Skip to main content

2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom

Manasse was aan die eenkant ’n gruwelike koning wat hom opgehou het met afgodsdiens.  Hy het die hoogtes weer herbou, die hemelliggame aanbid, altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale gemaak en op die koop toe afgodsaltare in die tempel gebou, waarvan een ’n besondere gruwel was, ’n altaar vir Asjera (2 Kon. 21:3).  Dit was só ’n gruwel dat die Kronis verkies om dié feit te verswyg.

Manasse het in direkte teenstrydigheid met Deut. 18 hom opgehou met goëlery, waarsêery, toordery en die oproep en raadpleging van geeste.  Daarbenewens het hy selfs van sy eie kinders as offers verbrand.  Sy goddeloosheid het amper geen perke geken nie.  ’n Mens wil ter versagting in ag neem dat hy maar 12 was toe hy koning geword het, maar sy ongehoorsaamheid oor só ’n lang tydperk kan nie aan jonkheid gewyt word nie.  Daarvoor het hy net te veel keer en te aanhoudend verkeerd opgetree.  En sy kleinseun Josia was nog jonger toe hy koning geword het en het die Here met oorgawe gedien.

Maar, anders as die skrywer van Konings wat nét dié deel van sy lewe vertel (en ook só deur Jeremia weergegee word – Jer. 15:4), vertel die Kronis ook van Manasse se berou en bekering wat ’n uitstaande getuienis van God se genade is wat selfs in die haglikste omstandighede kan seëvier.  Toe Manasse nie na die profete wou luister nie, is Manasse gevange geneem na Babel toe.  Die historisiteit hiervan is waarskynlik heeltemal gegrond, omdat al die konings van die lande wat aan die Assiriese ryk onderdanig was, in dié tyd voor Esarhaddon in Assirië verskyn het en kennis geneem het van die ooreenkomste wat hy met hulle gesluit het en waaraan hulle hul moes hou ook vir die toekoms.

Die Kronis bied egter sy eie perspektief oor wat daar met Manasse gebeur het.  Hy skryf dat dit daar so sleg met Manasse gegaan het dat hy die Here sy God uiteindelik om genade gesmeek het.  Met sy gebed van groot berou het die Here hom begenadig en laat terugkom na Jerusalem, waarna Manasse se koningskap ’n ommekeer gemaak het, die Asjerabeeld verwyder het uit die tempel en die ander altare in Jerusalem afgebreek het.  Interessant genoeg is die hoogtes nie verwyder nie, maar die volk het onder sy leiding nou net vir die Here daar geoffer.

Daar is ’n gebed van Manasse wat in die Apokriewe opgeneem is wat ek hier vir julle aanhaal:

“O Lord, Almighty God of our fathers, Abraham, Isaac, and Jacob, and of their righteous seed; who hast made heaven and earth, with all the ornament thereof; who hast bound the sea by the word of thy commandment; who hast shut up the deep, and sealed it by thy terrible and glorious name; whom all men fear, and tremble before thy power; for the majesty of thy glory cannot be borne, and thine angry threatening toward sinners is importable: but thy merciful promise is unmeasurable and unsearchable; for thou art the most high Lord, of great compassion, longsuffering, very merciful, and repentest of the evils of men. Thou, O Lord, according to thy great goodness hast promised repentance and forgiveness to them that have sinned against thee: and of thine infinite mercies hast appointed repentance unto sinners, that they may be saved. Thou therefore, O Lord, that art the God of the just, hast not appointed repentance to the just, as to Abraham, and Isaac, and Jacob, which have not sinned against thee; but thou hast appointed repentance unto me that am a sinner: for I have sinned above the number of the sands of the sea. My transgressions, O Lord, are multiplied: my transgressions are multiplied, and I am not worthy to behold and see the height of heaven for the multitude of mine iniquities. I am bowed down with many iron bands, that I cannot life up mine head, neither have any release: for I have provoked thy wrath, and done evil before thee: I did not thy will, neither kept I thy commandments: I have set up abominations, and have multiplied offences. Now therefore I bow the knee of mine heart, beseeching thee of grace. I have sinned, O Lord, I have sinned, and I acknowledge mine iniquities: wherefore, I humbly beseech thee, forgive me, O Lord, forgive me, and destroy me not with mine iniquites. Be not angry with me for ever, by reserving evil for me; neither condemn me to the lower parts of the earth. For thou art the God, even the God of them that repent; and in me thou wilt shew all thy goodness: for thou wilt save me, that am unworthy, according to thy great mercy. Therefore I will praise thee for ever all the days of my life: for all the powers of the heavens do praise thee, and thine is the glory for ever and ever. Amen.” (http://www.earlyjewishwritings.com/text/manasseh.html)

Die kort verhaal van die onberouvolle Amon

Hoofstuk 33 sluit met die kort verhaal van die regeringstyd van Amon wat gebore is toe Manasse 45 was (2 Kon. 21 vertel dit effens langer).  Amon word op 22 koning met sy pa se afsterwe op 67 jarige ouderdom.  Amon het egter gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en nie voor die Here berou getoon soos sy pa Manasse nie.  Amptenare het daarom teen hom saamgesweer en hom vermoor en sy seun Josia koning gemaak.

Josia is vir Amon gebore toe dié nog maar 16 was en het waarskynlik sy oupa Manasse vir só 6 jaar geken, juis in die tyd van sy berou en bekering, voordat dié uiteindelik oorlede is.  Op die jeugdige ouderdom van 8 het Josia dus koning geword, om daarmee die laaste goeie koning van Juda te wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda