Skip to main content

1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering

Hierdie een en ‘n half hoofstukke beslaan die volgende geslagsregisters wat fokus op die feit dat dié stamme nie in Israel voortbestaan het nie, onder andere omdat hulle nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie:
  • Die stam Simeon – 4:24-43
  • Die stam Ruben – 5:1-10
  • Die stam Gad – 5:11-17
  • Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22
  • Die halwe Manassestam – 5:23-24
  • Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26

Die stam Simeon – 4:24-43

Die geslagregister van Simeon word afgewissel met ’n paar opmerkings oor die feit dat hulle nie so getalryk was as die Judeërs nie en veral met kleinvee geboer het, onder andere deur mense van Gam te verslaan.  Hulle is uiteindelik as stam opgeneem in Juda.

Die stam Ruben – 5:1-10

Ruben se bloedskande word as motivering aangedui vir sy verlaagde posisie in die rangorde binne die nageslag van Jakob.  Die voorrang van Josef as oudste (via die nageslag van Efraim en Manasse) en Juda as leier word pertinent genoem.

Let op dat van die internasionale rolspelers in hierdie lys genoem word: Tiglat-Pileser III van Assirië – vers 6.  Die stam van Ruben was ook betrokke in die oorlog teen die Hagareërs wat later weer genoem sal word.

Die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse het aan die oostekant van die Jordaan gebly wat hulle veral aan die impak van die Assiriërs blootgestel het en uiteindelik tot hulle wegvoering gelei het.

Die stam Gad – 5:11-17

Min ekstra inligting word in hierdie lys aangegee, behalwe dat die lys gefinaliseer is in die middel van die tyd van die verdeelde ryk, koning Jotam van Juda en Jerobeam II van Israel.

Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22

Die oorlog teen die Hagareërs (nageslag van Hagar, d.w.s. Ismaeliete of Arabiere) word vermeld om aan die een kant die rol van God se hulp te beklemtoon, maar ook aan die ander kant die ondergeskiktheid van die verowerdes te verklaar.  Hulle verbintenis aan God sou egter nie die toets van die tyd deurstaan nie, soos binnekort deur die Kronis uitgewys sal word.

Die halwe Manassestam – 5:23-24

Een deel van die nageslag van Josef word hier genoem en spesifiek uitgespel dat hulle vermoënde en gesiene mense was, hoewel die volgende perikoop hulle gebreke sal uitlig.

Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26

Dit bly hartseer dat mense wat eksperte in een deel van die lewe is – ekonomies en sosiaal – baie keer in die belangrikste van alles – die verhouding met God – in gebreke bly.  Die stamme van Ruben en Gad sowel as die halwe Manassestam, wat deur die loop van hoofstuk 5 genoem is, was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat juis ter wille van hulle deur God uitgeroei is.  Daarom, sê die Kronis, is hulle as krygsgevangenes weggevoer deur die Assiriërs en afgesny van die land van hulle voorvaders (Vgl. 2 Kon. 17:6 en 18:11).

Dat God hulle aanvanklik teen die Hagareërs gehelp het, het nie ’n blywende indruk op hulle gemaak nie.  Hulle illustreer dus die tragiek van verspilde kanse.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms