Skip to main content

WEEK 2: 1 Kronieke 10-21

Die geslagsregisters het die tafel gedek vir die verhale van die koningshuis van Dawid gesentreer rondom die geestelik-godsdienstige verbintenis aan God waarin die nageslag van Levi die voortou sal neem.  Hierdie verhale sal nog sterker die boodskap aan die teruggekeerde ballinge onderstreep dat hulle hele lewe op die verbintenis aan God gerig moet wees.  God vereis lojaliteit en gehoorsaamheid aan Hom, soos geïllustreer in die verhale van die konings as verteenwoordigers van die volk.

Die verhaal van die Verenigde Koninkryk van Dawid word nou in die res van 1 Kronieke vertel.  Ons lees dié week die verhaal van God se keuse van Dawid bó Saul, sy vestiging as koning en die vestiging van die Ark en God se teenwoordigheid in Jerusalem.  Die klem lê op die beklemtoning van Dawid as Gód se koning.  Dit beslaan hoofstuk 10-21.  Ons lees dit soos volg:

  • Dag 1 – 1 Kronieke 10 – Saul se dood.
  • Dag 2 – 1 Kronieke 11-12 – Dawid se vestiging as koning.
  • Dag 3 – 1 Kronieke 13-15 – Dawid en die Ark.
  • Dag 4 – 1 Kronieke 16-17 – Dawid en God se teenwoordigheid in Jerusalem.
  • Dag 5 – 1 Kronieke 19-21 – Dawid as Gód se koning.

Volgende week sal ons die verhaal van Dawid en die voorbereidings vir die tempel lees: hoofstukke 22-29.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar