2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself

Ussia se lewe val in twee dele uiteen soos trouens in mindere of meerdere mate van die meeste konings in Kronieke gesê word:

  • ‘n Tyd van voorspoed waarin hy die Here dien en doen wat reg is – vers 1-15;
  • ‘n Tyd van afvalligheid waarin hy die Here minag en in sy geval met melaatsheid gestraf word – vers 16-23.

Ussia dien die Here, doen wat reg is en beleef groot voorspoed

Ussia se noemnaam was waarskynlik Asarja, soos hy op ’n hele paar plekke genoem word (2 Kon. 15).  Ussia was waarskynlik sy koningsnaam.  Kronieke vermy sy noemnaam omdat daar ook ’n hoëpriester Asarja in dié tyd opgetree het en hy verwarring met die hoëpriester wou voorkom.

Ussia dien die Here en doen alles wat reg is, veral deur na die wil van die Here te vra.  Weereens speel ’n profeet ’n belangrike rol, Sagaria, “wat insig in die openbaring van God gehad het”.  Terwyl die verhouding tussen koning en profeet in stand gehou is, het dit goed gegaan met hom in alles wat hy onderneem het.  Hy beleef voorspoed teen die Filistyne, onderneem uitgebreide bouwerk van stede en forte en word deur die Here gehelp nie net teen die Filistyne nie, maar ook teen die Arabiere en die Meüniete (van die Seïrberge).  Sy naam het tot in Egipte bekend geword en die Ammoniete het hom met geskenke vereer.  Sy roem het wyd gestrek omdat hy op, “wonderbaarlike wyse hulp ontvang het”.

Ussia se weermag was goed toegerus met onder andere uitvindsels wat deur “slim mense ontwerp is”!  Hierdie uitvindsels  was waarskynlik ’n plaat of instrument waaragter die soldate kon wegkruip asook pyle kon afskiet en klippe kon gooi na hulle aanvallers.  Katapulte of lanseerders kom waarskynlik eers uit die Griekse tyd van ongeveer die 5de eeu v.C. af, hoewel daar ook sommige geleerdes is wat dit met die vroeëre Assiriese tyd verbind.

Wat verder kostelik is van Ussia is dat hy ook in murg en been ’n boer was: “Hy was lief vir die grond.”  Hy was veeboer, groenteboer en wingerdboer!

Ussia se selfvoldaanheid lei tot siekte en skande

Ussia se selfvoldaanheid lei egter tot sy aanmatigende houding teenoor die Here deur sy naamgenoot Asarja te probeer troef en self offers probeer bring het aan die Here.   Niks kon hom keer nie.  Hy het net briesend geraak teenoor Asarja toe dié hom probeer waarsku.

Die Here tref hom met melaatsheid wat hom uit die kollig neem.  Sy laaste dae slyt hy in ’n plek van afsondering met sy seun Jotam wat begin regeer het.  Ussia se verhale word deur Jesaja, die groot profeet en seun van Amos, neergeskryf.  In die sterfjaar van Ussia sien Jesaja sy beroemde visie van God soos ons dit het in Jesaja 6.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: