die Griekse tyd van ongeveer die 5de eeu v.C. af, hoewel daar ook sommige geleerdes is wat dit met die vroeëre Assiriese tyd verbind.

Wat verder kostelik is van Ussia is dat hy ook in murg en been ’n boer was: “Hy was lief vir die grond.”  Hy was veeboer, groenteboer en wingerdboer!

Ussia se selfvoldaanheid lei tot siekte en skande

Ussia se selfvoldaanheid lei egter tot sy aanmatigende houding teenoor die Here deur sy naamgenoot Asarja te probeer troef en self offers probeer bring het aan die Here.   Niks kon hom keer nie.  Hy het net briesend geraak teenoor Asarja toe dié hom probeer waarsku.

Die Here tref hom met melaatsheid wat hom uit die kollig neem.  Sy laaste dae slyt hy in ’n plek van afsondering met sy seun Jotam wat begin regeer het.  Ussia se verhale word deur Jesaja, die groot profeet en seun van Amos, neergeskryf.  In die sterfjaar van Ussia sien Jesaja sy beroemde visie van God soos ons dit het in Jesaja 6.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…