1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering

Hierdie een en ‘n half hoofstukke beslaan die volgende geslagsregisters wat fokus op die feit dat dié stamme nie in Israel voortbestaan het nie, onder andere omdat hulle nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie:
  • Die stam Simeon – 4:24-43
  • Die stam Ruben – 5:1-10
  • Die stam Gad – 5:11-17
  • Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22
  • Die halwe Manassestam – 5:23-24
  • Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26

Die stam Simeon – 4:24-43

Die geslagregister van Simeon word afgewissel met ’n paar opmerkings oor die feit dat hulle nie so getalryk was as die Judeërs nie en veral met kleinvee geboer het, onder andere deur mense van Gam te verslaan.  Hulle is uiteindelik as stam opgeneem in Juda.

Die stam Ruben – 5:1-10

Ruben se bloedskande word as motivering aangedui vir sy verlaagde posisie in die rangorde binne die nageslag van Jakob.  Die voorrang van Josef as oudste (via die nageslag van Efraim en Manasse) en Juda as leier word pertinent genoem.

Let op dat van die internasionale rolspelers in hierdie lys genoem word: Tiglat-Pileser III van Assirië – vers 6.  Die stam van Ruben was ook betrokke in die oorlog teen die Hagareërs wat later weer genoem sal word.

Die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse het aan die oostekant van die Jordaan gebly wat hulle veral aan die impak van die Assiriërs blootgestel het en uiteindelik tot hulle wegvoering gelei het.

Die stam Gad – 5:11-17

Min ekstra inligting word in hierdie lys aangegee, behalwe dat die lys gefinaliseer is in die middel van die tyd van die verdeelde ryk, koning Jotam van Juda en Jerobeam II van Israel.

Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22

Die oorlog teen die Hagareërs (nageslag van Hagar, d.w.s. Ismaeliete of Arabiere) word vermeld om aan die een kant die rol van God se hulp te beklemtoon, maar ook aan die ander kant die ondergeskiktheid van die verowerdes te verklaar.  Hulle verbintenis aan God sou egter nie die toets van die tyd deurstaan nie, soos binnekort deur die Kronis uitgewys sal word.

Die halwe Manassestam – 5:23-24

Een deel van die nageslag van Josef word hier genoem en spesifiek uitgespel dat hulle vermoënde en gesiene mense was, hoewel die volgende perikoop hulle gebreke sal uitlig.

Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26

Dit bly hartseer dat mense wat eksperte in een deel van die lewe is – ekonomies en sosiaal – baie keer in die belangrikste van alles – die verhouding met God – in gebreke bly.  Die stamme van Ruben en Gad sowel as die halwe Manassestam, wat deur die loop van hoofstuk 5 genoem is, was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat juis ter wille van hulle deur God uitgeroei is.  Daarom, sê die Kronis, is hulle as krygsgevangenes weggevoer deur die Assiriërs en afgesny van die land van hulle voorvaders (Vgl. 2 Kon. 17:6 en 18:11).

Dat God hulle aanvanklik teen die Hagareërs gehelp het, het nie ’n blywende indruk op hulle gemaak nie.  Hulle illustreer dus die tragiek van verspilde kanse.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: